Jy blaai in die argief vir 2009 Februarie.

Urban legends

Februarie 28, 2009 in Sonder kategorie

Die eerste voorbeeld wat aangehaal word verskyn tot in een van Etienne Van Heerden se boeke, net aangepas na die pad agter Belhar verby Stellenbosch toe.

Are you sick and tired of getting lame E-mail chain letters from your so-called “friends” that claim big prizes (like a trip to Disney World)
if you just send the message to about 1,000 other people? Are you
annoyed by fellow employees who spread ridiculous rumors at the water
cooler every Monday morning?

A friend at work once tried to inform me of a gang initiation rite
that involved naïve drivers flashing their headlights at cars and
getting their heads blown off. I asked, “don’t you think we would
have read about this shocking incident in the local newspaper if it
were true? Don’t you believe it would be all over the 6 o’clock news?”
This dimwit just shook her head, “well I heard it from my cousin who heard it from her best friend. It must be true.” So I had to break it to her. “You’ve just been taken in by an urban legend, you stupid f__kin’ idiot!”

Therefore, as a public service, I have spent hours scouring the
Internet, as well as reading numerous newspaper articles and books on
these annoying tidbits that keep cropping up courtesy of our more
gullible acquaintances.

To my knowledge, none of the following “facts”
has a grain of truth. Believe whatever you want, but don’t feed me any
more of your bullshit – I might just have to kick your ass…

Die werf is hier

RAM FEST

Februarie 27, 2009 in Sonder kategorie

Die Jaagduiwel (17) het vir homself ‘n lift georganize Ramfest toe saam met ouer girls. So om en by 22 en 23.  Hulle vertrek al vanmiddag Nekkies toe. Dis net buite Worcester.

Vir die wat nie weet nie, die Ramfest is een van die voorste rockfeeste in die land.

Ek sou ook nie omgegee het om saam met ‘n paar girls van so 23 of daar rond te gegaan het nie, hel hulle kan for that matter maar 32 of 42 ook wees 🙂

Ok girls, voordat julle nou in julle karre spring om my te kom oplaai, ek het ander planne die naweek. Besides, ek en die Jaagduiwel het ‘n losse verstandhouding dat ek nie sal opdaag by allerhande events en partyplekke waar hy ook teenwoordig is nie. Sal hom moontlik selfbewus maak en sy style cramp.
Ten minste kan ek sien dat sy prioriteite en organisasievermoë reg is.

Ek het op die Ramfest website probeer sien watter bands gaan optree… maar daai gedeelte van die werf is nog under construction: www.ramfest.co.za

Gelukkig het my kontakte in die CIA hierdie satteliet foto verskaf . Dit is hoeka die Breërivier wat daar verbyloop, met die middernagtelike swemmery hoop ek dat die spul onthou daar is deesdae wrede haaie in die Breërivier. Ek noem dit net, ek wil niemand se pret bederf nie.

Die klou is nie by die oor nie

Februarie 26, 2009 in Sonder kategorie

Ek het vanaand die nuus “gescan” .. dis nou op die internet.

Ek kyk nie TV  nie, behalwe rugby.

In elk geval, ek sien ons Suid Afriikaanse minister van buitelandse sake  mev Dlamini-Zuma,  het ‘n beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om onmiddelik alle sanksies teen Zimbabwe op te hef.

Eerste minister  Morgan Tsvangirai sê Mugabe het “ingestem” om die politieke gevangenes vry te laat.

Môre is Mugabe se 85ste verjaardag partytjie. Dit gaan rojaal wees, met baie kos en drink goed.

Die VNO se Banki moon is bekommerd oor die politieke gevangenes.

Maar Mugabe het self nog nie aan die wêreld of die media gesê die gevangenes is nou vry nie.

Ons minister van Buitelandse sake het nog nie ‘n openbare beroep op Mugabe gedoen om die politieke gevangenes vry te laat nie.

Sy het wel gevra dat sanksies teen Zimbabwe opgehef moet word.

Vanselfspekend gaan die VSA en EU nie sanksies ophef voordat hulle tevrede is met vordering nie.

Absurd dat die eerste minister van ‘n land eintlik magteloos is.

Dlamini-Zuma hulle klop hulself op die skouer met die sukses van hulle diplomasie.

Die Zim politieke gevangenes slaap vannand nog almal in die tronk.

Sukses?  …… Verstommend.

Bladerunner se sports op die Vaaldam

Februarie 25, 2009 in Sonder kategorie

Om ‘n knertsie of  twee te geniet  op die water, veral op ‘n sunset cruise is nou maar eenmaal lekker.

So ook as jy laatnag of douvoordag iewers visvang. Een ding, balans, daar is ‘n baie fyn balans.

Brandewyn het nie brieke nie.

Ek weet nie wat ou Ossie alles te drinke gehad het voordat hy die kaai poer in sy moer gejaag het nie.
Die polisie het mos etlike leë  bottels in die bootwrak gekry.

Op die water is die reëls en regulasies anders as op die pad, so ek is nie so seker dat hulle Oscar van iets kan aankla nie.

Gelukkig is niemand dood nie, en dis ou Ossie se eie bakkies wat flenters is.

Ek hoop Bladerunner word gou gesond, en dat hy iets hieruit geleer het.

Soms moet mens stadig gaan.

Boereraat met vratte

Februarie 23, 2009 in Sonder kategorie

Die verkeerde hantering van ‘n padda sou blykbaar vratte veroorsaak. Dit is wat ons destyds vir mekaar vertel het. Lank terug. Ek het nooit vratte gehad nie, juis vanweë die sorg waarmee ek paddas hanteer het.

Nou die dag groei daar toe wragtig ‘n vrat hier op die waai van my linkerhand. Ek kan nou nie onthou dat ek juis daar met my linkerhand ‘n padda hanteer het nie, maar die vrat het gegroei.

Soos julle weet was Vrydagaand se Stormers game nogal spannend. Ek bly in die Wes Kaap so my span is die Stormers.. dis nou maar hoe dit is.

Soos Queensland stadig maar seker ‘n allemintige “comeback” maak, so begin ‘n paar van ons harder met Mnr Jameson praat. Die Ier. Die goue vog met die rokerige smaak. Van die ander ouens het met Mnr Daniels ook gepraat, ensovoorts. Ek weet julle sal verstaan.

Op ‘n stadium noem ek aan my maat dat ek nou gatvol is vir hierdie vrat, en daarmee ‘n plan wil maak.

So word die hele mediese prosedure uitgelê.

Die dokter, vertel hy vir my, gaan die vrat afbrand of af vries. Of met laser strale, of ‘n verskriklike suur of dalk stikstof. Die stikstof mag miskien vriesend koud wees, maar op die einde is dit ook maar brand.

Dit gaan honderde indien nie duisende rande kos.

Maar hy het ‘n beter plan. Ons kan dit sommer dan en daar doen … heeltemal verniet … net as dit werk moet ek nog meer drank koop… voor die tyd. Meer vir my .. narkose, en vir hom as toesighouer.

Die sigaret metode. Ek rook nie. Maar gou word sigarette aan my uitgedeel. My narkose het teen hierdie tyd ook al goed ingeskop.

Hoe dit werk : die vrat word met ‘n sigaret gebrand. Tot jy voel dit brand. Dan stop jy, en koel dit af met ‘n blokkie ys. Dan brand jy weer. Eienaardig genoeg kan jy al hoe langer brand voor dit seer brand.

Ok, na so ruk onstaan daar so blaas, en die verbrande vrat sit bo-op die blaas. Dan knip jy al om en om, en siedaar die vrat is weg. Klaarblyklik is dit min of meer wat by die dokter ook gebeur.

Wel die vrat is weg, en Saterdagoggend was my kop seerder as my hand.

Ek kan nou nie alles so mooi onthou nie, maar Vrydagaand was die prosedure relatief pynloos.

Waar die oorblyfsels van die blaas nou sit is dit natuurlik ietwat sensitief , en ek het dit net soos in die ou dae met methiolate gedokter. Alles lyk nou min of meer ok. Voel ook ok.

Waar ‘n rokie draai ?

Februarie 20, 2009 in Sonder kategorie

Vanoggend in Die Burger is daar 2 stukkies waar Joost ter sprake kom.

Vroulief Amor sê ietsie, en dan is daar ook ‘n onderhoud met Die Rapport se nuwe redakteur.

Ek wonder nou net : hoekom wou Joost eers na die gewraakte video kyk?

Dis mos maklik, as jy nie met die danseresse gejôl het nie dan weet jy mos jy het nie met die danseresse gejôl nie.. dis maklik.

Die ander gerug wat hier in die Kaap rondloop … blykbaar afkomstig van die dames van die nag daar in Seepunt se wêreld, is dat een van hulle gereelde gaste ‘n beroemde rugbyspeler uit die noorde is… een wat op die TV ook is…

Dit laat mens alles wonder.

en hoekom moes ou Joost eers na die video kyk voor hy wou sê dis nie hy nie …….

Die verdrinking van Jeffrie Makatô

Februarie 19, 2009 in Sonder kategorie

Antie Sara werk by my vandat haar niggie Patricia weer terug is Olifantshoek toe. Die Tswanas van Olifantshoek werk nou al jare lank hier in ons dorpie by die see, of altans ‘n paar  families van daar af.

Vanoggend vertel antie Sara vir my die storie. In haar duidelike Noord Kaapse afrikaans. Die Olifantshoekers is Tswana-Afrikaans. Jeffrie Makatô was die pa van Patricia se kind.

Jeffrie kon nie swem nie,  en het as ‘n draer gewerk in die “informele” perlemoen bedryf.

” die boere het op hulle geskiet meneer, daar anderkant by Tiergat, toe sê die duikers hulle moet in die water spring. Maar toe los die duikers hulle meneer, en toe verdrink Jeffrie. Haai meneer die goggas het sy kop lelik gevreet, dit was baie lelik”

Die perlemoensmokkelbedryf  het ‘n hierargie van betrokkenes.
Die duikers duik die perlemoene, en bring die sakke na die vlak water teen die wal. Die draers moet met die sakke in die bosse in hardloop, en na die RV, die versamelpunt neem. Hier vind die eerste inweeg plaas. Duiker en draer word per kilogram vir produksie betaal. Met die dat perlemoene nou skaars geraak het, sal ‘n draer vir sê maar 3 duikers dra , so 5 na 8 kg per duiker.

Teen R 200 per kg sal  20 kg perlemoen R 4000 oplewer. Die duikers sal dan ten minste 80% van die geld kry , en die draer omtrent 20%. Dit is nog steeds darem R 1000 vir die aand  vir die draer.
Of dit is in elk geval die losse beplanning.

Die praktyk werk altyd anders. Hoër op in die ketting is ten minste 3 middelmanne. Daar is die “boere” om altyd mee rekening te hou. Veral as daar nuwe boere kom, wat nog nie die besigheid reg verstaan nie, of ander boere wat die besigheid nie wil verstaan nie.

Dit is dan wanneer produk verlore raak, wanneer inderhaas weggevlug moet word. Soms word produk ook op krediet gelewer. Noodwendig word hierdie produk ook van tyd of tyd by padblokkades of na ‘n ge-pimpery, deur die boere afgevat. Dan is daar baie ongelukkige skuldeisers……

Die see is ook nie jou speelmaat nie. Die water is koud, daar is branders en bamboes, seestrome en haaie.

Jeffrie Makotô het 2 weke gelede verdrink.

Nog bietjie Breërivier nuus

Februarie 16, 2009 in Sonder kategorie

Die haai het vanmiddag tot by Malgas geswem. Dit is baie hoog stroomop, en mens sou nogals nie dink dat daar sy so ver stroomop sou swem nie. Aan die anderkant moet mens onthou dat Zambezi haaie al meer as 100 km in die Zambezi rivier op geswem het.

Die Breederiviermond.  Infanta, geneem vanaf Witsand.

Die hidrofoon – water mikrofoon.

Close-up van die instrument.

Die “magic box”, dit het tot ‘n ingeboude “GPS”  sodat jy posisies kan log.

Seinsterkte is 76 , dis goed, die haai is naby.

Al wat ek verder wil sê is dat soos julle kan sien was die geselskap meestal vroulik, waaroor Petrus geen klagtes hoegenaamd het nie.

Breederivier Zambezihaai

Februarie 16, 2009 in Sonder kategorie

Die Suid Afrikaanse Haai Bewarings Organisasie in Hermanus   (SASC – South African Shark Conservancy) is die dryfveer agter die Breederivier haai projek. Hulle werk ten nouste saam met die Breederivier bewarea. SASC is ‘n artikel 21 maatskappy ‘n “NGO”, sonder enige groot borge. Die organisasie leef van krummels. Hulle waardeer enige vorm van hulp.

Die “hoofmeisie” is Meag McCord, en as sy terug kom van Witsand oor ‘n week of wat, kan julle in die ou hawe in Hermanus ‘n draai by hulle plek gaan maak.

Petrus het nog altyd ‘n groot belangstelling in seelewe, en veral haaie, en vind die Breederivier Zambezi projek geweldig interressant. Daarom was dit vir hom ‘n groot plesier om ‘n paar dae op te offer om te gaan help om die haai se spoor te sny.

Die wyfiehaai is gedoop NyamiNyami – na die Zambezi riviergod. Sy is uniek om 3 redes.

Foto : Alison Towner. Bioloog by Marine Dynamics in Gansbaai.

1. Sy is ‘n wêreldrekord. Die grootste Zambezihaai wat nog ooit gevang is.
2. Sy is baie vet, en lyk erg verwagtend.
3.Voorheen is gedink dat Zambezihaaie nie verder suid as Kaap St Francis voorkom nie. Nou het ons wetenskaplik gedokumenteerde bewys dat hulle wel  verder suid  en wes voorkom. Die Breederiviermond is amper by die  Suidpunt van Afrika.

Die spoorsnyery is ‘n 2 weke projek, en die haai word vir 2 weke lank “24/7” agtervolg. Dag en nag.
Spanne met vrywilligers, ‘n span sal bestaan uit 2 of 3 lede,  werk in 4 uur skofte, en ruil dan om.

Nog ‘n nag op die rivier. Meag het die onderwater mikrofoon, en Alice skryf neer.

Die boot is Kappie Beukes van Caledon/Hermanus omgewing se ou “rubberduck”, en dit is baie gaaf van hom om die boot beskikbaar te stel, skete en al. Dit was juis een van die skete wat Petrus se avontuurindeks verhoog het toe hy Vrydag vir die beste deel van die pikswartnag op ‘n modderbank vasgesit het. Saterdagnag/Sondagoggend het Petrus en ‘n vriendin die 2-6 vm skof gedoen, en gisteraand die  6-10 nm skof.


Foto: Alison Towner

Hier word die ultrasoniese merker aan die haai vasgesteek. Dit is vir die haai maar soos ‘n oorbelletjie.

Gisteraand het sy meer as 20 km rivier op geswem. Sy het anderhant “bushpub” gaan draai , en toe weer stadig af mond se kant toe geswem.

Gistermiddag was ‘n baie mooi Sondagmiddag op die rivier. Baie rekreasionele gebruikers, vissermanne, waterskiers, “kiteboarders” , en ook swemmers. So 10 km stroomop het NyamiNyami verby swemmers geswem, hulle uitgekyk, en glad nie njam njam gegaan nie. Die span wat toe gevolg het, het die swemmers darem gou opgelaai en vir hulle na hulle boot terug geneem. Daarna het hulle haar verder stroom op gevolg.

Saterdagoggend baie vroeg het Pottie wel agtergekom waarvan Zambezihaai regtig hou.

Kabeljou !

Hierdie was ten minste ‘n honderdponder.

Modderbank

Februarie 14, 2009 in Sonder kategorie

Soms steek jou boot vas in die modder, in die middel van die pikgitswarte nag.

Tegniese probleme, en ‘n masjien wat nie kan “tilt” nie. kort voor lank is jy hoog, maar nie heeltemal droog nie.. op ‘n modderbank. Per definisie kan mens nie daar droog wees nie…. fokken vuil is wel moontlik.

Vanaand gaan ‘n bottel van mnr Sedgewick se beste ou bruin sjerrie saam rivier toe. Bier ook. Fok dit.

Dis nog ‘n graveyard shift : 2 -6 Op ‘n Saterdagaand. Masochisties as jy my vra.