Jy blaai in die argief vir 2009 Junie.

Die rekenaar

Junie 24, 2009 in Sonder kategorie

Die skootrekenaar kom nou al 6 of 7 jaar aan. Alhoewel hy bietjie stadig was vir sekere programme, het hy eintlik oraait gewerk. Dis net al die stukkies van hom wat begin afbreek het, en aan draadjies begin hang het.

Ek gaan haal toe die Jaagduiwel, en laat hy op Gumtree en Cape Ads soek vir ‘n masjien met ok specs, wat gekry en gekoop is. Jaagduiwel het so paar basiese programme gelaai, en nav ‘n gesprek vroeër sommer ‘n klomp Pink Floyd musiek ook. Die nuwe masjien is ‘n “desktop”, want ek wil vir rondloop een van daai netboeke kry, en by die huis ‘n “sterk” masjien hê.

Snaaks, jare der jare gelede het ek daarvan gehou om al die drade en goed op ‘n rekenaar in te prop, en allerhande “DOS commands” te tik, en te karring. Nou nie meer nie. Gelukkig is ‘n klomp van my data en so op ‘n los hardeskyf, maar om nou weer nog ‘n klomp programme en goed te laai, en alles op hulle regte ou plekkies te sit… maar nou ja.

Sulke varke

Junie 23, 2009 in Sonder kategorie

Tussen Okahandja en Otjiwarango

Ek kan doen met ‘n triljoen

Junie 22, 2009 in Sonder kategorie

en my met 14 nulle versoen.

een honderd triljoen dollars

Julle weet mos die internet is so wonderlike bron van inligting. Veral die raad van bloggers en nog meer die fenomenale ekonomiese insigte van gereelde bydraers tot Sê.

Daar het ek ondermeer verneem dat die zimdollar binnekort ‘n helse comeback gaan maak, en kyk Petrus Pap is ‘n ou wat glo dat if you snooze you lose.

So ek wil net graag hier een noot van die Pap triljoene tentoonstel. Dis nou terwyl ek wag vir Bill Gates se sekretaresse om my oor te nooi vir tee dat ek en ou Bill die wêreld ekonomie oor ‘n koppie rooibos en Klipdrif kan bespreek.

Brutus deel 3

Junie 22, 2009 in Sonder kategorie

Soos belowe :

Brutus kom eet die gras.
Nee, sy naam is seker nie regtig Brutus nie, maar ek moes hom iets genoem het.

My kampplek by Katima. Langs die Zambezi.
Rekenaar klaar half in sy moer, moes die skerm met ‘n baksteen stut. Daar was ‘n kragprop naby, want die battery was ook in sy moer.

Die kole was uiteindelik bietjie min, en ‘n ekstra stompie of 3 was nodig om die tjop te braai. Gereelde lesers aan hierdie blog sal ook bemerk dat die ouens hier dieselde tipe braai kontrepsie het as wat mens by sekere kampe in die Kruger vind…. met ‘n baie belangrike verskil… die ding is in ‘n sementblad vas gekonkryt. So van ombliksem is daar geen sprake nie.

Om hierdie foto te neem het ek maar liewer opgestaan en agter die asblik gaan staan, want mens kon nie weet hoe Brutus sou voel oor die flits wat in sy gesig afgaan nie. So by so, was hy nie veel gepla nie, maar dan weer, die afstand was meer as 3 meter.

Elektroniese media in Afrika

Junie 22, 2009 in Sonder kategorie

Eintlik was ek Saterdag al terug. Betyds om die rugby op TV te kyk.

10 000 km per pad in 3 weke. Kaap- Windhoek – Grootfontein – Rundu – Katima – Livingstone – Lusaka – Chipata – Lilongwe – Salima – Blantyre – Mulenje – Zomba en selle pad terug.
My lêptoppie is effe stukkend, hy val omtrent uitmekaar uit. Regtig. Die skerm is al vir ‘n geruime tyd los- losgebreek ja, hang aan ‘n draadjie , letterlik. Verskeie ander stukkies soos die waaiertjie hang ook aan ‘n draadjie, en hierbo is alles los, hang nie eers meer aan draadjies nie. Battery leeftyd : zero.
Per selfoon het ek soms snags bietjie blogs lê en lees, mits daar ‘n antenna naby was.  Noord van die Zambezi bestaan 3G nie eintlik nie, hier en daar bietjie “edge”, maar die res is baie stadige GPRS.
Maar nou is ek terug.
Behalwe roes afslaap het ek na die Litnet span se elektroniese literatuur praatjie geluister (die potgooi), en gedink oor die relevansie, en my slotsom is dat in die derde wêreld is die hele debat oor papier teenoor elektroniese literatuur totentaal en heeltemal irrelevant. Alhoewel mense ‘n grotendeels ‘m semi steentydperk bestaan voer, het ‘n groot gros selfone….. jy kry selfs sogenaamde “internet kafees” tussen die hutte/hokke/strooise… toegang , spoed /bandwydte en koste beteken werklike internet is ‘n luukse. Selfoon sms is wat Afrika gebruik, betaal soos jy gaan, 50 sent of ‘n rand of watookal per sms 
Op die Interkaapbus oor die vlaktes van die Noordkaap soek jy ‘n regte egte papierboek in jou hand. Op die vliegtuig ook, maar hells bells, op SAL is dit R 2700 van Windhoek af Kaap toe , en per bus R 540… so ek bring maar ‘n nag op die bus deur… soos die geluk dit wou hê sit ek langs ‘n vriendelike en mooi afrikaanse vrou !
Wanneer ek my rekenaar uitsorteer het, plaas ek die fotos, beginnende by die van Brutus.