Varsity cup en my dorp se kuierplekke

Maart 30, 2009 in Sonder kategorie

Ek het ‘n TV en ‘n dvd speler.

As ek ‘n fliek wil sien, neem ek ‘n DVD uit, of as die movie wonderlike propaganda ens het, ry ek Kaap toe en gaan kyk dit op die big screen.
Vanaand egter wou ek gaan kyk hoe speel Maties teen die Pukke. Noodwendig by ‘n bar innie dorp.
Spesifiek die bar met die beste groot skerm, die betrokke bar is die “saloon”. Nie net het hulle die beste TV screen nie, ook het hulle die aangenaamste bar tenders. Vroulik. Natuurlik. Maar oraait bar girls.
Die probleem is dat hulle 200g steak R 59.00 kos. Aangesien ek my gewig fyn dop hou eet ek 200 g steaks… net met slaai.. niks chips of so nie. Die 2 de watergat in my gawe dorp, het ‘n 200 g steak uit die boonste rakke vir R 45.00.
Nadat Maties, soos dit hoort, die Pukke die loef afgesteek het.. ook soos dit hoort, skuif ek toe oor na die R45.00 steak plek toe. Maar o wee !!!! Met die intrapslag daar sit hulle skarimba op die hifi set.
Nou kyk skrimba en enige ander liedjie met woorde soos bokkie, sokkie, rokkie, klokkie, lappie, pappie, mamma ens, gee my ‘n kramp. Terwyl dit die goeie reg  en voorreg van die eienaars en kliënte van sulke plekke is om sulke kak musiek te speel ( insluitende enige nommer van Wikus van der Merwe) hoef ek nou nie eintlik daarna te luister nie. Ek het die aangeleentheid vir omtrent 15 sekondes lank bespreek met die kroegmeisie, noodwendig het sy my in volle besonderhede afgelag, en aangegaan om voorafgenoemde musiek te speel.
So by so is geen ander keuse aan my oorgelaat om ene Gus se establishment ” Joys Kichen” te besoek nie. Eintlik is Gus ook maar ‘n doos, maar dit is nie regtig van belang nie. Van baie groter belang is die feit dat ek in sy restaurant ‘n bottel redelike pinotage kon aanskaf vir R 25.00. Dit is vir die bottel ! ‘n Drinkbare wyn. Die 200g rump steak was R 5.00 meer as skrimba restuarant ” Die Buitesteen” se prys van R 45.00, maar die groente was ingesluit vir die prys. So met groente en slaai …. en ek sal eerlik wees, loshande die beste steak wat ek in ‘n BAIE lang tyd in ‘n restaurant geëet het, was die prys R 50.00. “n Beter deal as dit kan jy nie sommer kry nie. Selfs al braai jy by die huis gaan jy sukkel om beter te doen… ok uitgesonder natuurlik my beroemde kreefbraaiery.. maar dit is ‘n ander saak.
 Dis al.

15 antwoorde op Varsity cup en my dorp se kuierplekke

  1. loudavisi het gesê op Maart 31, 2009

    Rugby, steak, wyn en barmeisies.
    Dit klink na ‘n bargain vir enige man..

  2. zephur het gesê op Maart 31, 2009

    ek ruik nou daai steak, proe die geurige smake, en sluk aan daai R25 bottel wyn…

  3. Vetjan het gesê op Maart 31, 2009

    Maankind, dis nie die eet wat die probleem is nie, al drie plekke se steaks is heerlik. Die probleem is die musiek. Dit is my probleem want die meerderheid van die ander gaste daar hou van die musiek !

  4. Vetjan het gesê op Maart 31, 2009

    Dit was lekker Zeppie

  5. Vetjan het gesê op Maart 31, 2009

    Genugtig, maar jy moet ‘n plan maak.

  6. Vetjan het gesê op Maart 31, 2009

    Leon 🙂

  7. Vetjan het gesê op Maart 31, 2009

    ‘n absolute bargain Lou.

  8. Vetjan het gesê op Maart 31, 2009

    O aarde vormpies.

  9. Vetjan het gesê op Maart 31, 2009

    Piet Verdriet het ‘n bok geskiet

  10. Vetjan het gesê op Maart 31, 2009

    Ek gaan Saterdagaand kreef braai.

  11. Vetjan het gesê op Maart 31, 2009

    Maak ‘n midnight snack murph

  12. tronkie het gesê op April 2, 2009

    haha – arme ou Gus!

  13. Vetjan het gesê op April 2, 2009

    Ja, ek hoop nie nie hy lees die blog, voel in sy eer gekrenk en spoeg volgende keer op my steak voor hy hom bring nie.

  14. Vetjan het gesê op April 2, 2009

    plesier alatilla

  15. mfucher het gesê op April 3, 2009

    Sjoe, hoe lus is ek ook nou vir ‘n stukkie steak, met ‘n garlic sousie so op die sideline en ‘n glasie wyn, mmmmm

    Ek stem saam met jou keuse van musiek

    As ek lekker eet wil ek lekker musiek ook luister anders nee

    Lekker naweek

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.