Aardverwarming en pole wat smelt

Maart 21, 2009 in Sonder kategorie

Ek is oortuig dat daar eintlik te veel mense op die aarde is, en dat ons kollektief besig is om groot skade aan ons omgewing aan te rig.

Ek wil nie met hierdie inskrywing die hele aangeleentheid rondom aardverwarming debateer nie, en wil doodeenvoudig aanvaar (vir die doeleindes van die spesifieke inskrywing) dat die pole besig is te smelt.

Ek het verder gelees, en seker iewers op TV ook verneem dat met die pole wat smelt, gaan die see styg.

Hierdie spesifieke gevolg – seevlak wat styg – kwel my so ietwat. Op ‘n ander plek het ek gelees dat die ys wat in jou drank smelt, nie die “watervlak”verhoog nie. Dit kon ek nie weet nie, die drank bly gewoonlik nie lank genoeg in my glas dat ek kan bepaal wat die effek van die smeltende ys was nie.

Vanoggend het ek weer iets gelees oor die hele aangeleentheid, en terwyl ek toe in die kombuis kom, dag ek – kom ons maak ‘n eksperiment.

Hier is die eksperiment.

Twee indentiese glase word op die tafel geplaas. Een met ys in, een sonder ys.

Altwee word tot op dieselfde vlak met aanmaakkoeldrank gevul.

Hoekom aanmaak koeldrank?  Om beter te kan sien natuurlik.

Dan kyk ons wat gebeur.

Hier is my observasies, so dat julle dit ook kan sien.

1. Die begin. Een glas het koeldrank met ys, die ander net koeldrank, niks ys nie.

2. Na omtrent 40 minute.

3. Na die Sharks rugby game was al die ys gesmelt.

Die resultaat soos julle duidelik hier kan sien, is dat die koeldrankvlak presies dieselfde gebly het.

As julle dink ek het verneuk, probeer dit self by die huis. Ek weet ek het nie mooi afgemerkte laboratorium maatbekers gebruik nie, maar die eksperiment lyk vir my ok.

Die volgende vraag is dus :

As die koeldrank in die glas op dieselfde vlak gebly het na die ys gesmelt het , hoekom sal die seevlak styg as die pole smelt ?

Moet ek verder eksperimenteer? meer ys gebruik? akkurater metings neem of wat ?

Of was daar fout met my metode of redenasie.

Want vir my wil dit voorkom asof my huis nie onderwater gaan wees nie.

17 antwoorde op Aardverwarming en pole wat smelt

  1. Interressant. Sien die artikel hier, in engels maar goed verduidelik …(dis meer die feit van hoeer temperature as opposed tot meer water van die ys…http://science.org.au/nova/082/082key.htm

    L

  2. vuurklip het gesê op Maart 21, 2009

    Dis heeltemal korrek wat see ys betref – die seevlak sal wel styg indien ys wat op land is, sou smelt – soos die ys op Groenland en op Antarktika.

    Maar gelukkig het die klimaat die afgelope 10 jaar nog nie verder gestyg nie – in weerwil van die IPCC se rekenaarmodel-voorspellings …

  3. mmm….ek het geweet die ys sal nie die drankie se vlak laat styg nie, maar het nog nooit daardie eksperiment met die aarde vergelyk nie. Interessant!

  4. bierman het gesê op Maart 21, 2009

    Ek het net laasmaand my plekkie op die strand verkoop Weet jy dalk wie ek verantwoordelik moet hou. Ek het veiliger as maankind gespeel My nuwe plek is in 6e laan (ses strate van die strand)

  5. Izakdv het gesê op Maart 21, 2009

    Petrus, ja, soos vuurklip sê gaan dit oor die ys op land. Kyk bietjie hoe lyk Kilimanjaro nou.
    En, gelukkig is die aarde oud en geduldig.
    Daar is nog hoop. Maar van daardie atols in die stille oseaan se inwoners is benoud.

  6. diefotoman het gesê op Maart 21, 2009

    Hoeveel honderd jaar dink jy gaan jy nog leef?

  7. Vetjan het gesê op Maart 22, 2009

    Hel spook, ek mag dalk oormôre afklok, maar wat ek wil tog weet omtrent wanneer en hoeveel die seevlak gaan styg.

  8. Vetjan het gesê op Maart 22, 2009

    Hi Izak, atol bewoners het nog altyd probleme, van siklone tot tsunamis. As hulle ou eilandjie oorspoel agv styging van seevlak, sal hulle maar vasteland toe moet seil in hulle kanoes.

  9. Vetjan het gesê op Maart 22, 2009

    Bierman, ek dink spook maak ‘n goeie punt… not in our lifetime.

  10. Vetjan het gesê op Maart 22, 2009

    Ys in die groen koeldrank 🙂

    Ok, ek sien hulle praat nou van al die ys in Groenland en so, maar ek dink riviere soos die Amasone en die Kongo sit meer water in die see as al daai ys wat stadig smelt.

  11. Vetjan het gesê op Maart 22, 2009

    OK, daar is baie land ys, maar sal dit alles smelt, en tweedens hoeveel miljoene liters water spoel daagliks uit die groot riviere in die see, wat van verdamping met die aardverwarming ens.

    So daar is baie vrae.

  12. Vetjan het gesê op Maart 22, 2009

    Sal jammer wees as die ysbere van honger vrek. Gelukkig is hulle goie swemmers, en hopelik sal hulle migreer na plekke met genoeg vis, robbe ens.

  13. Vetjan het gesê op Maart 22, 2009

    Dankie L, sal gaan kyk.

  14. Vetjan het gesê op Maart 22, 2009

    Maankind, julle bly in elk geval te hoog.

  15. DallaSePa het gesê op Maart 22, 2009

    So dink een SKERP mens …

  16. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    LOL !

  17. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    sowaar ja , dankie vir die gawe kommentaar

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.