Nog bietjie Breërivier nuus
Februarie 16, 2009 in Sonder kategorie
Die haai het vanmiddag tot by Malgas geswem. Dit is baie hoog stroomop, en mens sou nogals nie dink dat daar sy so ver stroomop sou swem nie. Aan die anderkant moet mens onthou dat Zambezi haaie al meer as 100 km in die Zambezi rivier op geswem het.
Die Breederiviermond. Infanta, geneem vanaf Witsand.
Die hidrofoon – water mikrofoon.
Close-up van die instrument.
Die “magic box”, dit het tot ‘n ingeboude “GPS” sodat jy posisies kan log.
Seinsterkte is 76 , dis goed, die haai is naby.
Al wat ek verder wil sê is dat soos julle kan sien was die geselskap meestal vroulik, waaroor Petrus geen klagtes hoegenaamd het nie.
plesierig het gesê op Februarie 17, 2009
Ek is seker jy het die opoffering van vroulike geselskap met ‘n glimlag gedoen!
loudavisi het gesê op Februarie 17, 2009
Dit lyk so lekker koel daar.
Ons smag na ‘n briesie.
Wanneer gaan die hittegolf padgee?
abrham het gesê op Februarie 17, 2009
ek dag die haai is in die water?
abrham het gesê op Februarie 17, 2009
petrus, laat ons ons besig hou met dinge wat stig …?
Aproqueen het gesê op Februarie 17, 2009
Sjoe dis pragtige fotos… ek is seker jy het die heel lekkerste werk ini hele wye wereld..
Vetjan het gesê op Februarie 17, 2009
Ai Elza, ek wens dit was my werk. Ekhet maar net as ‘n onbetaalde vrywilliger gaan uithelp met die projek….. stokperdjie dus. Amper dieselfde as al die ouens wat die naweek daar gaan visvang het.
Vetjan het gesê op Februarie 17, 2009
abrham 🙂
Vetjan het gesê op Februarie 17, 2009
Leon, Sondagnag was vrek koud op die rivier.
Vetjan het gesê op Februarie 17, 2009
Lou, ja in die Witsand omgewing was ons nie eers naastenby bewus van ‘n hittegolf nie.
Vetjan het gesê op Februarie 17, 2009
Plesierig … wat kan ek nou sê?
Vetjan het gesê op Februarie 19, 2009
Haai krokodil ! 🙂
Vetjan het gesê op Februarie 19, 2009
Mrs Lee, die geld is net so min !
diefotoman het gesê op Februarie 23, 2009
Mooi foto’s op jou blog en ek het lekker gelees aan jou blog. ek hou daarvan om te hengel kry net te min tyd daarvoor. ek was in januarie by witsand en was baie verbaas toe ons van die zambezi haai gelees het, so ek is bly oor die update dankie. Jy mag maar kaarte plaas van waar julle at die wereld daai kantoe ken die groot visse vang.