Hallo Pikkie

Maart 17, 2009 in Sonder kategorie

Stoney punt by Bettiesbaai het ‘n pikkewynkolonie.

Nie so bekend as die een by Simonstad nie, maar dis lekker om op ‘n Sondag soms daar ‘n draai te maak.

Hierdie kêreltjie het sommer teen die plankpaadjie gesit, en was baie ingenome met die fotonemery.

Hiert  jou pikkewyn

Hierdie jonge dame het ‘n geselsie met die twee aangeknoop.

Aangesien ek eintlik op pad was Pringlebaai toe vir ‘n paar krefies, is die ook maar selfoon fototjies.

9 antwoorde op Hallo Pikkie

  1. zette het gesê op Maart 17, 2009

    Ag, is dit nou nie dierbaar nie! Kyk net hoe nuuskierig!! Pragtige foto’s..

  2. kookpunt het gesê op Maart 17, 2009

    Mooi fotos petrus

  3. diefotoman het gesê op Maart 17, 2009

    Daai kolonie het darem goed aangeteel die laaste klompie jare, hulle was altyd net daar voor by die lighuis gewees.

  4. Het hoeka na hulle wel en wee gekyk op TV nou onlangs. Wonder of hulle bewaarders ooit genoeg ondersteuning en erkenning kry van jan alleman

  5. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    Hulle het gepose !

  6. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    Hi Monica, ek dink die ondersteuning is redelik goed.. te midde van al die duisende ander “worthy causes”

  7. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    Hulle getalle is meer, maar die groei is deels ook omdat hulle van ander plekke af wegtrek.

  8. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    dankie Frika

  9. Vetjan het gesê op Maart 23, 2009

    Annabelle dankie 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.