Paasnaweek was dit soos gewoonlik chaoties by Komatipoort. Die Lebombogrens.
Behalwe die groot trek met die Pajeros, Prados, Land Rovers en die sleepwaentjies vol duur speelgoed, was daar al die Mosambiekers wat die naweek huistoe gegaan het. In Minibussies, ook met sleepwaentjies. Tot oorlopens gelaai met alles en nog wat. Almal wil deur die grens.
Donderdag middernag val Petrus toe ook in die tou. Teen Vrydagoggend 3 uur, is ons deur en gee redelik gas deur Maputo toe. Teen 4 uur, stop ek by die rooi lig waar mens links draai op die EN 1, die pad noorde toe.
Die lig word groen, ek draai links, en hier spring ‘n parate konstabel voor my in en wys ek moet stop.
” Rybewys asseblief ” ok, ek gee.
” Voertuig dokumente ” ok, ek gee.
” paspoort asseblief ” ek gee dit ook.
“passasier se passpoort asb” , ja ok man.
“Meneer ons het ‘n probleem ” … hoekom is ek nie verbaas nie ? ok , wat is die probleem.
” Toe jy net nou by die rooi lig gestop het, het jou voorwiele oor die wit streep gestaan, en dit is onwettig in Mosambiek, die boete is R 1000 en jy moet stasie toe kom om dit te betaal” … inderdaad ?
Ek verduidelik beleefd dat ek dink hy het ‘n fout gemaak, en vertel hom baie beleefd dat wat hulle hier doen nie reg is nie, en dat ek presies verstaan dat hulle eintlik net geld uit my wil rokkel.
” Meneer , dink jy ek het ‘n fout gemaak ? ” … nee, ek dink nie, ek weet.
Op hierdie stadium kom “good cop” op die toneel, en stel voor dat ons probeer sake skik.
Nou kyk, die regte ding is seker om geduldig en beleefd verder te “redeneer”. Ek is nie bang vir die AK of die stasie nie, maar tyd is ‘n probleem, en ek het allermins tyd of ‘n begeerte om vir die volgende paar uur met hierdie bliksems te ginnegaap oor hulle poging tot ekstorsie.
Ek het ‘n land pad agter my, en nog 500 km om te ry. Ek bied R 50 aan. Uiteindelik skik ons op R 100. Te veel, maar nou ja.
Gister, helder oordag , op pad terug, kyk ek toe na die gewraakte streep.
In die Wes Kaap is sulke dae skaars. Die see het soos ‘n spieel gelê.
Mens kon sien die see het ‘n lang en lui golflengte, die soort wat aan die oppervlak na niks lyk nie, maar redelik heen en weer trek.. as jy afduik.
Die water was steeds groenerig, dit is eintlik goed, dit dui op plankton, wat solank dit nie oorgaan ‘n die rooi bloeifase nie, eintlik gesond is vir die natuur. Die groen water beteken nou nie eintlik goeie sig nie, en dit was ysig koud.
Tienks is my jongste meisiekind. Ek kon haar arm draai om saam met my te gaan.
Tienks op pad sand toe
Miskien is daar ‘n kreef hier onder in die bamboes.
Bo is die lug blou
Daar was ‘n kreef onder tussen die bamboes, maar Tienks het hom vir Petrus gelos .
‘n KNB navorsingspan wat die pikkewynkolonie op Robbeneiland al langer as 10 jaar bestudeer, het gister aangekondig dat hulle ‘n nuwe spesie daar identifiseer het.
Klaarblyklik ‘n soort kruising tussen malgasse en pikkewyne. Die nuwe spesie van “mallewyn” kan vlieg.
Ek sal binnekort fotos hiervan publiseer op hierdie blog.
Onlangse kommentare