Palindroom en Kladboek

Maart 24, 2009 in Sonder kategorie

Daar gaan lees ek toe amper Reinhardt Fourie se hele artikel deur. Dit is op Litnet akademies.

Die produksiegehalte van Palindroom en Kladboek deur Joan Hambidge as gevallestudies binne die uitgewersbedryf

Genugtig !   🙂

Hy praat oor allerhande spelfoute, kommas, punte en daar is ‘n spul woorde wat ek nie eers verstaan nie.

Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls is darem nog steeds die Bybel. My st 8 onderwyser sal seker bly wees om dit te hoor.

Verder sê hy Jackie Nagtegaal is nie ‘n watswonderse redakteur nie.

Ten minste verduidelik Reinhardt nogal met ‘n diagram die produksieproses van ‘n boek. Hy bespreek dit ook, so mens leer darem iets.

Vir ‘n “rookie” skrywer, of iemand wat net nog daaraan dink om eendag ‘n boek te skryf is dit eintlik ‘n interessante artikel, want dit verduidelik nogal die hele besigheid. Ek sien ook niemand weet eintlik presies wat se ding ‘n redakteur is nie. Fokkit, maar hulle kan darem verwarrende goed uitdink as hulle wil.

Wat ek net wil weet is hoekom praat hulle altyd van oeuvre as hulle na ‘n skrywer se werk verwys ? en wat de fok is “kanon”?  Ek het altyd gedag dis iets waarmee hulle in die oorlog skiet.

14 antwoorde op Palindroom en Kladboek

  1. monicahaddad het gesê op Maart 24, 2009

    O ek dog ‘n kanon is vaderjakobwatjyoorenoorsing

  2. kookpunt het gesê op Maart 24, 2009

    Palindroom??? Ken nie van nie

  3. Vetjan het gesê op Maart 24, 2009

    ’n Palindroom is ’n getal wat dieselfde lees van links en van regs (bv. 4774)

    Google is ‘n wonderlike ding 🙂

  4. Vetjan het gesê op Maart 24, 2009

    Strandloper, die eintlike ding wat my laat wonder is hoekom veral skrywers en “literatore” by universiteite so lief is vir die Franse woord “oeuvre” ipv die woord “werke”. Hoekom altyd ‘n “hogere” woord gebruik ? Hambidge is net so skuldig soos Fourie, en al die ander.

    lekker dag vir jou ook.

  5. Vetjan het gesê op Maart 24, 2009

    LOL !

  6. Vetjan het gesê op Maart 24, 2009

    Wys jou net, as jy gaan klippe gooi beter jy seker maak daar is nie eers ‘n klein ou stukkie glas in jou huis nie.

    Reinhardt Fourie is ook reg dat die drukkersduiwel baie bedrywig was met Palindroom… en Jackie was die redakteur.Dis maar die feite.

    So mams het die leisels kom vasvat en die cavalry in die vorm van Ehlers ingebring.

    Altyd goed as mens die kwaliteit kan regkry, en altyd goed vir Afrikaanse boeke.

    Vir my as leek was die artikel ‘n leersame kykie na wat agter die skerms gebeur.

  7. Vetjan het gesê op Maart 24, 2009

    hahaha

  8. maninblack het gesê op Maart 24, 2009

    Ek hou van simpel en eenvoudig. Die hoeveelheid mense wat al hierdie tegniese terme verstaan is beperk tot ‘n handvol akademici.
    Skryfwerk moet jou opvoed of vermaak, anders hoekom lees jy dit?

  9. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Skep moed Mev Lee, dis juis hoekom daar redakteurs en taalversorgers is.

  10. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Go for it Lee

  11. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Joe, Maankind het kommentaar op ‘n blog inskrywing gelewer.

  12. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Ummm , op watter inskrywing of kommentaar lewer jy nou kommentaar Joe?

  13. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Lyk nogal so.

  14. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Andre jy is reg. Die artikel ter sprake is darem in Litnet akademies, so ons kan seker nie kla nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.