Nagwag
Mei 28, 2009 in Sonder kategorie
Die man het met haelgeweer oor die skouer aangestap gekom, en Brutus die baba het die water ingeplons.
Mei 28, 2009 in Sonder kategorie
Die man het met haelgeweer oor die skouer aangestap gekom, en Brutus die baba het die water ingeplons.
Mei 28, 2009 in Sonder kategorie
Baba seekoei, Dit grrts grrts grrts al om my kampplek hier vanaand. Hy is redelik rustig en is min gepla deur my kampvuurtjie, maar ek luister fyn, en as die gevretery te hard word dan kyk ek eers om sodat ek kan sien waar die outjie is.
Mei 25, 2009 in Sonder kategorie
My mampoer drink demonstrasie het Saterdagaand skeefgeloop.
Mei 25, 2009 in Sonder kategorie
Met diensplig destyds het ons een stafsersant redelike kleurvolle taal gebruik. Nie ‘n vulgêre vloekery soos die jonger barbare geneig was om te doen nie, of die rowwer elemente hier in my tuisdorp nie. Staf Mellet was baie lief vir die woord “china” : Gaan haal jou tjaainas ens. Jou tjaainas.
Mei 24, 2009 in Sonder kategorie
Wikipedia :
Street luge is an extreme gravity-powered activity that involves riding a streetluge board (sometimes referred to as a sled) down a paved road or course. Street luge is also known as land luge or road luge. Like skateboarding, street luge is often done for sport and for recreation. Other than the supine riding position and very high speeds (40-70
mph / 64-115 km/h), street luge has little relation to its winter
namesake luge.
Die jaagduiwel het komself reeds ‘n paar jaar gelede des moers geval van sy skaatsplankie af. Hospitaalsake.
Hy vra my eendag of ek weet wat “street luge” is. Ek het so vaagweg vermoed wat dit was, maar toe wys hy my die slee wat hy gebou het. Tot die assies en die wielietjies en goed het hy self gemaak ( met bietjie hulp , maar nie van my af nie)
Ek troos my daaraan dat as mens lê, dan kan jy nie eintlik af bliksem nie. En as die ding jou gooi dan sal jy meer soort van skuif as val. Hoop ek.
Aangesien die ding nie brieke het nie, is daar ernstig gepraat oor waar die ding gery word. Aankomende verkeer en so aan. Verder is dit maar net hoop vir die beste.
Mei 21, 2009 in Sonder kategorie
Nou in vloed, ‘n siedende watermassa. Die lugfoto is van November, toe die water min was. Dis nou anders. Vergeet witwater roei, kyk liewer diere.
Mei 20, 2009 in Sonder kategorie
Die universele kreet van Afrika. SWIET !!!!
Gaan saam met die bakhand saluut van Afrika, die bedelende hande.
Kan nie help om aan die Sanlam logo te dink nie, twee hande wat vir ‘n lekker gebedel het… snaaks hoe reis deur Afrika mens se sienswyse verander.
Terwyl jy tussen die palmbome op ‘n sandpaadjie voortkruie storm hulle nader uit elke hut in die omgewing. Kleintjies..grotes, word ‘n lekker gegooi storm hulle en gryp.. party kry en party nie.
Ek gee nooit lekkers nie.
Gewetensbeswaard.
In die eerste instansie perpetueer en versterk ons bedelary. Ons vestig van kleins af die gedagte dat as die westerling in sy kar daar verby ry moet daar gebedel word.
Dit is nie reg dat ‘n Himbakind uit die vlaktes nader gestorm kom al skreeuende SWIET SWIET SWIET nie… of ‘n Mosambieker uit die bosse nie of enige kind nie. Sal jy daarvan hou as jou kinders agter elke kar wat verby ry aan hardloop en SWIET SWIET SWIET gil ? Veral as hulle 4 jaar oud is ?
Daar is geen respek aan die situasie nie. Bedel is nie ‘n goeie metode om selfrespek te bou nie.
Dit is ook nie goed vir die een wat soos ‘n middeleeuse priester aalmoese uitdeel nie. Nie goed vir jou psige nie.. slegte karma.
Op ‘n meer praktiese vlak is daar die gevaarsituasie. Vir die kind. Hulle storm soos waansinniges op dikwels vinnig bewegende voertuie af. Meer as een het al so onder die kar se wiele beland.
Gee jy tandepasta en ‘n tandeborsel saam as jy lekkers uitdeel? Gaan kyk bietjie in Mosambiek in watter goeie toestand is so baie kinders se tande… min verfynde suiker in die dieet.
Verfynde suiker dra by tot tandbederf. Verfynde suiker is wat jy in lekkers kry. Ok, tandbederf onder die kinders van Afrika gee my nie slapelose nagte nie, hulle nog minder.
Ek weier egter om kinders se selfrespek af te breek deur hulle aan te moedig om te bedel.
So wat staan mens te doen?
Voor jy vertrek gaan koop jy 50 of 100 penne iewers, as jy wil 2 of 3 sokkerballe. In die afgeleë gedeeltes kry jy altyd ‘n skooltjie. Dan gaan jy soontoe, en praat met die senior onderwyser, en gee ‘n sokkerbal of 50 penne vir die onderwyser. Hy/sy sal die verspreiding beter en reg hanteer. Afhangende van die streek waar jy reis is daar verskille .. but you get my drift.. daar is protokol, en ‘n manier van doen.
Dit gaan oor respek. Twee kante toe.
Mei 20, 2009 in Sonder kategorie
Noord van die Steenbokskeerkring kry jy hulle, hierdie magiese bome.
Die hele Zimbabwe is noord van die Steenbokskeerkring, maar Zims is op ‘n hoogland.
Soos jy weer die Zambezi nader, raak hulle meer. Baie meer.
Dit gaan beter in Zimbabwe as 7 maande gelede, maar dis ‘n baie baie lang en moeilike pad vorentoe, in hierdie winkel kan jy mieliemeel koop, coke ook. Coca Cola is die meesters van bemarking.
Jy kry dieselfde tendens in Mosamiek. Eensklaps net soos jy anderkant Massinga kom begin jy hulle sien, of by ons anderkant Pietersburg. Die Namib en Kalahari is te droog, en Windhoek is te hoog, naby Tsintsabis is ‘n reus. Uitsonderings kry jy ook, net soos water in sentraal Kalahari.
Mei 19, 2009 in Sonder kategorie
Onlangse kommentare