Malaria 2

Junie 26, 2009 in Sonder kategorie

Net na 3 sit ek toe maar af patoloog toe.

Soos julle nou reeds weet is daar ‘n stelsel, streng gesproke moet die dokter jou soontoe stuur… of beter nog .. hy moet jou bloed trek en soontoe stuur.

Om tyd en geld te spaar gaan ek direk patoloë toe, hulle is anyway 50 km weg, en dis beter dat hulle die bloed toets terwyl dit nog warm is.. of so.

” Hoe lank gaan dit vat ? “

uur en half

” Sal julle my bel en sê”

Nee, ons sal jou dokter bel en sê.

Hulle het nogal nie gras onder hulle voete laat groei nie.

In minder as 20 minute bel die dokter my met die uitslag : POSITIEF .. kom dadelik deur spreekkamer toe.

So halfpad terug bel die dokter weer, draai om draai om , daar is nie malariamedisyne in die dorp nie, jy moet ongevalle toe. Hulle wag daar vir jou.

By ongevalle is bed 21 gereed.

HOKAAI !!!!

“Gee my die dokter se nommer”

reg meneer

” Kyk dokter, alhoewel julle nie medisyne het nie, het ek wel daarvan, en daar is geen manier wat ek op hierdie mooi Vrydagaand in die hospitaalbed gaan klim nie”

Watse medisyne het jy by die huis?

“artemeter kombinasie dok”

Is jy seker ?

” ja, as ek nie beter word nie sal ek dadelik laat weet, ok?”

Okay

Ek kan almal verseker dat my gesondheid vir myself baie belangriker is as vir die dokter en al die verpleegsters in die hospitaal. Ek het my immers self diagnoseer, en self patoloog toe gestuur net om seker te maak.. aangesien ek GEEN verkoue simptome gehad het nie, en ook nie gisteraand te veel gedrink het nie. As jy in elk geval omtrent ‘n week nadat jy uit ‘n malaria gebied uitkom, ‘n koors kry wat soos ‘n golf oor jou spoel, wat anders kan dit tog wees.

So geen verassing nie, ek het die medisyne klaar gedrink. Gelukkig was die enigste malaria medisyne in die dorp toevallig in my badkamerkassie.

Op ‘n Vrydagaand moet mens altyd probeer om nie in die hospitaal te wees nie.

11 antwoorde op Malaria 2

  1. Vetjan het gesê op Junie 26, 2009

    dankie kammakazi

  2. Vetjan het gesê op Junie 26, 2009

    Dankie Maankind.

    Juis omdat malaria jou binne 3 of 4 dae die emmer kan laat skop, probeer ek nie daarmee kanse vat nie. Snaaks genoeg ook was ek vandag glad nie koorsig nie, miskien effentjies, maar nie eintlik nie.

  3. abrham het gesê op Junie 26, 2009

    n dubbele gin met tonic vir jou boet, en basta met sleg. die medisyne het skop ook!

  4. wens ek kon nou vir jou ‘n bordjie chickensoup injaag…..dit werk altyd.

  5. godfatha het gesê op Junie 27, 2009

    Ek was onder die indruk malaria neem 10 dae om in te skop..

  6. Vetjan het gesê op Junie 28, 2009

    Omtrent reg ja, ..vandat daai muskiet jou gebyt het.

  7. Vetjan het gesê op Junie 28, 2009

    thanks Leon.

  8. Vetjan het gesê op Junie 28, 2009

    Dankie Monica

  9. Vetjan het gesê op Junie 28, 2009

    G&T met eksta baie kwinien.

  10. Good Luck..dis ‘n aaklige siekte om te kry..as ons Mosambiek toe gaan sorg Pa dat ons daai pille sluk..mefliam dink ek is die goed..blerrie duur..maar darem het ons nie een malaria gekry nie..

  11. Vetjan het gesê op Junie 28, 2009

    Mefliam is die goedkoop een ( R110 ‘n pakkie), dis Malanil(malarone) wat so vreeslik duur is.

Los ’n antwoord vir abrham. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.