Soms

Maart 9, 2009 in Sonder kategorie

Saterdag was so dag. Die elemente het bymekaar gekom.Selfs die rugby, vir Bulle ondersteuners!
Net, ek is nie ‘n bulle ondersteuner nie , en soos verwag het die Stormers verloor. Darem nie te ver nie.
Sondag natuurlik, het die Rapport ook soos verwag aan gegaan om Joost en Mike Bolhuis se name verder te vergat, maar dit is van mindere belang.

Soos voorspel was die see Saterdag mooi. Ek kon nie vroegoggend gaan duik nie. ‘n Paar ander dringende sakies het opgeduik, maar toe darem vroegmiddag by die duikery uitgekom.

‘n Windstil plat see het lê en wag. Dit was regtig een van daai dae. Die see het soos ‘n dam gelê. Selfs die deining het gesak na ‘n meter, miskien minder. Die see was vol, dit was hoogwater.

Hoogwater kan soms sy voordele hê. Daar is ‘n spesifieke stukkie rif wat met laagwater sy tande wys. Met laagwater is dit te vlak om daaroor te swem, en die branders daar sal mens ook simpel slaan sou jy daar beland. Met hoogwater, en ‘n platterige see kon mens daar in. ‘n Paar branders het nog steeds deurgekom, en sake erg deurmekaar gespoel, maar grotendeels kon mens die diep skeure in die rif bekyk.

En dit was ‘n louter plesier. Ek het my sak gepak, propvol, in omtrent 20 minute.

Terug aan wal skud jy uit en sorteer.

Kleintjies gaan terug water toe.

Mens kan ook model speel saam met die manne met die rooi bolwange.


‘n Gawe Satermidddag se vangs.

Die Stormers se verloor het nie eers soveel saak gemaak nie, ek weet ook nie of dit verslawing is nie, maar na die koue water, en die bietjie oefening kry jy so lekker ontspanne gevoel terwyl jy terugleun met die 2de versterkwatertjie.

8 antwoorde op Soms

  1. DeViL010 het gesê op Maart 9, 2009

    Jis nee kyk julle kapenaars het darem die beste voordele wat daar sekr kan wees…… U LUCKY FISH?

    So ou kreefie sou darem maar lekker gesmaak het hier in Swaziland…. Geniet!!

    :>)))

  2. diefotoman het gesê op Maart 9, 2009

    Mooi krewe wat julle so vashou, maar die krewe in die cooler lyk so bietjie meer as kwota, ek hoop daar was darem genoeg permite. Het jy in die koerant gesien die storie wat Sparks Esthuizen en seun gehad het met die perlemoen stropers en die polisie?

  3. zephur het gesê op Maart 9, 2009

    Nou verlang ek na die see en sy gawes….

  4. Vetjan het gesê op Maart 9, 2009

    Spook, 4 mense, 16 krewe. So dit was ok.

    Maar mens kan natuurlik ‘n ander som ook doen. Daar is omtrent 62 of 63 dae ‘n jaar waarop jy kreef kan vang.

    Teen 4 per dag, gee jou dit jou so 250 krewe per jaar.

    Ek trek nou seker by omtrent 50 krewe op my permit vir die jaar.

    So dit is seker nog ok?

  5. Vetjan het gesê op Maart 9, 2009

    Dankie Achilles, en hulle was nogal lekker.

  6. Vetjan het gesê op Maart 9, 2009

    Gelukkig is Swaziland maar ‘n klipgooi ver van die lieflike Mosambiek se see ….

  7. Vetjan het gesê op Maart 9, 2009

    Zeppie 🙂

  8. diefotoman het gesê op Maart 9, 2009

    Daai tweede som van jou werk nie, die ouens maak staat daarop dat jy net een derde op die uiterste van jou kwota gaan kan uithaal.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.