Mercurochrome

Maart 10, 2009 in Sonder kategorie

Die rooi goed.

Ons ken dit almal, ons het dit gehad toe ek klein was. Ek het vandag nog ‘n botteltjie in die kas, en het onlangs daarvan gebruik. Nie dat ek ‘n groot mercurochrome ou is nie. Daar is goed wat beter werk.

Ek het nou die dag daarvan gebruik, en het interresantsheidshalwe op wikipedia gaan kyk wat in mercurochrome is.

Blykbaar bietjie kwik in, “mercury”, kwik is giftig. Maar dit is ‘n vorm van kwik, ‘n soort binding. In die oorlog het hulle al chloor gas gebruik as ‘n wapen, maar ons gooi chloor in die swembad, en tafelsout is natrium chloried. So gif in een vorm is nie noodwendig gif in ‘n ander vorm nie. 

Die Amerikaners het in 1998 besluit om dit te verbied. Sover ek weet het niemand nog ooit mercurochrome vergiftiging opgedoen nie, altans nie as hulle dit op snye en skrape aangewend het nie. As jy dit drink sal jy seker iets daarvan oorkom. Jy sal beslis rooi kak.

In die res van die wêreld, hier ook, is dit beskikbaar en goedkoop.

Wat wel sin maak is dat mercurochrome aanvanklik ‘n infeksie verberg. Alles is mos rooi.
Aan die anderkant kan mens redelik gou voel as ‘n wond begin sweer, en wie gebruik in elk geval mercurochrome vir ernstige seerplekke?

Maar kan jy glo, die Amerikaanse FDA het die produk van die rakke laat haal.

2 antwoorde op Mercurochrome

  1. adup het gesê op Maart 10, 2009

    My skoonma het altyd van daai goed (spuitblikkie) voor haar bed gehad.Een nag was daar vreeslik muskiete en sy gryp in die donker na die Peaceful Sleep….net om die volgende oggend te sien sy het my skoonpa bloedrooi bespuit in die nag!

  2. kookpunt het gesê op Maart 10, 2009

    Ek dink nie as jy dit matig gebruik sal dit skadelik wees nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.