RAM FEST
Februarie 27, 2009 in Sonder kategorie
Die Jaagduiwel (17) het vir homself ‘n lift georganize Ramfest toe saam met ouer girls. So om en by 22 en 23. Hulle vertrek al vanmiddag Nekkies toe. Dis net buite Worcester.
Vir die wat nie weet nie, die Ramfest is een van die voorste rockfeeste in die land.
Ek sou ook nie omgegee het om saam met ‘n paar girls van so 23 of daar rond te gegaan het nie, hel hulle kan for that matter maar 32 of 42 ook wees 🙂
Ok girls, voordat julle nou in julle karre spring om my te kom oplaai, ek het ander planne die naweek. Besides, ek en die Jaagduiwel het ‘n losse verstandhouding dat ek nie sal opdaag by allerhande events en partyplekke waar hy ook teenwoordig is nie. Sal hom moontlik selfbewus maak en sy style cramp.
Ten minste kan ek sien dat sy prioriteite en organisasievermoë reg is.
Ek het op die Ramfest website probeer sien watter bands gaan optree… maar daai gedeelte van die werf is nog under construction: www.ramfest.co.za
monicahaddad het gesê op Februarie 27, 2009
Is jy ernstig oor die haaie? Jy weet dis nou my wêreld die Breeriviervallei en ek moet paraat wees?
Vetjan het gesê op Februarie 27, 2009
Hahaha, Monica… die haaie gaan nie verder rivier op as Malgas nie. Julle ouens verder op teen die rivier kan maar ontspan.
zephur het gesê op Februarie 27, 2009
Sjoe die mannetjie kan organiseer….girls van 22-23.
zephur het gesê op Februarie 27, 2009
Man die mense gaan S.., D…. and Rock and Roll.
Moenie worry nie Petrus alles sal fine wees.
Vetjan het gesê op Februarie 27, 2009
Ja Zeppie hy kan. ‘n byvoordeel daarvan as jy ‘n ouer suster het… ousus is miskien eers landuit, maar haar maatjies is nie.
Vetjan het gesê op Februarie 27, 2009
Zeppie, ek is nie geworried nie, ek is fokken jaloers.
maninblack het gesê op Februarie 27, 2009
Klink vir my Rammetjiie uitnek…
Vetjan het gesê op Februarie 28, 2009
Dit werk eintlik andersom.Respek het baie daarmee te doen.