Die groen feetjie

Augustus 5, 2009 in Sonder kategorie

Vincent van Gogh, Toulouse-Lautrec, Oscar Wilde, Modigliani en ‘n hele klomp ander koel katte was in die Victoriaanse tydvak lief vir die groen feetjie. OK, hulle (behalwe Oscar) het nie in Engeland gewoon nie, so miskien is dit anglosentries om te sê Victoriaanse tye.

Absinthe met ‘n e, wat blykbaar anders is as die Boheemse namaaksel Absinth. Daar is meningsverskil oor wat regte egte absinthe is.

Gevolglik is ek nie heeltemal seker of ek al regtig met hierdie feetjie kennis gemaak het of nie. My een bottel wat ek hoeka in Bohemië aangeskaf het was effe blougroen, moordend sterk met ‘n alkohol persentasie van 75%, maar die bottel het spoorloos verdwyn. Absinth sonder die e.  Ek kan glad nie onthou dat ek veel daarvan gedrink het nie. Maar dis nou weg,die bottel is van my vervreem, nie net sy inhoud nie.

Die ander keer was op ‘n Saterdagaand so jaar of twee gelede, in ‘n drinkplek hier anderkant, en het ons shots absinthe gedrink na ander shots.. ek het ook geen benul of dit die ware jakob was of nie. Trouens ek weet nie eers wie die ware jakob produseer nie.

Natuurlik is daar baie bottels met so groen sterk drank in wat na anys , kruie en wildeals smaak, of party wat eenvoudig horribaal sleg smaak. Mens is in elk geval glad nie veronderstel om die goed as shots te drink nie, daar is ‘n ritueel aan verbonde.

Omdat die goed mens mal sou maak het hulle dit teen die draai van die vorige eeu in Parys verbied. Die een konserwatiewe Franse dokter  het verwag dat die helfte van Parys se bevolking binne ‘n paar jaar in ‘n gestig sou wees. Toe verban hulle dit. In Switserland ook. 

Dit het mens natuurlik niks maller gemaak as ‘n spul brannas en coke nie, en jou min of meer dieselfde ook laat hallusineer, afhangende nou. Kortom, dis niks slegter of beter vir jou as om jouself te buite te gaan aan jou gewone etanol produk nie, soos bv brandewyn of whisky nie.

Te danke natuurlik aan die koel katte hierbo, en beroemde plekke soos New Orleans se Absinthe house, en Kafee Slavia oorkant die Nasionale teater in Praag en die Franse verbod daarop , het absinthe ‘n reputasie, en soos dit nou maar is moet mens maar net nadere ondersoek instel.  Die soektog duur voort.

12 antwoorde op Die groen feetjie

  1. Ja ek het een aand die hele ritueel gesit en beskou daar by my huis in Potch en ek was nogal dankbaar dat die hele proses baie tydsaam is, anners weet ek sowaar nie wat sou gebeur nie, maar die nuutjie het maar net een aand gehou. Dis een ding van studente hulle verander baie gou van plan

  2. Daar is ‘n klein plekkie in Frankryk – Samur – wat die enigste wettige distilleerder in die land is en wat daarop roem dat hulle die oorspronklike resep besit 🙂

  3. Vetjan het gesê op Augustus 5, 2009

    Droomkind, ek dink daar is weer ander ouens wat gaan sê semoer met Samur, en dat hulle dit wel volgens die regte resep maak.. wie sal weet .. claims en counter claims.

  4. Vetjan het gesê op Augustus 5, 2009

    mmm, ja, dis was miskien ‘n goeie ding.

  5. Vetjan het gesê op Augustus 5, 2009

    En wat het die soektog opgelewer ?

  6. Vetjan het gesê op Augustus 5, 2009

    Jy is nie alleen nie 🙂

  7. Vetjan het gesê op Augustus 5, 2009

    verseker LieweLettie, mens raak gou absent van die al absence 🙂

  8. Vetjan het gesê op Augustus 5, 2009

    hel, dit klink na my soort program, op watter TV kanaal wys hy ?

  9. oe nee jel, ek ken gladnie van hierdie goed nie. Maar ek dink ek skrik my oor ‘n mik as ‘n feetjie saam met my moet sit en drink ;D

  10. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    hahaha

  11. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    Jack sou die feetjie nogal geniet het.. dink ek. 🙂

  12. Sterkte met die soektog!! LOL!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.