Kazangula

Junie 25, 2009 in Sonder kategorie

Vier lande ontmoet hier.

Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe.

Jy kan deur die hekke ry Zims toe, of die rivier oorsteek tussen Botswana en Zambië. 140 km verder, by Katima is ‘n lekker brug om oor die Zambezi te kom. Dis ook ‘n ander storie, maar hier het ons Kazangula en die kliënte is besig om te verfilm. Ja, by ‘n internasionale grens, en met toestemming.

Die man met die AK oor die skouer is rustig.

Dis ‘n lang pad van Gordonsbaai af. Dit kos CG Haulage ‘n minimum van R 3500 om hulle vragmotor op die pont te trek.

Ek wonder of die rivier polisie se boot werk en of hy petrol in het. Die verfilming gaan voort.

En terwyl ek wonder, werk telepatie of iets. Die verfilming moet gestaak word.
Die stasiebevelvoerder het sy opwagting daar gemaak, en wil die ouens “spreek”.

Op hierdie stadium van die wedstryd is ek buite doening met plaaslike sakemanne.
Groot besigheid, maar die manne in uniform voel miskien dat hulle ook ‘n “slice” van die aksie wil hê… of nee, die groot man se vraag verduidelik alles : “what are you investigating?” mmm skuldige gewete ?

Teen die regte bedrag kan alles opgelos word.

In God we trust.

In the dollar we trust.

Afrika renaissance inderdaad.

9 antwoorde op Kazangula

  1. As ek groot is wil ek ook reis, en jy laat dit ekstra lekker lyk.

  2. Ja mens moet maar so ietsie uithaal vir die manne … goeie fotos …

  3. Money talks Petrus, and it speaks any language! Middag Petrus jiss jy het lekker werk/lewe! Gaan orals en sien alles!

  4. net myself het gesê op Junie 25, 2009

    ekke was al daar waar julle nou is. daar erens is ‘n eiland in die rivier, met ‘n botswana vlag op. net om seker te maak, dis hulle s’n. vat ‘n sundown-bootrit van kasane af. jy sal nie spyt wees nie, dis heerlik.

  5. Vetjan het gesê op Junie 25, 2009

    Hahaha .. Tweeling soms wel.. soms wel.. en soms kak ek klippe.. rest assured.. maar ek plaas later nog ‘n fototjie.

  6. Cool ek sal kom inloer!

  7. Vetjan het gesê op Junie 25, 2009

    Haai NM, net so, en gaan dieselfde foudie aan jou en Tweeling opdra ! 🙂
    later

  8. Vetjan het gesê op Junie 25, 2009

    dankie Ludwig.. maar hel, ons het nie ‘n ATM agter in die bakkie nie !

  9. Vetjan het gesê op Junie 25, 2009

    Doen dit sommer anytime Monica, ek vertel jou later van die 2 afgetrede onnies wat ek op pad terug opgelaai het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.