Russias greatest love machine

Augustus 3, 2009 in Sonder kategorie

Boney M het mos gesing

RA RA RASPUTIN
Lover of the Russian queen
There was a cat that really was gone
RA RA RASPUTIN
Russia’s greatest love machine
It was a shame how he carried on

Dit is inderdaad ‘n skreiende skande hoe die baas van The House of Rasputin in Kaapstad aangaan.

Op hierdie werf kan jy tot sien hoe lyk die ander vrouens wat daar werk.

Mark Kozhanov , die baas van die stripjoint hierbo het Tatiana Malachi in Pollsmoor tronk laat toesluit omdat sy terug na Moldawië wou vlug sonder om hom te betaal. Huh ? Die werknemer moet die werkgewer betaal ?

Volgens sy verklaring aan die hof het arme Tatiana die volgende skuld in 3 maande opgebou :

R 20 900 in “werksheffings” , sy moes Kozhanov R 2900 per week betaal om in sy plek te dans !!! ??? WTF ?
Sy moet HOM betaal ???

R 37 800 vir akkommodasie en vervoer, maw meer as R 10 000 ‘n maand vir ‘n kamer in die huis wat Kozhanov huur en waarin hy die meisies laat bly… effektief ‘n tipe tronk.. waar sy trawante moet waghou oor die meisies.

R 22 000 of wat vir vliegtuigkaartjie.

en  R 37 000 vir die boef wat haar daar in die ou Sowjet Republiek langs die Swartsee “gewerf” het.

moet dan ook nie die R 500 vergeet vir ‘n sim kaart en bietjie lugtyd nie, of die R 2000 koerier kostes nie.

Ek wonder watse slinkse besigheid is hier aan tussen die polisie en die departemente van Binnelandse sake en ook Arbeid.

Tatiana sê ook dat Kozhanov se trawante haar kom dreig het, maar hy hou homself hoogheilig en sal mos nooit ooit een van sy strippers intimideer of dreig nie. Nooit nie !

Die  Sunday Times  sê ook nie wie die uitvaagsel van ‘n prokureur is wat names hierdie skurk Kozhanov optree nie, en Kozhanov klink vir my ook na ‘n Bulgaarse of Roemeense van, so ek wonder op watse verblyf permit of met watse verneukspul hierdie vent in ons land kan bly.

There is a cat that really should go

11 antwoorde op Russias greatest love machine

  1. Dis hoekom ek lankal ophou koerant lees het, ek wil nie helfte van die dag naar rondloop nie.

  2. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    Ook waar, koerante floreer op slegte nuus.. en kyk ek glo dat mens moet kan werk waar jy wil, maar om die meisies so uit te buit en te intimideer is nie regverdig nie.

  3. More Petrus ek het ‘n rukkie gelede ‘n baie interresante program oor die dansers gekyk. Hulle wil nuwe wetgewing inbring wat juis hierdie tipe stront uit werk.

    By party instansies word hulle geweeg, as jy ‘n kilo opgetel het, geen kos vir jou nie. Hulle kyk na hare, tande en naels en klere drag en hulle word beboet vir elke ‘misdryf’ moontlik alles sodat die eienaar op die ou einde meer geldjies in sy sak kan sit…..

    Dit maak my moerig jammer!!!

  4. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    Hallo Tweeling, na die beste van my wete is daar arbeidswette wat baie van hierdie werklik onregverdige praktyke alreeds dek, en sekerlik is al die meisies wat hier werk nie die onskuldigste skapies op aarde nie.. maar fair is fair .. en om die meisiekinders R 5000 per week te vra om by jou plek te werk en in jou huis te bly is belaglik.

  5. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    bliksems ja

  6. selfde hierdie kant Monica!

  7. nou hoe kan kaptein nou vra wat rook ek??? ek is ‘n ordentlike hippie nê ;D

  8. gaan loer bietjie by vuurklip

  9. ek het nou lekker gelag vir jou kommentaar daar by my! is maar net doodgewone Vogue Slims ;D

  10. LOL! ek weet regtig nie of hy kon nie 😀 gaan kyk ‘n bietjie hoe lyk Bill op hierdie bladsy http://www.cheaters.com/ Gaan na season 7, en kies Bill “Lightning” McCloud ;D

  11. %*&@#, die arme meisies!! Party mense kom met moord weg!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.