‘n See Saterdag
April 6, 2009 in Sonder kategorie
Saterdag was dit windstil.
In die Wes Kaap is sulke dae skaars. Die see het soos ‘n spieel gelê.
Mens kon sien die see het ‘n lang en lui golflengte, die soort wat aan die oppervlak na niks lyk nie, maar redelik heen en weer trek.. as jy afduik.
Die water was steeds groenerig, dit is eintlik goed, dit dui op plankton, wat solank dit nie oorgaan ‘n die rooi bloeifase nie, eintlik gesond is vir die natuur. Die groen water beteken nou nie eintlik goeie sig nie, en dit was ysig koud.
eiewys-gekkigheid het gesê op April 6, 2009
Dit is pragtig, lyk soos ‘n avontuur wat ‘n mens aanpak doer onder in die see.
XAR het gesê op April 6, 2009
Stunning!!
diefotoman het gesê op April 6, 2009
Lekker, watse kamera het jy gebruik om die foto’s me te neem? Die see was sondag by hangklip darem nes n dam gewees, ons het ook vol kwota kreef op die ou maat gekry.
kobusvictor het gesê op April 6, 2009
Magtag, hoe lus ek nou daardie kreef. In Port Nolloth het ek destyds baie kreef gekry – genoeg ook vir die kat. Verduiwelse kat! Ek sou graag vandag die kat se deel wil hê.
monicahaddad het gesê op April 6, 2009
Dit is vir my letterlik en figuurlik ‘n anner wêreld….
kookpunt het gesê op April 7, 2009
Dit is so mooi. Dankie dat jy die wonders van die natuur met ons deel
Vetjan het gesê op April 8, 2009
As dit moontlik is, probeer dit in warmer water as die yskoue weskus.
Vetjan het gesê op April 8, 2009
Flenters jy is baie gaaf. dankie
Vetjan het gesê op April 8, 2009
Sebastian altyd, dit gaan oor respek vir die see, en mens moet darem kyk na weer, wind, deining en sulke goed. Dan is die see ‘n wonderlike plek.
Vetjan het gesê op April 8, 2009
Maar soms bietjie koud.
Vetjan het gesê op April 8, 2009
Plesier oom F
Vetjan het gesê op April 8, 2009
Dankie Therina
Vetjan het gesê op April 8, 2009
Kobus, dit is maar hoe dit gaan. Port Nolloth moes ‘n belewenis gewees het.
Vetjan het gesê op April 8, 2009
Die see was Saterdag mooi Spook, bly julle het kwota gekry. Ek het die fotos met ‘n Nikon in ‘n Ikelite huls geneem.
Vetjan het gesê op April 8, 2009
Dankie Bluescrew
Vetjan het gesê op April 8, 2009
Haai Tweeling 🙂
loudavisi het gesê op April 19, 2009
Hene, jy’s oulik!!
DeViL010 het gesê op Mei 2, 2009
Sjoe dit lyk lekker mar x’s te bang om te duik, my jongste seun is baie lief om te duik, hy was by Rooiels gewees op ‘n tyd, nou bly hy in Durban.
:>)))