Malaria

Junie 26, 2009 in Sonder kategorie

As jy wakker word en jy voel asof ‘n trein jou getrap het dan weet jy, jy het malaria.

Aldus Loggies, meer as 30 jaar gelede. Dodelike malaria was blykbaar toe nog nie so algemeen soos vandag nie. ( Daar is 3 “benign strains” en een “malignant” – falciparum)

Behalwe die trein getrap gevoel is daar ‘n paar ander faktore wat ‘n mens ook in gedagte moet hou:

1. Hoeveel alkohol het jy gisteraand ingeneem.

2. Koors ? Gewoonlik is mens nie erg koorsig as jy aan ‘n babbie ly nie – behalwe natuurlik as jy jou griep traai dokter het met klippies.

3. Spier en gewrigpyne ?

4. Spike die koors ?

5. Naarheid en diareë – maar nie noodwendig nie ?

6. Vreeslike kopseer ?

Die maklikste is om te gaan vir bloed. Hier het hulle ook die stelsel nogal vervolmaak. Sure, die pataloë sal binne 20 minute of so die uitslag hê.. MAAR eintlik moet jy deur die GP werk, nie net by die pataloë opdaag en sê yes trek bloed nie. Hulle wil nie die uitslag vir jou gee nie. Hulle bel die dokter, en hy bel vir jou.. dan moet jy eers spreekkamer toe gaan, die dok “connect” jou eers met sy stetoskoop, neem bloedruk ens… en skryf dan pille voor .. of beter nog, jy moet eers dokter toe gaan, bloed trek.. die patalogiese motorbaaik kom haal die bloed ens.

Ek weet mens kry ‘n tuistoets kit, maar ek het dit nie.

Die koors het gisteraand soos ‘n golf oor my gespoel, maar is nou weg…. geen verdere simptome nie.. net wonder wat. Sal maar deurpiekel pataloog toe vir bloed.. net dat ons weet. Aangesien tyd van die essensie is en al daai.

9 antwoorde op Malaria

  1. net myself het gesê op Junie 26, 2009

    o-o, ek hoop dis maar net ‘n verkoue of so iets. sal duim vashou.

  2. Vetjan het gesê op Junie 26, 2009

    Dankie nm, sal tog maar gaan en seker maak.

  3. Piekel deur teen die spoed van lug!!!

  4. Vetjan het gesê op Junie 26, 2009

    sal nou-nou gaan Monica

  5. Ag ek hoop jy is okay Petrus. Dalk net wingergriep…Nee wat gaan toets!

  6. abrham het gesê op Junie 26, 2009

    drink jy jou gin on the rocks?

  7. Vetjan het gesê op Junie 26, 2009

    het gisteraand te kak gevoel om wyn te vat

  8. Vetjan het gesê op Junie 26, 2009

    nee hel abrham, dit sal te sleg smaak.

  9. Vetjan het gesê op Junie 26, 2009

    miskien het die vark griep 🙂

Los ’n antwoord vir eiewys-gekkigheid. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.