Die Skulpies bar

Augustus 1, 2009 in Sonder kategorie

Skulpiesbar is ‘n bynaam vir my “regular” watergat.

Hulle het elke aand van die week een of ander “special”, en op ‘n Vrydagaand is dit ‘n  300g rump met allerhande trimmings vir R 50
Die braaier daar is ook okay en neuk nie die steaks op nie. So by so het die Sharks gisteraand teen die Cheetas gespeel, en dit was besig en woelig in die bar. Gesellige atmosfeer en alles.

Na ‘n bietjie rondstaan en so gaan daar ‘n tafeltjie oop, en ons kan kos bestel… wat ‘n rukkie vat om te kom, die plek is besig .

So ons drink solank ‘n bottel wyn, sê hallo vir die mense, en knoop ‘n paar geselsies aan.

Maar ai tog , hoekom is daar altyd ‘n dronkgat wat jy so ligweg ken ? en dan zoom hy op jou in met sy stories. Dronkstories. Onsamehangend, onaangenaam en uitdagend.. net soos Francois Williams en Kobus de Klerk se briewe op Sênet. Ek wonder of hulle ook dronk is as hulle die goed skryf?

Gisteraand was daar nie uitkom kans nie. Anders as op die internet waar jy nie ‘n ou se twak hoef te lees nie. Ons wil net die aand relatief rustig geniet.. maar nee.. die dronkgat karring en karring en karring .. ad infinitum en ad nauseam.

Todat mens naderhand jou moer totaal strip, en die ou reguit vertel om te fokof.. en in die proses het jy jou eie rustige gemoedstoestand verwoes.. en die risiko geloop om ‘n blou oog en stukkende bek op te doen in die proses.

Wat gelukkig nie gebeur het nie.

Maar hoe op aarde hanteer jy die dronk ou wat elke “hint” doelbewus ignoreer en aanhou om onaangenaam te wees  ?

8 antwoorde op Die Skulpies bar

  1. Neander het gesê op Augustus 1, 2009

    Touchè!

  2. KWAAK het gesê op Augustus 1, 2009

    DAARIE OU IS OP HIERIE AARDE GESIT OM JOU GEDILT TE TOETS. HY GAAN WEER EN WEER EN WEER IN JOU LEEWE VIRSKYN TOTLAT JY GELEER HET DIS BEETIR OM VIR HOM ‘N STOEL NADER TE SKYF EN VIR HOM OK ‘N RUMP TE BESTEL
    KWAAK!

  3. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    Die dilemma is dat die kos reeds bestel was…

  4. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    Nee, sy moer. Maankind het goeie advies gegee.

  5. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    So gevoel, maar gelukkig nie sover gegaan nie.

  6. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    Goeie raad Maankind.

  7. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    Dit is so.

  8. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    Sondagmiddag se slapie, te wyte aan Saterdagaand se paartie !!! 🙂 .. en vir wat is jy 10 voor 5 in die oggend wakker ? 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.