Die medisyne

Junie 28, 2009 in Sonder kategorie

Amper 10 jaar gelede het hulle agtergekom dat die Chinese ‘n medisyne van die wildeals (Artemisia annua) gemaak het wat nogal goed werk teen malaria. Die farmaseutiese maatskappye het toe daarvan medisynes ontwikkel.

Party is nogal duur , meer as R 400 vir ‘n pakkie pille (tussen 6 en 10 pille), en as jy laaskeer by die apteek in Mosambiek gekoop het dan was die goedkoop pakkie , vervaardig in België, so R 70.  Dit was die soort wat ek laas gekoop het, en wat in die badkamerkassie bly lê het. Gelukkig ook.

Alhoewel lg. medisyne op sy eie werk, is dit beter as mens daarmee saam ook ‘n tweede pil drink. Mefloquine, ook bekend as Lariam. As voorkomende maatreël moet mens een pil per week drink, maar as jy eers malaria het, moet mens sommer 5 pille op een slag drink, maw meer as ‘n maand se dosis “in one go”.

Vandag is ek baie bly om te kan rapporteer dat al die koors weg is, maar ek voel baie dronk vir iemand wat 3 dae lank geen alkohol gedrink het nie.

6 antwoorde op Die medisyne

  1. loudavisi het gesê op Junie 28, 2009

    Genugtig Petrus!
    Bly jy’s beter…

  2. Dit help as mens paraat is. Kyk mooi na jouself!

  3. Vetjan het gesê op Junie 28, 2009

    Meer toevallig as paraat 🙂

  4. Vetjan het gesê op Junie 28, 2009

    Ek was nogal verbaas oor al die newe effekte waarteen hulle waarsku.. maar gelukkig voel ek beter.

  5. Vetjan het gesê op Junie 29, 2009

    Ariplus wat eintlik artesunate & sulfadoksien is en mefloquin. Die groot dosis mefloquin is baie hard op die gestel en maak jou dronk in die kop vir meer as 2 dae.

  6. Bly jy is gesond Petrus!

Los ’n antwoord vir Vetjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.