Waar ‘n rokie draai ?

Februarie 20, 2009 in Sonder kategorie

Vanoggend in Die Burger is daar 2 stukkies waar Joost ter sprake kom.

Vroulief Amor sê ietsie, en dan is daar ook ‘n onderhoud met Die Rapport se nuwe redakteur.

Ek wonder nou net : hoekom wou Joost eers na die gewraakte video kyk?

Dis mos maklik, as jy nie met die danseresse gejôl het nie dan weet jy mos jy het nie met die danseresse gejôl nie.. dis maklik.

Die ander gerug wat hier in die Kaap rondloop … blykbaar afkomstig van die dames van die nag daar in Seepunt se wêreld, is dat een van hulle gereelde gaste ‘n beroemde rugbyspeler uit die noorde is… een wat op die TV ook is…

Dit laat mens alles wonder.

en hoekom moes ou Joost eers na die video kyk voor hy wou sê dis nie hy nie …….

6 antwoorde op Waar ‘n rokie draai ?

  1. hutton het gesê op Februarie 20, 2009

    😉

  2. jong, ek is een van daardie “ja dit is hy” dan kyk ek weer dan dink ek “nee jong, ek weet darem nie” en dan kyk ek weer en dink “maar dit lyk so baie soos hy”. tog dink ek altyd waar ‘n rokie trek is daar een of ander vuurtjie.

  3. Dis ‘n goeie punt, Petrus.

  4. Vetjan het gesê op Februarie 22, 2009

    Hierdie nuwe redakteur van Rapport, Liza Albrecht lyk vir my wawyd wakker. Sy is nogal seker van haar storie.

  5. philvr het gesê op Februarie 23, 2009

    Ja, dis n ou video.
    Seker to die man nog wild en van die weste was,
    nou is hy oud en getroud.
    Ons sal maar wag en sien,
    PvR

  6. Ja, vra dit. ‘n Benoude kat maak benoude spronge….?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.