La Fee Verte – partie deux

Augustus 6, 2009 in Sonder kategorie

Die groen fee, deel twee.

My verdere navorsing het my
gelei na die griek op die hoek. In my dorp het hy nie ‘n kafee nie,
maar spesialiseer in ‘n kommoditeit wat in ons geweste in groot
aanvraag is. Drank.

Hy hou ‘n merkwaardige vooraad en
verskeidenheid aan. Johnnie Walkers in kleure, grappas, mampoere, Tim
Jan se wondersap en soos ek deur sy vooraad kyk, sien ek hy hou pastis
aan. Ricard Pastis. Die heerlike sterk anys drank wat so melkerig word
as jy water bygooi.

Pastis – lekker sterk maar sterk lekker

dis nie absinthe nie.

Pastis is verwant aan Absinthe, trouens in die verbode
jare in Frankryk het die Franse dit gesien as die plaasvervanger. Maar
Pastis het nie wildeals in nie. Dis ook nie so sjeek soos Absinthe nie,
bloukraag manne in die suide van Frankryk drink graag pastis. Dis hoeka
hulle wat my aan pastis bekend gestel het.

Ek dag eers nee, die
griek het nie absinthe nie. Toe sowaar, daar staan 4 bottels op die
rak. Doubs Absinthe. Nogal in Suid Afrika vervaardig, getrou aan die
eeu-oue geheime Franse resep! 

Okay, daar moet nie eers bietjie verder opgecheck word.

My internet soektog het my na die baie gesaghebbende werf  La Fee Verte gelei.

Alle denkbare inligting is op die fee verte blaaie beskikbaar, elke “brand” op aarde – of naby daaraan.

In deel 1 van my reeks oor absinthe sal julle sien ek praat van die absinth (sonder e) wat ek in Bohemië gekoop het.

Dit
verskyn toe wraggies op die fee verte blaaie, saam met ‘n beoordeling
van 18 uit 100. Ha, die gesteelde bottel. Die dief het my ‘n guns
gedoen. Hier is die beoordelaar se smaak beoordeling van Fruko Shulz
Absinth 70 :

Die Boheemse remvloeistof

AROMA 7/30
The first whiff out of the bottle wasn’t bad. There was a distinct
anise scent. After pouring, though, a medicinal mouthwash scent
dominated.

MOUTH-FEEL 3/10
This was difficult to judge because – since it
tasted so terrible – I had to fight the reflex to get it out of my
mouth as quickly as possible. There was some pleasant tongue-tingling,
though.

TASTE 4/20
Bitter and medicinal. That first whiff of anise was
long gone – perhaps it had floated up to the top of the bottle and
evaporated upon opening? Is that possible?

OVERALL IMPRESSION 1/10
I had heard the phrase “Czech swill,” but I never knew what it meant
until now; now the words are seared on my tongue – almost literally.

Ek stem 100% saam met hierdie beoordeelaar.

Ok, maar wat nou van die Suid Afrikaanse produk. Doubs Mystique , en soos elke 2de alkohol produk in Suid-Afrika het dit ook ‘n goue medalje by een of ander internasionale skou gewen.

La Fee Verte gee hulle 70/100. Glad nie te sleg nie. Bepaald bo gemiddeld.

Hier is die beste beoordeling, die ander is ook nie te sleg nie.

COLOR BEFORE WATER 3/10
I’m forced to penalize it in accordance with the instructions, because it looks fake, but I like it – a beautiful emerald shade.

LOUCHE ACTION 9/10
Strong milkiness grows from the bottom very nicely.

COLOR AFTER WATER 7/10
Can’t say it has complexity or nuance, but it’s opaque and attractive.

AROMA 27/30
This absinthe smells like no other I’ve ever had. The smell won’t be to
everyone’s liking – medicinal/tonic – I find it refreshing and I like
it.

MOUTH-FEEL 8/10
Somewhat thin and dry, but that’s in keeping with the gin-like botanical nuances.

TASTE 18/20
It tastes like it smells. Again, it won’t be to everyone’s taste, but
there’s no way I can fault it – it’s not deficient in any way; it’s
just different. An anise candy this one is NOT! I found it very foreign
at the first glass, but it quickly grew on me.

OVERALL IMPRESSION 9/10
It seems to be a mixed absinthe with artificial color. That said, it’s the best of its type I’ve had.

Ek is tevrede dat mens redelike absinthe in die dorp kan koop , so fluit fluit my feeverhaal is uit.

Alles wat julle verder daarvan wil weet moet julle op die uitstekende webwerf hierbo gaan kyk.



6 antwoorde op La Fee Verte – partie deux

  1. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    Therina ek bly so 170 km uit die Kaap uit.

  2. Ek het ook al een van daardie bottels in my kas gehad… hy werk vir my 🙂

  3. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    dis ‘n sy , die feetjie 🙂

  4. godfatha het gesê op Augustus 7, 2009

    Sal dit n try gee sodra ek weer terug in beskawing is

  5. Vetjan het gesê op Augustus 7, 2009

    Draai suidoos therina, meer na die suidpunt se kant toe ..langs die see iewers.

  6. Vetjan het gesê op Augustus 7, 2009

    baie warm ja, lekker aand.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.