Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

Blogger se blok is ‘n bogger

Augustus 17, 2009 in Sonder kategorie

Ek beleef tans ietwat van ‘n blokkasie.

Ek is nie ‘n digter se gat nie, so ek kan nie rympies kom pos nie, en verkies ook gewoonlik om my eie fototjies hier te plak, maar ek het nie ‘n nuwe foto wat ek dink okei is nie.

Ander prentjies soos ou Che sinne sal ek plak as dit my prikkel, en een keer in ‘n skrikkeljaar sal ek ook ‘n videoclip oorweeg, maar ek kan nie eenvoudig op die web gaan surf en enige kak wat ek raaksien hier kom spoeg en plak nie.

En ek het nie nou veel van ‘n storie om te praat nie.

Miskien moet ek ‘n vet zol traai vir inspirasie !

Che Guevara

Augustus 15, 2009 in Sonder kategorie

Che Guevara

Die klassieke foto van Che Guevara.

Alberto Korda het hierdie ikoniese foto van ‘n 31 jarige Guevara geneem. Omdat Korda ‘n kommunis en ondersteuner was van die Kubaanse revolusie, het hy nie probleme gehad met die gebruik van sy ikoniese foto van Guevara nie…… afhangende  van die gebruik.

Alberto Korda

“He was a photographer for the Cuban newspaper Revolución in 1960 when he produced on March 5, 1960 the iconic image of Che Guevara, that became a worldwide symbol of revolution and rebellion. He never received any royalties for the image, because Castro did not recognize the Berne Convention. In 2000, he sued Smirnoff over the use of the image in advertisement. Commenting on the illicit use of his photograph, the artist said, “As a supporter of the ideals for which Che Guevara died, I am not averse to its reproduction by those who wish to propagate his memory and the cause of social justice throughout the world, but I am categorically against the exploitation of Che’s image for the promotion of products such as alcohol, or for any purpose that denigrates the reputation of Che”. His out-of-court settlement of $50,000 was donated to the Cuban healthcare system. He said, “If Che were still alive, he would have done the same”.

Korda is in Mei 2001 in Parys oorlede. Hy was 72.

Wit “high-top” tekkies

Augustus 15, 2009 in Sonder kategorie

Dit is 47.8 km verder om deur Meiringspoort Beaufort Wes toe te ry. Van die Overberg af. Jy kan of deur Villiersdorp na Worcester toe gaan en daar op die N1 klim, of jy ry met die N2 af Mosselbaai toe, dan Oudtshoorn , De Rust en Beaufort. 

Ek gooi petrol in op Hanover by die Caltex garage. Die ou wat die kafee daar het se hele plek is vol bybelversies en goed geskryf. Op die een muur het hy ‘n hele preek, met diagramme en wie weet wat nog alles. Anders as die tipiese vulstasie kafee, waar jy tussen die rakke met chips en lekkers en goed deurstap yskaste toe, het die ou hier alles agter die toonbank. Afgesper. Winkeldiefstal is onmoontlik, en sy biltong is maar fokken duur….. die ou hier het issues.. wragtig.  Die gewig van die stukkie droëwors is nie aangedui op die pakkie nie. Ek raai dis omtrent 50 gram, en dit kos R 10, so is R 20 vir 100 gram, en ‘n kilo droë wors is dus R 200.  Die volstruisbiltong in die mooi geel pakkie (tandestokkie ingesluit), by Engen in Mosselbaai was omtrent R 20, naby R 400/kilogram dus.

Bybelversies en slagspreuke teen die mure van jou kafee maak dat jy net matige woekerwins neem.

Ek moet bieg, niemand het my verplig om die volstruisbiltong in Mosselbaai te koop nie.

Die pad noorde toe is lank, en ek dink aan daai song van Piet Botha…..oor sy band op die langpad. My radio werk nie.

Maandagaand net voor 9 is ek by die Lebombo grenspos. Komatipoort. Blitsig deur die formaliteite, amper niemand wil op ‘n Maandagaand in Mosambiek toe nie.. maar daar is ‘n helse verkeersknoop in die ander rigting. Hoekom was daar so baie groot leë vragmotors in die ry? Ek verstaan al die ouens in die 4×4’s en ook die Mosambiekse trekarbeiders wat na die langnaweek weer werk toe gaan, maar die leë vragmotors. Die verkeersknoop is 2 km lank.

10 uur die aand sit ek met ‘n yskoue Laurentina op die stoep van daai restaurant naby die Holiday Inn. Omtrent 6 of 7 Afrikaner mans sit daar naby, en die ou wat al vloekende stories vertel praat hard genoeg dat almal op die stoep , en miskien ook binne die restaurant kan hoor. Die ouens is almal rondom 60.

Wat my die meeste opgeval het was die een ou met die boepens, die kniebroek, die wit sokkies wat die high-top wit tekkies dra as hy saam met die manne gaan kuier in Maputo. Dan gee hy sulke kort pedantiese treetjies om by die tekkies te pas.

.

Wit "high tops"

Nuwe modegier as jy 60 is ?

Rugby toe.

Augustus 9, 2009 in Sonder kategorie

Computicket was teen Donderdag al uitverkoop. Soms is geluk bietjie aan ‘n mens se kant,  en teen Vrydagaand het ek toe wel 2 kaartjies in die hande gekry. Hoofpawiljoen nogal, nie te sleg nie.

Iemand by Supersport weet hoe om die ouens aan te trek.

Afwagting

Voor my en jaagduiwel sit een ou met ‘n geel wallaby trui. Hy het ‘n Australiaanse vlag in sy hand. Die dik ou in ‘n groen bok trui ou so twee sitplekke verder chirp hom in Afrikaans. Die “Australiër” antwoord in Afrikaans !!!  Hy verstaan Afrikaans goed !  Dapper man. Dis petrol op die vuur, en die dik ou in die boktrui is genadeloos.. tot almal rondom se vermaak.

Nou die stereotipiëring an klassifisering : Die “Australiër” is ‘n wit engelsman wat afrikaans goed verstaan en duidelik al lank in SA bly. Die bok ondersteuner is ‘n bruin man, en alles wat hy sê is deurspek met eg Kaapse humor.  Ons sit in die R 450 sitplekke. 60% van die pawiljoen in ons onmiddelike omgewing is vol gepak met bruinmense in groen truie, pette en serpe.

Die ander ding. By Nuweland stasie probeer ‘n baie dronk “capie” perron toe gaan. Die Xhosa sekuriteitsman keer hom, en in die kleurvolle woordewisseling vertel hy die dronkie in goeie afrikaans dat hy “nie so baie wyn moet suip nie,” en dat hy hom gaan “moer as hy nie sy kak laat staan nie.” Om die verkeerskoop en parkeringsprobleme te vermy, het ek en jaagduiwel by Rosebankstasie gaan stop en twee stoppe ver trein gery Nuweland toe.

Ek het terug gedink aan die eerste SA – Australië toets wat ek by Nuweland gekyk het. 22 Aug 1992, jaagduiwel was amper een jaar oud, so hy was nie toe saam nie. Die Bokke het 26-3 verloor, Naas (kaptein) het darem ‘n strafskop oorgekry. Dit was die 3 punte. Gister was die atmosfeer by die veld beter, die hele “vibe” was beter. Die Bokke het natuurlik gewen ook. Ten spyte van Die Rapport se lofsange vanoggend, was die oorwinning na my mening nie so oortuigend nie. Die Wallabies het 2 driëe aangeteken teenoor die een van die Bokke, die Wallaby agterlyn het altyd gevaarlik gelyk. Die Bok agterlyn nie. “flatfooted” is die woord. Die Bok voorspelers was formidabel. Oor hulle kan Die Rapport maar liries “wax”.

 
 

Formidabel

Ek sou ook versigtig wees as ek ‘n geel trui gedra het

Speler van die wedstryd.

Matt Giteu breek deur Spies se tackle om sy 3 te druk. Die Ozzie agterlyn was beter.
 


 

 
 
 


Daar’s fout met die snoek !

Augustus 7, 2009 in Sonder kategorie

Hulle is nie pap nie, dis nie die fout nie.

Hulle is nie daar nie, dis die fout.

‘n Stywe snoek is ‘n pap snoek en ‘n pap snoek is ‘n stywe snoek. Miskien het ek al vantevore daaroor geblog.

Hierdie is ernstiger sake.

So teen 5 uur of so, dag ek dis tyd vir ‘n knertsie waar mens die son kan sien wegsink in die see. Goeie uitsig op die hawe ook, en ek sien dis heel woelig, en ek wil mos sien wat uitkom.


Ja, omtrent ‘n honderd snoeke, miskien 150. Niks om oor huistoe te skryf nie. En by Yzerfontein? “daar gat niks aan nie.”
“By Houtbaai is ook maar kol kol, en gister by Millerspunt was daar so paar bote wat 600 of so gevang het.”

Kalbas het ‘n paar geelbekke ook.


‘n Rukkie later is almal weg, en die meeue maak die hawe skoon.


Wie’s die ?

Augustus 7, 2009 in Sonder kategorie

Die modes lyk eintlik nie te sleg nie.

Eintlik is ek net besig om te eksperimenteer met lettercrash se funksionaliteit.

Die nuwe verbeterde teksredigeerder is nog steeds nie verbeter nie , los niks op nie, en skep net meer probleme. Ek wonder WIE by 24.com het hierdie kak brainwave gehad om die wiel te herontwerp en meer ‘n vierkantige een vorendag te kom.

I can get no fucking satisfaction !

WTF ???

Augustus 7, 2009 in Sonder kategorie

Eintlik is ek net besig om Lettercrash se “splinternuwe teks-redigeerder wat baie probleme sal oplos” te beta toets.

Natuurlik is ek gemaklik met die fokken ding, maar ek sien al klaar die ding kan nie “hyper link” nie, en ek gaan nou weer probeer om ‘n foto te plaas. laat ons sien .

nee, minute later werk die ding nog steeds [email protected]&&*# glad nie !!!!

From bad to worse

La Fee Verte – partie deux

Augustus 6, 2009 in Sonder kategorie

Die groen fee, deel twee.

My verdere navorsing het my
gelei na die griek op die hoek. In my dorp het hy nie ‘n kafee nie,
maar spesialiseer in ‘n kommoditeit wat in ons geweste in groot
aanvraag is. Drank.

Hy hou ‘n merkwaardige vooraad en
verskeidenheid aan. Johnnie Walkers in kleure, grappas, mampoere, Tim
Jan se wondersap en soos ek deur sy vooraad kyk, sien ek hy hou pastis
aan. Ricard Pastis. Die heerlike sterk anys drank wat so melkerig word
as jy water bygooi.

Pastis – lekker sterk maar sterk lekker

dis nie absinthe nie.

Pastis is verwant aan Absinthe, trouens in die verbode
jare in Frankryk het die Franse dit gesien as die plaasvervanger. Maar
Pastis het nie wildeals in nie. Dis ook nie so sjeek soos Absinthe nie,
bloukraag manne in die suide van Frankryk drink graag pastis. Dis hoeka
hulle wat my aan pastis bekend gestel het.

Ek dag eers nee, die
griek het nie absinthe nie. Toe sowaar, daar staan 4 bottels op die
rak. Doubs Absinthe. Nogal in Suid Afrika vervaardig, getrou aan die
eeu-oue geheime Franse resep! 

Okay, daar moet nie eers bietjie verder opgecheck word.

My internet soektog het my na die baie gesaghebbende werf  La Fee Verte gelei.

Alle denkbare inligting is op die fee verte blaaie beskikbaar, elke “brand” op aarde – of naby daaraan.

In deel 1 van my reeks oor absinthe sal julle sien ek praat van die absinth (sonder e) wat ek in Bohemië gekoop het.

Dit
verskyn toe wraggies op die fee verte blaaie, saam met ‘n beoordeling
van 18 uit 100. Ha, die gesteelde bottel. Die dief het my ‘n guns
gedoen. Hier is die beoordelaar se smaak beoordeling van Fruko Shulz
Absinth 70 :

Die Boheemse remvloeistof

AROMA 7/30
The first whiff out of the bottle wasn’t bad. There was a distinct
anise scent. After pouring, though, a medicinal mouthwash scent
dominated.

MOUTH-FEEL 3/10
This was difficult to judge because – since it
tasted so terrible – I had to fight the reflex to get it out of my
mouth as quickly as possible. There was some pleasant tongue-tingling,
though.

TASTE 4/20
Bitter and medicinal. That first whiff of anise was
long gone – perhaps it had floated up to the top of the bottle and
evaporated upon opening? Is that possible?

OVERALL IMPRESSION 1/10
I had heard the phrase “Czech swill,” but I never knew what it meant
until now; now the words are seared on my tongue – almost literally.

Ek stem 100% saam met hierdie beoordeelaar.

Ok, maar wat nou van die Suid Afrikaanse produk. Doubs Mystique , en soos elke 2de alkohol produk in Suid-Afrika het dit ook ‘n goue medalje by een of ander internasionale skou gewen.

La Fee Verte gee hulle 70/100. Glad nie te sleg nie. Bepaald bo gemiddeld.

Hier is die beste beoordeling, die ander is ook nie te sleg nie.

COLOR BEFORE WATER 3/10
I’m forced to penalize it in accordance with the instructions, because it looks fake, but I like it – a beautiful emerald shade.

LOUCHE ACTION 9/10
Strong milkiness grows from the bottom very nicely.

COLOR AFTER WATER 7/10
Can’t say it has complexity or nuance, but it’s opaque and attractive.

AROMA 27/30
This absinthe smells like no other I’ve ever had. The smell won’t be to
everyone’s liking – medicinal/tonic – I find it refreshing and I like
it.

MOUTH-FEEL 8/10
Somewhat thin and dry, but that’s in keeping with the gin-like botanical nuances.

TASTE 18/20
It tastes like it smells. Again, it won’t be to everyone’s taste, but
there’s no way I can fault it – it’s not deficient in any way; it’s
just different. An anise candy this one is NOT! I found it very foreign
at the first glass, but it quickly grew on me.

OVERALL IMPRESSION 9/10
It seems to be a mixed absinthe with artificial color. That said, it’s the best of its type I’ve had.

Ek is tevrede dat mens redelike absinthe in die dorp kan koop , so fluit fluit my feeverhaal is uit.

Alles wat julle verder daarvan wil weet moet julle op die uitstekende webwerf hierbo gaan kyk.



Nuweland

Augustus 6, 2009 in Sonder kategorie

Nuweland op ‘n mooi lentedag

Die toetskaartjies in verdomp duur, miskien gaan ek  net staanplek kaartjies koop. Sitplek is R 425. Hel !!!

Al reën dit en alles, dink ek nog steeds dit sal lekker wees om Saterdagmiddag Nuweland toe te gaan.

Die berg is agter die hoof pawiljoen

Met daai reusagtige plek wat hulle in Seepunt (eintlik Groenpunt)  bou , wonder ek hoe lank daar nog rugby op Nuweland gaan wees.

Mens kan seker nie meer golf speel op die ou golfbaan nie?

Tafelberg op die agtergrond gaan nogal mooi lyk op hulle advertensiemateriaal.

Maar ek dink Nuweland se dae is getel.





Die groen feetjie

Augustus 5, 2009 in Sonder kategorie

Vincent van Gogh, Toulouse-Lautrec, Oscar Wilde, Modigliani en ‘n hele klomp ander koel katte was in die Victoriaanse tydvak lief vir die groen feetjie. OK, hulle (behalwe Oscar) het nie in Engeland gewoon nie, so miskien is dit anglosentries om te sê Victoriaanse tye.

Absinthe met ‘n e, wat blykbaar anders is as die Boheemse namaaksel Absinth. Daar is meningsverskil oor wat regte egte absinthe is.

Gevolglik is ek nie heeltemal seker of ek al regtig met hierdie feetjie kennis gemaak het of nie. My een bottel wat ek hoeka in Bohemië aangeskaf het was effe blougroen, moordend sterk met ‘n alkohol persentasie van 75%, maar die bottel het spoorloos verdwyn. Absinth sonder die e.  Ek kan glad nie onthou dat ek veel daarvan gedrink het nie. Maar dis nou weg,die bottel is van my vervreem, nie net sy inhoud nie.

Die ander keer was op ‘n Saterdagaand so jaar of twee gelede, in ‘n drinkplek hier anderkant, en het ons shots absinthe gedrink na ander shots.. ek het ook geen benul of dit die ware jakob was of nie. Trouens ek weet nie eers wie die ware jakob produseer nie.

Natuurlik is daar baie bottels met so groen sterk drank in wat na anys , kruie en wildeals smaak, of party wat eenvoudig horribaal sleg smaak. Mens is in elk geval glad nie veronderstel om die goed as shots te drink nie, daar is ‘n ritueel aan verbonde.

Omdat die goed mens mal sou maak het hulle dit teen die draai van die vorige eeu in Parys verbied. Die een konserwatiewe Franse dokter  het verwag dat die helfte van Parys se bevolking binne ‘n paar jaar in ‘n gestig sou wees. Toe verban hulle dit. In Switserland ook. 

Dit het mens natuurlik niks maller gemaak as ‘n spul brannas en coke nie, en jou min of meer dieselfde ook laat hallusineer, afhangende nou. Kortom, dis niks slegter of beter vir jou as om jouself te buite te gaan aan jou gewone etanol produk nie, soos bv brandewyn of whisky nie.

Te danke natuurlik aan die koel katte hierbo, en beroemde plekke soos New Orleans se Absinthe house, en Kafee Slavia oorkant die Nasionale teater in Praag en die Franse verbod daarop , het absinthe ‘n reputasie, en soos dit nou maar is moet mens maar net nadere ondersoek instel.  Die soektog duur voort.