Vrydagmiddag

Maart 6, 2009 in Sonder kategorie

Hier by my is dit vanmiddag warmer as gister.

Alles te make met die suidoos. Gister was daar ‘n varsie briesie, vanmiddag niks, so dit temperatuur stap aan deur die dertigs goed op pad veertig toe.

Windfinder se voorspellings vertel my meer as die SA weerburo se werf. Ek gebruik die twee maar saam. Môre is in elk geval nie moeilik nie. Daar gaan bykans geen wind wees nie. Die deining, maw die golwe op die oop see, is ook besig om bietjie te bedaar. Eintlik gaan die see môre nog skop hê, maar dis ok.

Môre is Saterdag en kreefdag. Ek dink Sondag ook. Die wat wil kreef hê sal maar môre saam by die see in Hermanus moet wees met vloeibare versterkmiddels vir Petrus.

Ek oorweeg nog om die Sharks Blues game te kyk, maar eintlik wil ek vroeg al in die water wees.

Die belangrike wedstryd môremiddag, vir my, ‘n stoere WP ondersteuner, is natuurlik die wedstryd  5 uur op Loftus. Ek is baie lief vir die WP, maar op hulle vertoning tot dusver het ek ernstige bedenkinge of die Stormers die pyp gaan rook. Teen die tyd hang die valbyl ook al seker millimeters bokant Rassie se nekslagaar. Ons sal maar sien.

Ek wonder of Joost môre kommentaar gaan lewer. Ek sien Mike Bolhuis het weereens met niks vorendag gekom nie. Verlede Vrydag sou hy mos met die hele sak patats vorendag gekom het, maar nee, dit was net “strategie”.  Eintlik wou hy net die dotjies op die i’s sit en die strepies deur die t’s . Die volle waarheid sou gister ontbloot wees.

Mike Bolhuis en Melinda Shaw ( redaktrise van Heat) se stories bots lynreg. Iemand is besig om borrels te hap, en jammer om te sê, dis borselkop Bolhuis was aanmekaar sy storie verander. Miskien moes Joost eenvoudig na ‘n baie goeie spindokter gegaan het.  As Ou Karolus nou nie so lelik droogemaak het met die huishuur en die doctorandus besigheid nie kon hy dalk namens Joost stories gespin het.

Maar nouja, ons sal Sondag in Die Rapport seker op datum gebring word oor al die sport en die sports.

Lekker naweek vir almal.

7 antwoorde op Vrydagmiddag

  1. Berwick het gesê op Maart 6, 2009

    Petrus, ek stem saam met jou oor die Bolhuis-ding.

  2. diefotoman het gesê op Maart 6, 2009

    Sondag is kreef dag vir my.

  3. loudavisi het gesê op Maart 6, 2009

    Oor hitte – nee wag, sal maar niks se nie!
    Oor Joos, ek hou my opinie vir myself en die nadeel is, as alles op die lappe kom, kan ek nie se i told u so nie!!
    Maar ek weet wat ek weet.

  4. Vetjan het gesê op Maart 6, 2009

    O aarde Lou, moenie vir my sê ou Joos het daar in julle wêreld ook sports gemaak nie !!!!

  5. Vetjan het gesê op Maart 6, 2009

    net net , maar darem

  6. Vetjan het gesê op Maart 6, 2009

    so moet ‘n bek praat

  7. Vetjan het gesê op Maart 6, 2009

    Berwick, netso

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.