Slangstorie

Maart 9, 2009 in Sonder kategorie

‘n Middagete afspraak het groot vermaak/konsternasie verskaf toe Andre die slangvanger ‘n draai by die watergat gemaak het met sy vangs.

Vanoggend kry hy ‘n oproep van ‘n plaas hier naby. Daar is ‘n kobra in die skuur. Andre het die geelslang toe gevang.  Hierdie spesifieke watergat, die “Buitesteen” in de Kelders het ‘n baie gawe “pub lunch” vir omtrent R 20.00 (‘n baie lekker Rib Burger), Vis en Chips vir omtrent R 25 ens.

Slangvangery maak mens honger en dors, en in Andre se geval kan jou gou ‘n Castle milk stout wegsluk.

Natuurlik is daar iemand daar rond wat toe wil weet wat in die sak is.

“‘n geelslang”

” ag twak man”

” Ok, ek wys jou ! “

Hy wys toe dat hy wel ‘n geelslang in die sak het.

Al wat kort is die fluit.

Die geelslang strip sy moer, en dinge raak vir ‘n oomblik opwindend.

Hy vang die slang weer aan die stert , en kalmeer die situasie.


Terug sak toe met die slang

Notas:

1. Slangvangers is oor die algemeen ietwat eksentriek.
2. Andre hierbo is al vir meer as 40 jaar ‘n slangvanger.
3. Ek het die fotos met ny selfoon geneem, verskoon dus die gehalte daarvan.

9 antwoorde op Slangstorie

  1. loudavisi het gesê op Maart 9, 2009

    Die man speel met satang!!
    Dis mos gevaarlik…maak dood!!

  2. Vetjan het gesê op Maart 9, 2009

    haai nee Lou, die berg hier agter, in die fynbos is waar hy die slang losgelaat het.

  3. maninblack het gesê op Maart 9, 2009

    Hehe, ek sien nie juis veel ouens in die pub op daardie stadium nie.

  4. Vetjan het gesê op Maart 9, 2009

    hahaha, reg ja, die ouens het redelik deur se kant toe gevlieg toe die geelslang te voorskyn kom. Behalwe die een toppie op die stoel, hy het alles omtrent ignoreer en sy dop net gedrink.

  5. Vetjan het gesê op Maart 9, 2009

    therina , dit is presies wat almal gedoen het.

  6. Sjoe, dis ‘n slang en ‘n half. Ek neem aan die foto’s kom met ‘n warning uit? Do not try this at home. 🙂

  7. diefotoman het gesê op Maart 9, 2009

    Ek weet van een pub wat ek nooit ooit besoek nie.

  8. kookpunt het gesê op Maart 10, 2009

    Baie interesaante foto verhaal die.Bly ek kan sien hou lyk die man. Sal wegloop as ek hopm sien

  9. DeViL010 het gesê op Maart 10, 2009

    OMW!!!! Ek sou daai meneer beslis nie met my besempie aangedurf het nie!!!
    Jou foto’s is glad nie so slegi hoor…

    :>)))

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.