Jy blaai in die argief vir 2009 Julie.

The Greatest Shoal on Earth

Julie 30, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie keer het ek nie die fotos geneem nie.

‘n Amerikaner het. Hy het die Wildekus gedurende die tweede week van Julie besoek, om die sardientjies af te neem.

Ons assosieer gewoonlik die sardientjieloop met die Suidkus van Natal, maar min mense weet van die skouspel aan die Wildekus.

Wetenskaplikes verstaan nog nie hoekom die sardyne skole vorm en dan stroomop in Durban se rigting swem nie. Dit bly ‘n raaisel, en elke jaar is dit ook nie presies ewe groot of ewe skouspelagtig nie.

Aan die Wildekus, in die kusstrook tussen Koffiebaai en Port St Johns maal die sardyne eers rond voordat hulle op loop gaan en verder swem. Al wat roofdier in die see is kom dan om deel te neem aan die groot fees.

Almal is daar, die hele voedselketting. Klein vissies, groter vissies, dolfyne , haaie , walvisse, en elke denkbare see voël.  Die malgasse duik  pylreguit af diep onder die water in.

Baie mense wat al die wildmigrasie in Serengeti gesien het, en ook die aksie met die sardientjies, reken die Serengeti het as ‘n skouspel nie ‘n “patch” op die Sardientjieloop nie.

Twee malgasse tussen die sardyne

Koperhaaie om ‘n tipiese “baitball”

Die haai hou geen bedreiging in vir die fotograaf nie, tensy die fotograaf homself in die middel van die “baitball” bevind.

Dolfyne rondom die “baitball”

Hierdie merkwaardige fotos is almal deur Jason Heller geneem : http://www.jasonheller.com/

‘n Bok is ‘n bliksem

Julie 29, 2009 in Sonder kategorie

Hulle is nogal slim, slimmer as honde.

Het jy al ooit ‘n dooie boerbok in of langs die pad gesien?  Dis nou een wat iemand raak gery het?

Nee, jy sal nie, hulle is te wakker. Anders as honde, wat soms glad nie aandag gee nie, of eenvoudig dink die karre sal stop of uitdraai of iets.

‘n Bok maak ‘n plan

Die boerbokke is nie noodwendig in die berge nie.

maar ‘n donkie bly ‘n wonderlike ding.

Alles nog steeds wildekus.. maar ek is terug by die huis.

Die Beeste

Julie 28, 2009 in Sonder kategorie

Alhoewel ek al van Hogsback gehoor het, het ek nie eitlik presies geweet waar dit is nie, of hoe dit eintlik daar lyk nie.

So dis nie al dag dat mens ‘n kans het om ‘n draai in die Oos Kaap te ry nie.

Tussen Queenstown en Hogsback jaag die kêrels toe hierdie beeste aan.

Walvis

Julie 27, 2009 in Sonder kategorie

“Waar is die walvisse ? “

Van die Kaap tot anderkant Durban swem hulle rond. veral hierdie tyd van die jaar.

In die Wes Kaap sien mens gewoondlik die Noordkappers, maar hier is baie van die kleiner soorte ook. Soos die groot stranding ‘n maand of wat gelede gewys het, en ook gister se stranding in Valsbaai.

Hierdie Bultrug het aan die Wildekus baljaar. Ek skat meer as ‘n km van die wal af. Die wit voëls is veral malgasse wat mal gaan onder die elwe en sardientjies.

 

Any colour you like

Julie 24, 2009 in Sonder kategorie

Daar is beslis ‘n nuwe modegier op die Wildekus.  Mens verf jou huis turkoois.

Ek het eers gedink iemand het ‘n blik turkoois verf goekoop gekry of iets, maar hier was baie blikke turkoois verf gebruik.

SKOENE IS SLEG VIR JOU

Julie 22, 2009 in Sonder kategorie

Ek het nog altyd vermoed dis beter om kaalvoet te loop. Gebarste hakke, vuil voete en al. Ek sal nou nie kaalvoet gaan loop tussen erge dorings en so nie, maar oor die algemeen dink ek daar word heeltemal te veel teen kaalvoetlopers gediskrimineer. Soos die restauranteur wat ons eenmaal uitgejaag het oor kaal voete. Ek wonder wat hy sou maak as mens met ‘n mediese sertifikaat gekom het ?

‘n Mens word verder gewaarsku om nie kaalvoet op roltrappe te ry nie. Uit persoonlike ondervinding kan ek getuig dat my tone nie vasgeknyp was tussen die roltrap en die rand nie.. dis nou daai stuk waar jy bo of onder kom en die trap word plat en verdwyn onder die vloer in.

Dis nie net spykerhakkies nie, jou Nike drafskoene ook !!

Last year, researchers at the University of the Witwatersrand in
Johannesburg, South Africa, published a study titled “Shod Versus
Unshod: The Emergence of Forefoot Pathology in Modern Humans?” in the
podiatry journal The Foot. The study examined 180 modern
humans from three different population groups (Sotho, Zulu, and
European), comparing their feet to one another’s, as well as to the
feet of 2,000-year-old skeletons. The researchers concluded that, prior
to the invention of shoes, people had healthier feet.

Ek het nie eers geweet dat hierdie studie oor kaalvoet-lopery by WITS gedoen was nie, maar ek is baie verheug oor die bevinding,
bevestig ‘n vermoede wat ek lankal gehad het. Dit is ironies dat ek daarvan op ‘n buitelandse webwerf sou lees.

Die spykerhakkie heelbo is ook eintlik ‘n kaal voet. Kyk weer. Net soos hierdie aangeverfde skoen.

Naskrif :  OK, die nuwe blog formaat is nie so “bad” nie, kan ten minste fototjies en goed bo-aan plak, en so aan. Die enetjie bo van die outjie wat kaalvoet by Jeffriesbaai surf is nou in Julie geneem. Die water temperatuur was so tussen 16 en 18 grade, en die rotse as mens daar by “supers” op hulle sou trap is skerp met baie mossels op. Dit is die wêreld kampioen, Kelly Slater, op die foto. Hy word vanjaar 38, en is vir die 9 de agtereenvlogende jaar wêreld kampioen. As hy vanjaar wen sal dit 10 keer in ‘n ry wees. Al die ander “contenders” is in hulle middel twintigs.

Die nuwe blog formaat

Julie 21, 2009 in Sonder kategorie

Die nuwe blog formaat lyk nou wel effe anders en meer “modern”.

Maar is dit beter ?

Kan iemand asseblief vir my verduidelik in presies watter opsigte die nuwe formaat beter is, al wat ek kan sien is dat :

1. Dit lyk anders – maar “anders” is nie  beter nie.

2. Die advertensies is meer prominent – dit is ook nie “beter” uit ‘n blogger se oogpunt nie, trouens hier is die blogger se behoefte en die diensverskaffer se behoeftes in direkte konflik met mekaar. OK, toegegee dat die blogruimte is verniet, net soos google en wordpress en baie ander blogruimtes.

3. Die funksionaliteit van die nuwe formaat is tans minder.

Die vraag bly steeds – wat maak die nuwe formaat beter  ?

Kapenta

Julie 2, 2009 in Sonder kategorie

Snags sien mens die honderde liggies wat op die meer skyn. Eintlik dam. Kariba is ‘n dam, ‘n baie groot dam. meer as 200 km lank, en op plekke 40 km wyd.

Die liggies wat mens sien is die van die Kapenta stellasies. Vlotte, ontwerp om kapenta te vang.

Kapenta is ‘n baie klein vissie wat mens eintlik in die Tanganjikameer kry. Nadat hulle Kariba gebou het, sit hulle toe so klomp kapentatjies in die water. (middel sestigs) Kort voor lank toe begin die spul aanteel. Die eksperiment het gewerk. Teen die einde van die sewentigs het die Kariba Kapenta vissery ernstig begin.

Die nette is skepnette. Hulle vang snags. Die vissies word gelok deur die ligte, en die nette word dan opgetrek. Elke oggend kom die transportboot verby, en laai die nag se vangs. Die arme drommels wat op hierdie vlotte werk is 3 weke op, en met volmaan af. Volmaan neutraliseer die lok effek van die ligte, rondom volmaan vang hulle nie.

Die vissies word gedroog, verpak en verkoop. Kos vir die massas.

Omdat die vissies baie klein is droog hulle gou uit. Een dag in die Afrika son is genoeg.

Hulle maak visbredie, met uie en tamaties, en eet dit saam met pap.

Hier is ‘n Kapenta resep

Fair Trade in Tourism South Africa

Julie 1, 2009 in Sonder kategorie

Sodra ‘n organisasie nodig is om iemand as “korrek” te sertifiseer raak ek skepties.

Toerisme besighede in Suid Afrika kan hulleself as “regverdig” laat sertifiseer teen ‘n geringe fooi by FTSA.

Ek wonder net altyd, hoekom moet ‘n besigheid homself laat sertifiseer as “fair” ?

Wil hulle dan te kenne gee dat mense wat nie aan hulle behoort nie, hulle werkers uitbuit en die kliënte bedonner?

Ok, hier is hope besighede in ons land wat hulle werkers uitbuit en hulle kliënte bedonner, beginnende by van die GROOT besighede in ons land, maar goeiste, van wanner af moet mens aan die “oraait klub” behoort om oraait te wees?

Wat ‘n klomp kak.

Ek gaan kyk toe na die baas en personeel van Fair Trade South Africa

Die baas is ‘n Amerikaanse vrou ( wit) en daar werk nog sewe ander mense waarvan 3 uitlanders is.. dws wit mense van Amerika of Engeland !!!!

WHAT THE FUCK !!!??? Hoe werk dit ? Ek dag dis Fair trade SOUTH AFRICA, en die baas en haar handlangers is ‘n spul buitelanders ?

* ek het nog nooit aansoek gedoen om lid te wees van hierdie klug van ‘n organisasie nie, en sal ook nie.

** ek ken niemand wat al ooit probeer het om lid te wees van hulle , en afgewys is nie, so hierdie is ook nie suurdruiwe nie.

*** ek ken wel iemand wat ‘n kakhuis vol geld betaal het om lid te wees, en hy het dit suiwer gedoen omdat hy gedink het dis goed vir bemarking. Die grap is dat die ou is alom bekend as ‘n doos, en sy arbeidsomset is redelik hoog , met gepaardgaande gripes deur die wat weg is.