Katte – waarskuwing , bevat F woorde.

Maart 14, 2009 in Sonder kategorie

Ek is allergies vir katte.

Hulle laat my jeuk, swel en my oë traan.

Ek verwys nou na jou gewone huiskat.

Groot katte, soos leeus is ok. Kwaadkatte laat soms my oë traan.

Verder is ek ook ‘n kat magneet.

Gaan sit ek iewers in ‘n vertrek met baie mense en ‘n kat, is dit een twee drie, en die kat het op my ingezoem.
Die katte het een of ander affiniteit vir my, ek verstaan nie heeltemal hoe dit werk nie.

Intussen het iemand het Firefox aanbeveel as ‘n goeie web “browser”, ek het dit afgelaai, en ook op “Stumble”afgekom.
Daarmee strompel jy voort deur die internet deurdat jy dit voer met jou belangstellings.

Een so belangstelling is fotografie. Let wel NIE fokken KAT fotografie nie, nie “cute” fotografie nie, net FOTOGRAFIE.

En die vet weet, aanmekaar gooi Stumble vir my donnerse kat fotos. Aanmekaar sê ek vir Stumble nee, hou op, ek soek nie fokken kat fotos nie.

En aanmekaar hou Stumble aan om die fotos te gooi.

Kyk nou weer hier:

Ek weet dis baie oulik en “cute” en “sweet” en alles, maar verstaan nou, ek is allergies vir katte. Dit is ‘n mediese toestand.

Al kom hulle oor die internet by my aan.

Ek wonder of ek liewer by stumble moet intik “kwaadkatte”, miskien sal dit beter werk.

2 antwoorde op Katte – waarskuwing , bevat F woorde.

  1. loudavisi het gesê op Maart 14, 2009

    Het nie katte nie en katte hou nie van my nie – dink ek.
    Ek gaan gou kyk hoe werk die stumble storie.
    Lekker lieflike dag by die see vir jou.

  2. DeViL010 het gesê op Maart 16, 2009

    LOL… selfs die internet katte terroriseer jou…. shame man!!!

    Lekker week…. hopelik katloos!!!

    :>)))

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.