Die rekenaar

Junie 24, 2009 in Sonder kategorie

Die skootrekenaar kom nou al 6 of 7 jaar aan. Alhoewel hy bietjie stadig was vir sekere programme, het hy eintlik oraait gewerk. Dis net al die stukkies van hom wat begin afbreek het, en aan draadjies begin hang het.

Ek gaan haal toe die Jaagduiwel, en laat hy op Gumtree en Cape Ads soek vir ‘n masjien met ok specs, wat gekry en gekoop is. Jaagduiwel het so paar basiese programme gelaai, en nav ‘n gesprek vroeër sommer ‘n klomp Pink Floyd musiek ook. Die nuwe masjien is ‘n “desktop”, want ek wil vir rondloop een van daai netboeke kry, en by die huis ‘n “sterk” masjien hê.

Snaaks, jare der jare gelede het ek daarvan gehou om al die drade en goed op ‘n rekenaar in te prop, en allerhande “DOS commands” te tik, en te karring. Nou nie meer nie. Gelukkig is ‘n klomp van my data en so op ‘n los hardeskyf, maar om nou weer nog ‘n klomp programme en goed te laai, en alles op hulle regte ou plekkies te sit… maar nou ja.

7 antwoorde op Die rekenaar

  1. More Petrus ek is ongelukkig ‘n bietjie tegnologies gestremd, sukkel soms…

  2. Vetjan het gesê op Junie 24, 2009

    Môre Tweeling… nevermaaind tegnologies gestrem .. dis ‘n verdomde schlep… ten minste het Jaagduiwel windows opgesit terwyl ek gisteraand rugby gekyk en whisky gevat het.

  3. Ons het nie verniet so hard groot gemaak aan ons kinders nie, hulle is nou lekker bruikbaar 😉

  4. Vetjan het gesê op Junie 24, 2009

    Jaagduiwel is oraait ja, tot dusver is sy kop reg aangeskroef…toe hy 3 en moeilik was, het ek agtergekom hoe sy kop werk.. en nooit weer drama met hom gehad nie….

  5. godfatha het gesê op Junie 24, 2009

    Ek sit ook maar altyd n hand by met die tipe van sakies

  6. Vetjan het gesê op Junie 24, 2009

    As dit moet, dan moet dit. Ek het al vergeet hoe baie drade en goed moet mens oral inprop met desktop PC’s. En dan moet mens al die drade mooi uit die pad uit kry. Anyway, dis gedoen. Ek het nou ‘n georganaaisde stelsel.Nou net nog sagteware laai en opstel.

  7. godfatha het gesê op Junie 24, 2009

    Sterkte. “you can do it..!”

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.