Ouderdom en wysheid

April 3, 2009 in Sonder kategorie

Dit het eintlik niks met mekaar uit te waai nie.

Mense van my ouderdom (en ouer) gebruik hulle ouderdom dikwels as ‘n soort kruk om hulle lamlendige redenasies meer gewig te gee. 
Ouderdom is bloot ‘n syfer of twee.
Miskien stamp ‘n donkie nie sy kop twee keer teen dieselfde klip nie, mense doen wel, en baie keer nie net 2 keer nie.
Nie dat enige jonger mens noodwendig reg of slim is nie.
Punt is eenvoudig dit : ‘n goeie redenasie is ‘n goeie redenasie. Wysheid is nie gebonde aan ouderdom nie.
There’s no fool like an old fool.

10 antwoorde op Ouderdom en wysheid

  1. Sara.Marais het gesê op April 3, 2009

    Ouer is nie wyser nie. Ek like dit. Mens moet foolish wees.

  2. pasella het gesê op April 3, 2009

    Is so. Strip my moer as ouer mense aanspraak maak op eerbied bloot omdat hulle ouer is–is maar iets in ons Afrikaner psige.

  3. aixo het gesê op April 3, 2009

    jis , viva foolish , beslis , fok’i res ….

  4. DallaSePa het gesê op April 4, 2009

    So waar … kom ek vertel jou nog iets … in my omswerwinge kom ek agter ‘ou’ mense met respek gesê is uitvoelling met wat die alledaagse goedjies kos … bv. ‘n blikkie coke kos laaaangkal nie meer R3- nie … rerig!

  5. nou wonner ek wat is die storie agter die storie 😉

  6. tronkie het gesê op April 4, 2009

    Ek weet ek is partykeer foolish.

  7. aixo het gesê op April 4, 2009

    ……. a fool for rent ……..

  8. kookpunt het gesê op April 6, 2009

    Waar woorde Petrus

  9. Vetjan het gesê op April 6, 2009

    Niemand wat hieronder kommentaar gelewer het is enigsins ‘n fool nie !! Dis verseker.

    Veral 2 dinge het my hierdie fool inskrywing laat maak.. eerstens omdat my laaitie ‘n paar jaar gelede my op iets attent gemaak het, tot my spyt het ek van “beter” geweet.

    Tweedens lees ek so dikwels hoe skryf mense briewe, blogs en goed ..met die hoof argument .. “as jy eendag my ouderdom, ervaring ens het sal jy sien ek was reg” en dan volg hulle dit altyd met ‘n totale simpel redenasie..

    OK, ek moet byvoeg, swape kry jy in alle ouderdomsgroepe.

  10. Sela! :-))

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.