Snaakse reëls
Junie 30, 2009 in Sonder kategorie
Op baie plekke (ook hier in SA) is daar soos aan die Zambiese kant van die Victoria watervalle, regulasies wat nie sin maak nie. Ons laat die cuckoo’s nest in Zims hier buite rekening, niks daar is veronderstel om sin te maak nie.
Zambië, Vic valle:
Dis ‘n mooi Saterdag en die 3 kêrels kom by die hekkie aan, elkeen reg met sy 10 amerikaanse dollars vir die toegang.
Twee van hulle met sulke groot kamerasakke met driepote en al sulke goed.
“you have too much equipment, you are doing a commercial filmshoot”
blêddie reg ja. Hulle skiet ‘n soort dokumentêr.
“its US$ 500 per person for you”
Die manne protesteer hewiglik, maar verniet. Die vet tannie gaan hulle nie laat inkom voor hulle nie hoes nie.
Plan B word beraam.
fase 1 van plan B is om vanuit niemandsland te skiet.
die middel van die brug.
Gelukkig is daar die reksprongmanne wat ‘n besigheid in niemandsland bedryf, hoe de hel hulle toestemming daarvooor gekry het, en by wie, weet nugter … maar nietemin.
By hierdie internasionale grens is hulle gewoond aan kameras ens, maar as ‘n voorsorg maatreel los die manne hulle driepote, mikrofone en ekstra goeters in die bakkie.
As die ouens van 50/50 die Victoria valle gaan afneem moet hulle US$ 500 per persoon betaal.
As jan publiek gaan betaal hy US$ 10
Altwee neem dieselfde ding af, en pla die ander mense omtrent ewe veel.
Hierdie is iets anders as waar ‘n stuk grond/straat/berg/krans of watookal gehuur en afgesper word as ‘n filmstel. In so geval verstaan mens die drama met al die logistiek, en die ekstra kostes.
Maar nie as jy wilde diere, watervalle , berge ens afneem nie. Ek verwys hier spesifiek na ‘n “low budget doccie” , en amper alle doccies is low budget.
Gestel jy het ‘n kafee wat melkskommels verkoop. Die melkery sê nee, jy maak geld uit jou melkskommels, jy moet duurder betaal vir jou melk.
Of jou naam is Picasso, en jy gaan koop verf en die winkelier sê dis R 100 000 ‘n buisie verf, want jou laaste skildery het verkoop vir R 10 miljoen.
Ens. Julle verstaan die punt.
Tegnies is amper elke natuurlewe fotograaf, en elke natuurlewe filmmaker ‘n krimineel… want burokrate definieer dit so. ‘n Mens is pal besig om met die burokrate skaak te speel.
Plan B het natuurlik ook ‘n fase 2 en 3 gehad.
Onlangse kommentare