Spesiaal vir Tilda

Maart 26, 2009 in Sonder kategorie

Ek verander hierdie inskrywing want ek is die een te vinnig en verkeerd gelees het.

**Hey Tilda, my blog traai nie om akademies te wees nie, gaan lees die bliksemse inskrywing. **

Ok , hierdie is te kwaai, maar hou in gedagte dat die gewone ou ook Litnet akademies kan lees as hy wil, en enige plek waar hy/sy wil kommentaar kan lewer.

**My blog is nie veronderstel om aan enige akademiese standaarde te voldoen nie, dit dryf eerder die spot met gekunsteldheid, en die invoer van woorde, veral anglisismes en Franse woorde om meer intellektueel te klink. Joan Hambidge is baie lief daarvoor, en dis haar goeie reg om dit te doen, en my goeie reg om dit raak te sien en te dink dis aansitterig. En dit te sê ook as ek wil.**

Ek wil net bylas dat ek nog steeds Joan Hambidge se goed lees en geniet, al is sy lief vir haar anglisismes.

*Ek is nie in die minste beindruk met jou lagwekkende brief op Sênet nie.*

Die een trek ek terug, Jou brief op Sênet is ok. Ek vra om verskoning.

*Dit is tog voor die hand liggend dat dit leke kommentaar is, en die “take” van ‘n gewone ou wat die dwarsklap wat Reinhardt Fourie aan Jackie Nagtegaal gee, amusant vind.*

mens moenie die vanselfsprekende beklemtoon soos ek hierbo gedoen het nie.

Daardie spesifieke inskrywing was juis ‘n bloginskrywing, blogs leen hulleself tot ‘n kakpratery. Mens moet gaan kyk watsesoort blog jy mee te make het.

Die ernstige mense kan mos die ding bespreek op Litnet akademies. Ander verkies die effens gemodereerde Sê. En plebs soos ek skryf in die anargistiese blogosfeer.

7 antwoorde op Spesiaal vir Tilda

  1. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Jis Joe, ek sien so. Vir my is alles baie snaaks.

    dankie en groete
    PP

  2. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Nee,ek bedoel ja, dis as die kanonne losgetrek het en begin skiet het.

  3. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Leon, ek maak nog grappies, toe gooi hulle my blog sommer in die teepot ! So nou en dan strip ek my moer, maar intussen het ek wyn gevat , nou voel ek weer beter.

  4. wild1 het gesê op Maart 26, 2009

    Gaan lees ek toe nou uit pure nuuskierigheid oor waaroor almal so baklei daardie artikel deur. Ek verstaan nie regtig almal se issue nie. Die Fourie dude maak ‘n paar goeie en belangrike punte, maar ek dink hy ruk die dam net so bietjie onder die eend uit. Gewone lesers (op wie die boeke per slot van sake gemik is), gaan nie die goed wat hy noem optel nie. Nietemin was die artikel vir my nogal interessant, omdat daar nie veel navorsing (indien enige?) in hierdie gebied gedoen is nie.

    Hehe, ek ken die uitgewersproses en alles wat daarmee gepaard gaan soos die palm van my hand, maar ek weet ook nie wat kanonisering is nie. (hoekom steur die mense hulle so aan wat ons hier op die blogs kwytraak? Ek dog almal weet ons praat maar meeste van die tyd ‘n klomp stront:)

  5. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Presies Willemien, dis wat ek ook gedink het.

  6. kookpunt het gesê op Maart 27, 2009

    Hoekom moet partymense die hoender uit die poephollejtjie ruk

  7. Vetjan het gesê op Maart 27, 2009

    Frika, eintlik is my inskrywing bietjie kwaai, so ek is ook seker skuldig.Maar ek los dit maar so.

    Ek het my aanvanklike ligsinnige blog inskrywing juis nie op Litnet akademies of selfs op Sênet geskryf nie omdat die blogs by uitstek geskik is vir kak pratery.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.