Jy blaai in die argief vir 2009 Maart.

Varsity cup en my dorp se kuierplekke

Maart 30, 2009 in Sonder kategorie

Ek het ‘n TV en ‘n dvd speler.

As ek ‘n fliek wil sien, neem ek ‘n DVD uit, of as die movie wonderlike propaganda ens het, ry ek Kaap toe en gaan kyk dit op die big screen.
Vanaand egter wou ek gaan kyk hoe speel Maties teen die Pukke. Noodwendig by ‘n bar innie dorp.
Spesifiek die bar met die beste groot skerm, die betrokke bar is die “saloon”. Nie net het hulle die beste TV screen nie, ook het hulle die aangenaamste bar tenders. Vroulik. Natuurlik. Maar oraait bar girls.
Die probleem is dat hulle 200g steak R 59.00 kos. Aangesien ek my gewig fyn dop hou eet ek 200 g steaks… net met slaai.. niks chips of so nie. Die 2 de watergat in my gawe dorp, het ‘n 200 g steak uit die boonste rakke vir R 45.00.
Nadat Maties, soos dit hoort, die Pukke die loef afgesteek het.. ook soos dit hoort, skuif ek toe oor na die R45.00 steak plek toe. Maar o wee !!!! Met die intrapslag daar sit hulle skarimba op die hifi set.
Nou kyk skrimba en enige ander liedjie met woorde soos bokkie, sokkie, rokkie, klokkie, lappie, pappie, mamma ens, gee my ‘n kramp. Terwyl dit die goeie reg  en voorreg van die eienaars en kliënte van sulke plekke is om sulke kak musiek te speel ( insluitende enige nommer van Wikus van der Merwe) hoef ek nou nie eintlik daarna te luister nie. Ek het die aangeleentheid vir omtrent 15 sekondes lank bespreek met die kroegmeisie, noodwendig het sy my in volle besonderhede afgelag, en aangegaan om voorafgenoemde musiek te speel.
So by so is geen ander keuse aan my oorgelaat om ene Gus se establishment ” Joys Kichen” te besoek nie. Eintlik is Gus ook maar ‘n doos, maar dit is nie regtig van belang nie. Van baie groter belang is die feit dat ek in sy restaurant ‘n bottel redelike pinotage kon aanskaf vir R 25.00. Dit is vir die bottel ! ‘n Drinkbare wyn. Die 200g rump steak was R 5.00 meer as skrimba restuarant ” Die Buitesteen” se prys van R 45.00, maar die groente was ingesluit vir die prys. So met groente en slaai …. en ek sal eerlik wees, loshande die beste steak wat ek in ‘n BAIE lang tyd in ‘n restaurant geëet het, was die prys R 50.00. “n Beter deal as dit kan jy nie sommer kry nie. Selfs al braai jy by die huis gaan jy sukkel om beter te doen… ok uitgesonder natuurlik my beroemde kreefbraaiery.. maar dit is ‘n ander saak.
 Dis al.

Abe oor BEE

Maart 30, 2009 in Sonder kategorie

Eintlik het hy gepraat oor welvaartskepping.

Die doel van BEE is tog eintlik welvaartskepping, en dit maak nie saak watter kant toe jy die waarheid wil manipuleer of draai nie, van die basics gaan jy nie wegkom nie.

Watchmen

Maart 27, 2009 in Sonder kategorie

“Watchmen” is rated R (Under 17 requires accompanying
parent or adult guardian). It has extreme violence, a naked blue man
and some superhero sex.

Dr Manhattan, die blou man (kaalgat)

Ek het die movie gaan kyk want ek was op my dag nogal ‘n redelike comic leser.

As jy ooit wil sien hie sny hulle ‘n ou se arms met ‘n grinder af, moet jy die movie gaan kyk. Dis amper so goed soos die toneel waar Robocop die ou wat in die chemical waste geval het, met die kar raakry.

As grafiese geweld jou onstel moet jy glad nie hierna gaan kyk nie.

Daar is ook so bewegende glas paleis/masjien op Mars, en die skurk se vesting is by die Suidpool.

Die fliek is beslis nie vir almal nie, maar ek het dit interessant gevind. Ek sien die fliek resensente skiet dit redelik af, maar dit is ‘n kultus fliek.

Spesiaal vir Tilda

Maart 26, 2009 in Sonder kategorie

Ek verander hierdie inskrywing want ek is die een te vinnig en verkeerd gelees het.

**Hey Tilda, my blog traai nie om akademies te wees nie, gaan lees die bliksemse inskrywing. **

Ok , hierdie is te kwaai, maar hou in gedagte dat die gewone ou ook Litnet akademies kan lees as hy wil, en enige plek waar hy/sy wil kommentaar kan lewer.

**My blog is nie veronderstel om aan enige akademiese standaarde te voldoen nie, dit dryf eerder die spot met gekunsteldheid, en die invoer van woorde, veral anglisismes en Franse woorde om meer intellektueel te klink. Joan Hambidge is baie lief daarvoor, en dis haar goeie reg om dit te doen, en my goeie reg om dit raak te sien en te dink dis aansitterig. En dit te sê ook as ek wil.**

Ek wil net bylas dat ek nog steeds Joan Hambidge se goed lees en geniet, al is sy lief vir haar anglisismes.

*Ek is nie in die minste beindruk met jou lagwekkende brief op Sênet nie.*

Die een trek ek terug, Jou brief op Sênet is ok. Ek vra om verskoning.

*Dit is tog voor die hand liggend dat dit leke kommentaar is, en die “take” van ‘n gewone ou wat die dwarsklap wat Reinhardt Fourie aan Jackie Nagtegaal gee, amusant vind.*

mens moenie die vanselfsprekende beklemtoon soos ek hierbo gedoen het nie.

Daardie spesifieke inskrywing was juis ‘n bloginskrywing, blogs leen hulleself tot ‘n kakpratery. Mens moet gaan kyk watsesoort blog jy mee te make het.

Die ernstige mense kan mos die ding bespreek op Litnet akademies. Ander verkies die effens gemodereerde Sê. En plebs soos ek skryf in die anargistiese blogosfeer.

Kanon

Maart 26, 2009 in Sonder kategorie

Na aanleiding van die vorige inskrywing oor Palindroom ( ‘n getal wat van links en regs dieselfe lees soos 1221) was almal, ekself die meeste, deurmekaar oor die woord kanon.

Ek het oudergewoonte wikipedia maar weer gaan raadpleeg. “Canon” ingetik, in die literêre sin van die woord.

Hier is dit in Engels dan:

The word “canon” originally meant the books which the Catholic Church
officially chose to be included in the Bible; by extension, it means
the authoritative “holy writ” of a fictional universe. However, the
practice of defining a “canon” within a fictional world derived from the concept of a literary canon, a specified collection of works considered to be both representative and the best of a particular form, genre or culture.
In that more common use of the word, works forming a canon do not have
to bear any relation to each other, apart from their high quality or
historical influence.

The use of “canon” to describe the degree to which a work adheres to
the standards of its fictional world, appears to have originated
amongst devotees of the Sherlock Holmes stories, as a way to distinguish between the original works of Arthur Conan Doyle
and adaptations of those works or original works by other writers
utilising related characters and settings. However, much of the
interest in and controversy over issues of canonicity have appeared in
recent decades in the fan followings of films and television shows, such as science fiction franchises Star Wars and Star Trek.

When the body of work nominally set in the same fictional universe
becomes large enough, it can happen that new material, such as might be
found in spin-off television shows, prequels
and books, contradicts earlier material. Such contradictions may be a
result of bad research, or an attempt to revise, correct or retcon
a perceived error in earlier material. The question is which material
to favour and which to ignore when attempting to resolve all the
material into a consistent whole. Two simple approaches are the
“principle of first mention” in which information in the original work
provides a foundation which later material must respect, and the revisionist model in which the latest work always supersedes earlier material. However, the situation can be much more complicated.

Palindroom en Kladboek

Maart 24, 2009 in Sonder kategorie

Daar gaan lees ek toe amper Reinhardt Fourie se hele artikel deur. Dit is op Litnet akademies.

Die produksiegehalte van Palindroom en Kladboek deur Joan Hambidge as gevallestudies binne die uitgewersbedryf

Genugtig !   🙂

Hy praat oor allerhande spelfoute, kommas, punte en daar is ‘n spul woorde wat ek nie eers verstaan nie.

Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls is darem nog steeds die Bybel. My st 8 onderwyser sal seker bly wees om dit te hoor.

Verder sê hy Jackie Nagtegaal is nie ‘n watswonderse redakteur nie.

Ten minste verduidelik Reinhardt nogal met ‘n diagram die produksieproses van ‘n boek. Hy bespreek dit ook, so mens leer darem iets.

Vir ‘n “rookie” skrywer, of iemand wat net nog daaraan dink om eendag ‘n boek te skryf is dit eintlik ‘n interessante artikel, want dit verduidelik nogal die hele besigheid. Ek sien ook niemand weet eintlik presies wat se ding ‘n redakteur is nie. Fokkit, maar hulle kan darem verwarrende goed uitdink as hulle wil.

Wat ek net wil weet is hoekom praat hulle altyd van oeuvre as hulle na ‘n skrywer se werk verwys ? en wat de fok is “kanon”?  Ek het altyd gedag dis iets waarmee hulle in die oorlog skiet.

Die Perlemoen

Maart 22, 2009 in Sonder kategorie

Ten spyte van sy beste pogings kon die agbare minister die afgelope jare niks vermag teen die sistematiese stropery van perlemoen nie.

Aangesien die gewone ou, dis nou ek en jy, nie eers in die see mag swem met enige “verbode” items nie, bv duikbril en paddavoete, tussen Gansbaai en Quin punt nie, het ek vandag oudergewoonte maar naby Onrus in die water gespring.

Daar is ‘n spesifieke kolletjie waar mens mooi krewe kan uithaal. Nie soos sê maar verlede Sondag by Pringlebaai waar jy tussen duisende klein krefies moet rondkrap om na ‘n uur 4 te kry wat “size” is nie.

en “size” is glad nie meer ‘size” nie. Die nuwe “size” is 8 cm, vantevore was dit 8.9 cm. Hoekom hulle dit voorheen 8.9 en nie 9 gemaak het, weet ek ook nie. Wat is tog in een millimeter.

Nietemin, die “size” is nou 8 cm.

Deesdae is die perlemoen omtrent weg.

Die bamboes groei ruig. Sien, ‘n perlemoen is ‘n soort slak. Een met ‘n baie stewige aptyt. Hulle het altyd die bamboes groei bietjie in toom gehou. Die klein bamboesies, daar onder op die bodem.

Baie irritrend om  tussen hierdie klein bamboes rond te krap vir kreef. Veral as daar nog ‘n stewige deining is. Soos vandag. Natuurlik het ek genoeg kreef uigehaal, maar dit was irriterend en effens van ‘n “mission”.

Met al die rondgesnuffel tussen die skeure, krake, en die donnerse kort bamboes, kom ek toe op ‘n enkel perlemoen af. Nie sommer enige perlemoen nie. ‘n Sopskottel.

Daar is nie ‘n ander perlemoen naby nie. Hierdie perlemoen gaan nie kan voortplant nie. Daar is eenvoudig nie ander perlemoene eers naby nie.

As julle wil sal ek nog presies verduidelik hoe perlemoene voortplant, dis nogal interessant. Altans vir my is dit. Ek kan ook verduidelik hoe weet jy of dit ‘n mannetjie of ‘n wyfie is. Op ‘n ander dag. Ek sal fotos en goed ook gaan neem ter illustrasie. Later.

Terug by die sopskottel.

Die groot eensame perlemoen. Sal nooit weer kan voortplant nie. Hy woon alleen in ‘n skeur.

Kan ek hom maar gaan uithaal?

Dit is onwettig. Kortbroek se hart sal seker baie seer wees, nie oor die perlemoen nie, nevermaaind…..

Die perlemoen sit daar. Ek mag hom nie uithaal nie. Die Hawstonners en Blomparkers stroop lustig voort. Die bron het vier jaar gelede reeds in duie gestort.

So, sal ek nou daai perlemoen gaan uithaal of sal ek hom maar los dat iemand anders hom gaan uithaal?

See glimlag

Maart 22, 2009 in Sonder kategorie

Gister het die wind nogal gewaai, maar vandag glimlag die see.

Ek is nou eers op pad na die onderwaterwêreld, maar hier is 2 mooi fotos van die see wat “smile”.

Hierdie is nie my fotos nie, het op hulle ge “stumble”.

Aardverwarming en pole wat smelt

Maart 21, 2009 in Sonder kategorie

Ek is oortuig dat daar eintlik te veel mense op die aarde is, en dat ons kollektief besig is om groot skade aan ons omgewing aan te rig.

Ek wil nie met hierdie inskrywing die hele aangeleentheid rondom aardverwarming debateer nie, en wil doodeenvoudig aanvaar (vir die doeleindes van die spesifieke inskrywing) dat die pole besig is te smelt.

Ek het verder gelees, en seker iewers op TV ook verneem dat met die pole wat smelt, gaan die see styg.

Hierdie spesifieke gevolg – seevlak wat styg – kwel my so ietwat. Op ‘n ander plek het ek gelees dat die ys wat in jou drank smelt, nie die “watervlak”verhoog nie. Dit kon ek nie weet nie, die drank bly gewoonlik nie lank genoeg in my glas dat ek kan bepaal wat die effek van die smeltende ys was nie.

Vanoggend het ek weer iets gelees oor die hele aangeleentheid, en terwyl ek toe in die kombuis kom, dag ek – kom ons maak ‘n eksperiment.

Hier is die eksperiment.

Twee indentiese glase word op die tafel geplaas. Een met ys in, een sonder ys.

Altwee word tot op dieselfde vlak met aanmaakkoeldrank gevul.

Hoekom aanmaak koeldrank?  Om beter te kan sien natuurlik.

Dan kyk ons wat gebeur.

Hier is my observasies, so dat julle dit ook kan sien.

1. Die begin. Een glas het koeldrank met ys, die ander net koeldrank, niks ys nie.

2. Na omtrent 40 minute.

3. Na die Sharks rugby game was al die ys gesmelt.

Die resultaat soos julle duidelik hier kan sien, is dat die koeldrankvlak presies dieselfde gebly het.

As julle dink ek het verneuk, probeer dit self by die huis. Ek weet ek het nie mooi afgemerkte laboratorium maatbekers gebruik nie, maar die eksperiment lyk vir my ok.

Die volgende vraag is dus :

As die koeldrank in die glas op dieselfde vlak gebly het na die ys gesmelt het , hoekom sal die seevlak styg as die pole smelt ?

Moet ek verder eksperimenteer? meer ys gebruik? akkurater metings neem of wat ?

Of was daar fout met my metode of redenasie.

Want vir my wil dit voorkom asof my huis nie onderwater gaan wees nie.

Hallo Pikkie

Maart 17, 2009 in Sonder kategorie

Stoney punt by Bettiesbaai het ‘n pikkewynkolonie.

Nie so bekend as die een by Simonstad nie, maar dis lekker om op ‘n Sondag soms daar ‘n draai te maak.

Hierdie kêreltjie het sommer teen die plankpaadjie gesit, en was baie ingenome met die fotonemery.

Hiert  jou pikkewyn

Hierdie jonge dame het ‘n geselsie met die twee aangeknoop.

Aangesien ek eintlik op pad was Pringlebaai toe vir ‘n paar krefies, is die ook maar selfoon fototjies.