Maputonag

April 19, 2009 in Sonder kategorie

Paasnaweek was dit soos gewoonlik chaoties by Komatipoort. Die Lebombogrens.

Behalwe die groot trek met die  Pajeros, Prados, Land Rovers en die sleepwaentjies vol duur speelgoed, was daar al die Mosambiekers wat die naweek huistoe gegaan het. In Minibussies, ook met sleepwaentjies. Tot oorlopens gelaai met alles en nog wat. Almal wil deur die grens.
Donderdag middernag val Petrus toe ook in die tou. Teen Vrydagoggend 3 uur, is ons deur en gee redelik gas deur Maputo toe. Teen 4 uur, stop ek by die rooi lig waar mens links draai op die EN 1, die pad noorde toe. 
Die lig word groen, ek draai links, en hier spring ‘n parate konstabel voor my in en wys ek moet stop.
” Rybewys asseblief ”  ok, ek gee.
” Voertuig dokumente ” ok, ek gee.
” paspoort asseblief ” ek gee dit ook.
“passasier se passpoort asb” , ja ok man.
“Meneer ons het ‘n probleem ” …  hoekom is ek nie verbaas nie ? ok , wat is die probleem.
” Toe jy net nou by die rooi lig gestop het, het jou voorwiele oor die wit streep gestaan, en dit is onwettig in Mosambiek, die boete is R 1000 en jy moet stasie toe kom om dit te betaal” … inderdaad ?
Ek verduidelik beleefd dat ek dink hy het ‘n fout gemaak, en vertel hom baie beleefd dat wat hulle hier doen nie reg is nie, en dat ek presies verstaan dat hulle eintlik net geld uit my wil rokkel.
” Meneer , dink jy ek het ‘n fout gemaak ? ” … nee, ek dink nie, ek weet.
Op hierdie stadium kom “good cop” op die toneel, en stel voor dat ons probeer sake skik.
Nou kyk, die regte ding is seker om geduldig en beleefd verder te “redeneer”. Ek is nie bang vir die AK of die stasie nie, maar tyd is ‘n probleem, en ek het allermins tyd of ‘n begeerte om vir die volgende paar uur met hierdie bliksems te ginnegaap oor hulle poging tot ekstorsie.
Ek het ‘n land pad agter my, en nog 500 km om te ry. Ek bied R 50 aan. Uiteindelik skik ons op R 100. Te veel, maar nou ja.
Gister, helder oordag , op pad terug, kyk ek toe na die gewraakte streep.
Daar is glad nie ‘n streep nie.

11 antwoorde op Maputonag

  1. Ja dis Afrika ne? In al sy florerende styl…

    Volgende keer weet jy nou, klim uit en se wys my die streep…

    🙂

  2. Vetjan het gesê op April 19, 2009

    Lesotho is maar net soos ‘n afgelee deel van SA. Erg afgelee, en plattelands. Geniet die berge.

  3. Vetjan het gesê op April 19, 2009

    Eintlik moet mens maar net geduldig wees en vriendelik aanhou redekawel, en maak asof jy nie verstaan nie. Ek reageer glad nie op die stasie dreigement nie, ignoreer dit heeltemal. Die eerste ou het klaar moed opgegee toe die 2 de ou kom oorneem het.

  4. abrham het gesê op April 19, 2009

    sou ek kan reken dat jy ‘n streep getrek is?

  5. Vetjan het gesê op April 19, 2009

    hahaha , hulle het my ‘n goeie streep getrek

  6. Agge nee! Die simpel ou 🙂

  7. DallaSePa het gesê op April 19, 2009

    Anner dag vertel ek jou van my en die manne by Swaziland se grenspos …

  8. DeViL010 het gesê op Mei 2, 2009

    Ai ja, dis Mosambiek vir jou, jy moet maar versigtig wees daai polisie like die SA karre (sometimes) hulle HAAT die SD karre. Maar soos jy sê bly maar vriendelik en redeneer so bietjie die paar rand help ook.

    Geniet verder!!!!

    :>)))

  9. ludwig.heuer het gesê op Mei 7, 2009

    Miskien rol hulle hom op na die tyd… Of skop stof oor hom … sodat jy dit nie kan sien nie … hehehe … Was hulle darem regte coppers ?

  10. Vetjan het gesê op Mei 16, 2009

    Hi Ludwig. hulle was regte cops ja. Bliksems. Maputo se polisie is luise.

  11. Vetjan het gesê op Mei 17, 2009

    Bliksems !

Los ’n antwoord vir Vetjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.