Op die haai se spoor
Februarie 13, 2009 in Sonder kategorie
Dit werk so:
Die haai was eers gevang en gemeet. Daarna is 3 soorte merkers aan haar vasgesteek net agter die rugvin. Dit is maar dieselde as ” body piercings”, oorbelle, neusringe ens. Haaie het eintlik beter weefsels as mense as dit kom by ringetjies en pennetjies vassteek.
Een van die merkers is ‘n klank sendertjie, wat ‘n “ping” op ‘n bepaalde frekwensie uitstuur.
Op die bootjie het ons weer ‘n soort water mikrofoon, ‘n hidrofoon, waarmee mens na die pieng kan luister as jy naby genoeg is. Daar is verder ook ‘n meter wat seinsterkte aandui. By 100 is die haai reg onder die boot. Baie rofweg is die haai omtrent 60 of 70 meter weg as die seinstrekte in die veertigs lees.
Ons probeer heeltyd ‘n seinsterkte van so 70 kry.
Die haai swem natuurlik heeltyd rond, en het laasnag redelik ver in die rivier opgeswem, ‘n draai gemaak, en toe weer stroom af geswem. Sy stel baie belang in vissersbootjies, haar gunsteling kos is uiteraard vis. Nee, mense is baie beslis nie op die spyskaart nie.
Ek moet ook beslis byvoeg dat verreweg die meeste vissermanne op die rivier baie belangstellend en vriendelik is. Per slot van sake is dit “hulle” haai, en die gedagte om aan te moedig is dat die haaie ‘n bate vir die omgewing is.
Die situasie is miskien vergelykbaar met luiperds in die berge. Soms word vee gevang, en sommige boere stel voor die voet slagysters. Aan die anderkant is vrylopende luiperds ‘n bedreigde spesie en mens wil nie graag sien dat hulle uitsterf nie.
Die see is ook nie die land nie, en Zambezi haaie ding nie mee met vissermanne wat werklik ‘n lewe uit die see moet maak nie.
Onlangse kommentare