Die Perlemoen

Maart 22, 2009 in Sonder kategorie

Ten spyte van sy beste pogings kon die agbare minister die afgelope jare niks vermag teen die sistematiese stropery van perlemoen nie.

Aangesien die gewone ou, dis nou ek en jy, nie eers in die see mag swem met enige “verbode” items nie, bv duikbril en paddavoete, tussen Gansbaai en Quin punt nie, het ek vandag oudergewoonte maar naby Onrus in die water gespring.

Daar is ‘n spesifieke kolletjie waar mens mooi krewe kan uithaal. Nie soos sê maar verlede Sondag by Pringlebaai waar jy tussen duisende klein krefies moet rondkrap om na ‘n uur 4 te kry wat “size” is nie.

en “size” is glad nie meer ‘size” nie. Die nuwe “size” is 8 cm, vantevore was dit 8.9 cm. Hoekom hulle dit voorheen 8.9 en nie 9 gemaak het, weet ek ook nie. Wat is tog in een millimeter.

Nietemin, die “size” is nou 8 cm.

Deesdae is die perlemoen omtrent weg.

Die bamboes groei ruig. Sien, ‘n perlemoen is ‘n soort slak. Een met ‘n baie stewige aptyt. Hulle het altyd die bamboes groei bietjie in toom gehou. Die klein bamboesies, daar onder op die bodem.

Baie irritrend om  tussen hierdie klein bamboes rond te krap vir kreef. Veral as daar nog ‘n stewige deining is. Soos vandag. Natuurlik het ek genoeg kreef uigehaal, maar dit was irriterend en effens van ‘n “mission”.

Met al die rondgesnuffel tussen die skeure, krake, en die donnerse kort bamboes, kom ek toe op ‘n enkel perlemoen af. Nie sommer enige perlemoen nie. ‘n Sopskottel.

Daar is nie ‘n ander perlemoen naby nie. Hierdie perlemoen gaan nie kan voortplant nie. Daar is eenvoudig nie ander perlemoene eers naby nie.

As julle wil sal ek nog presies verduidelik hoe perlemoene voortplant, dis nogal interessant. Altans vir my is dit. Ek kan ook verduidelik hoe weet jy of dit ‘n mannetjie of ‘n wyfie is. Op ‘n ander dag. Ek sal fotos en goed ook gaan neem ter illustrasie. Later.

Terug by die sopskottel.

Die groot eensame perlemoen. Sal nooit weer kan voortplant nie. Hy woon alleen in ‘n skeur.

Kan ek hom maar gaan uithaal?

Dit is onwettig. Kortbroek se hart sal seker baie seer wees, nie oor die perlemoen nie, nevermaaind…..

Die perlemoen sit daar. Ek mag hom nie uithaal nie. Die Hawstonners en Blomparkers stroop lustig voort. Die bron het vier jaar gelede reeds in duie gestort.

So, sal ek nou daai perlemoen gaan uithaal of sal ek hom maar los dat iemand anders hom gaan uithaal?

20 antwoorde op Die Perlemoen

  1. DallaSePa het gesê op Maart 22, 2009

    Hallo PP … sal jy my glo as ek sê ek weet nie hoe proe perlemoen nie!

  2. Vetjan het gesê op Maart 22, 2009

    Toemaar Dalla-se-pa, jy is nie alleen nie, die meeste mense in ons mooi land het dit nog nie geproe nie. Dit kan nogal deksels lekker wees.. maar die kokke kan dit ook totaal op donner as hulle wil.

    Alikreukel is miskien lekkerder as perlemoen..en dit kan mens nog uithaal.

  3. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    Dankie Lulu. Ek dink jy is reg.

  4. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    Miskien is dit regtig nie ‘n goeie ding dat die outjie so eensaam daar onder die see is nie.

  5. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    ‘n boer maak ‘n plan.

  6. loudavisi het gesê op Maart 23, 2009

    Soek vir hom ‘n maatjie en steek hulle onder die see weg, en kort voor lank is daar ‘n hele familie.
    Sien uit na die foto’s oor die perlemoene.

  7. kookpunt het gesê op Maart 23, 2009

    As jy hom nie vat nie, gaan iemand anders hom vat

  8. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    therina, die perlemoenplase boer vooruit, so perlemoene se toekoms is verseker… net soos hoenders in hoenderplase. Wilde perlemoen is deesdae amper so skaars soos hoendertanne.

  9. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    Lou, een maatjie is nie genoeg nie. Daar moet letterlik honderde is ‘n area wees vir suksesvolle voortpanting.

  10. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    Frika, dit is juis waaroor ek bekommerd is. Ek dink daardie perlemoen kan ‘n goeie heenkome vind..in my yskas.

  11. maninblack het gesê op Maart 23, 2009

    Gaan red daardie arme perlemoen van sy eensaamheid.

  12. abrham het gesê op Maart 23, 2009

    te veel doofheid. perlemoen soos rum sit blykbaar huppel innie knuppel…

  13. net myself het gesê op Maart 24, 2009

    LOS HOM!

    elke liewe perlemoen wat in die see kan bly, help. Al lyk dit of hy alleen is. Mens weet nooit nie…

    (trust me, I have some authority on this.)

  14. diefotoman het gesê op Maart 24, 2009

    Petrus ek is al so lus vir perlemoen ek kan vrek, ek stem dat jy die perlemoen los hulle travel maklik en nogals ver, maar as jy besluit om hom te gaan uithaal, maak hom dood voor hy skrik en nooi my om saam te kom eet.

  15. Vetjan het gesê op Maart 24, 2009

    Spook ek sal jou laat weet as daai perlemoen in my kombuis beland.

  16. Vetjan het gesê op Maart 24, 2009

    Die groot vraag is of hy daar gaan bly, en of die stropers hom gaan kry.

  17. Vetjan het gesê op Maart 24, 2009

    Ek dink hulle doen.

  18. Vetjan het gesê op Maart 24, 2009

    Andre, dit klink na ‘n plan.

  19. diefotoman het gesê op Maart 26, 2009

    Jy beter nie vergeet nie nê.

  20. Vetjan het gesê op Maart 26, 2009

    Dis my gewete wat my so pla!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.