Koffie op ‘n Bloumaandag

Maart 16, 2009 in Sonder kategorie

O Aarde.

Ek hou nogal van koffie. Swart bitter koffie.

Ek het eers na diensplig begin koffie drink. In Biaritz nogal, waar ek espresso ontdek het.
Eintlik nie Biaritz nie maar Angelet, dis waar die jeugherberg was. Ek het daar ook saam met ‘n oulike Franse meisie tenpin bowling gespeel, maar dis ‘n ander storie.

Army tee/koffie het ek nooit gedrink nie. Dis was ‘n soet mengsel met baie melk, en moeilik identifiseerbaar.
Die gerug het ook geloop dat hulle blouvitirjoel ingegooi het, om die vreeslike jagse spul laaities se koerasie in bedwang te hou.
Asof die konstante rondfokkery van die korporaals, die aanhoudende inspeksies, allerhande soorte PT, en slaap deprivasie nie genoeg was om al jou energie in bedwang te hou nie.

As kind het ek verneem dat koffie gee jou vlooie in jou maag, en tee was vir sissies, engelsmanne en tannies.

So voor die ouderdom van 21 het ek nie koffie of tee gedrink nie. Ook nie in die army nie, maar ek het altyd geweet waar die waterkar was…. as daar een was.

Van Biaritz af verder aan het ek ‘n voorliefde vir koffie ontwikkel, en ten spyte van groot argumente van ‘n sigoreiboer, dat sigorei inderdaad lekkerder as koffie is, het daai espresso my smaak knoppies verslaaf.

Nou lees ek op die internet, dit is nie my smaakknoppies nie, maar my brein. Die kaffien beinvloed jou brein en res van jou ook.

“-It blocks adenosine receptors in your brain. Adenosine causes drowsiness, so cells that would normaly be regulated to slow down by way of adenosine actually speed up now.

-Your Pituitary gland sees the cells not slowing down and assumes there is some sort of emergency happening, and it releases hormones into your bloodstream telling your adrenal glands to start pumping.

-Your pupils dilate.

-Your blood pressure rises.

-Your liver releases sugar into the blood stream for extra energy.

-Your hands may get cold.

-Your smooth muscles relax. (Bronchial muscle is smooth muscle. Which is why asthma sufferers are sometimes given caffeine.)

-It takes about 45-60 minutes for it to reach peak levels in your bloodstream.

-Your dopamine re-uptake is inhibited (this is how it’s like cocaine or heroin), and the pleasure centers of your brain are abnormally stimulated.

-Your reaction time to visual and auditory stimuli slows.

-The half-life of caffeine in your system varies depending on the state your body is in.

    * Smoker: 3 Hours
    * Average Human: 5-7 Hours
    * Pregnant Woman:18-20 Hours
    * Newborn Baby: 30 Hours

-Caffeine withdrawal symptoms include headaches that do not respond to pain killers, lethargy, confusion or inability to focus and irritability.

-Mild caffeine overdose (750+ mg or about 7 cups of coffee) of caffeine can lead to dizziness, visual hallucinations (flashes), delirium, diarrhea and fainting.”

 Op ander blaaie daar praat hulle oor al die ander slegte goed. Soos rook en coke (soos in brandewyn, nie soos in Joost nie).

Eintlik is dit niks nuuts nie, en die eksperiment om nou te doen, is om te sien of ek 2 weke lank sonder koffie, en as jy nou besluit om bietjie uit te vars, sommer sonder alkohol ook klaar te kom.

Net as ‘n eksperiment natuurlik, want ek het iewers in ‘n kas meer as 8 liter goeie blits.

Tel rooi wyn as alkohol?

7 antwoorde op Koffie op ‘n Bloumaandag

  1. En dit op ‘n maandag more…….

  2. bigbigjoe het gesê op Maart 16, 2009

    LOL, Petrus. Ten spyte van herhaaldelike pogings deur medici om koffie as die Darth Vader van alle euwels te bewys, is net die teenoorgestelde waar: koffiedrinkers het n laer insidensie van beide kanker en hartaanvalle; moet dus asseblief nie stop nie. Maar bly by goeie goed: espresso, of n outyds-Italiaanse stoofplaat-perkoleerder. Kitskoffie het te veel bykomende rommel, en die filters vir filterkoffie beroof jou van al die flavinoiede wat goed is vir jou.

    En NEE: rooiwyn tel nie as alkohol nie, mits jy by twee glase per dag hou.

  3. Vetjan het gesê op Maart 16, 2009

    Ja, maar ek het die inskrywing eers gedoen NA ek 2 koffies gedrink het, en onder die invloed van kaffien kan mens sulke inskrywings maak.

  4. Vetjan het gesê op Maart 16, 2009

    Goeie nuus BBJ, baie goeie nuus !!!

  5. Vetjan het gesê op Maart 16, 2009

    Dankie Maankind vir die goeie raad.

  6. kookpunt het gesê op Maart 16, 2009

    Hoekom is die lekker goed altyd so sleg vir ‘n mens?

  7. Vetjan het gesê op Maart 16, 2009

    Frika , gelukkig verneem ek nou dat koffie eintlik goed is vir jou !!!

    Nav BBJ se raad het ek coffee health benefits gaan google, en dis regtig goeie nuus !!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.