Jy blaai in die argief vir 2009 Januarie.

Hamburger

Januarie 28, 2009 in Sonder kategorie

Die pasteie lyk nie baie goed nie, buite die kwessie.

Wat is daar nog? Ok , daar is ‘n paar hot dogs en hamburgers. Sous klaar by.

Goedkoop ook, ek vergeet nou die prys, maar regtig goedkoop.

“wie het die hamburgers gemaak ?

my vrou

wat se patties ?

lekker patties

het sy die patties gemaak?

nee, by so en so gekoop

o so

en die sous ?

dis ‘n baie lekker sous, sy het dit ook gemaak

o so, ok laat ons dan maar ‘n hamburger probeer….”

wat het my tog besiel om al die vrae te vra

wat anders moes die man vir my sê 

dat sy vrou se burgers sleg is ?

want die duiwel weet , hulle smaak kak.

Die Plaat en Die Gruis

Januarie 27, 2009 in Sonder kategorie

Vroegaand, so iewers na 6, voel dit na ‘n lekker gedagte om so bietjie met die fiets te gaan ry. Ek vat net die fiets en ry, sien ek besit nie al daai fietsry bykomstighede nie. Die “dainty” val helm, sonbrilletjies, spesiale hempie broek en skoentjies nie. Ek gaan mos nie ver ry nie, net hier af Franskraal toe, al langs die see, en kyk wat gaan aan.

Kort voor lank hou die pad op, by Uilenkraalmond. Maar die riviermond is toe. Ok, kom ons kyk hoe hard is die sand. Lekker hard. Fiets sak nie weg nie. Alles baie lekker. Hierdie stuk is die Plaat. ‘n rukkie later is ek by die Gruis. Dis maar spoelklippe, en nie te klein nie.

Hier begin Die Gruis, en agtertoe lê Die Plaat.

Die Plaat

Later is hulle sommer groot klippe, bietjie afklim en stoot, ek is nie ‘n “tegniese” ryer nie.

Dis ‘n lekker aand, en hier in die Suidwes Kaap gaan die son mos eers laat onder, 8 uur se kant eers.
Daar is baie voëls, Sterretjies, Strandlopers, Duikers en meeue.

“piece of an old ship”

Naby aan Pearlie beach sien ek die beweging. ‘n Rob. Hy is nog klein, ‘n paar maande oud. Hy skuifel verwese rond op die strand. Die kolonie is amper 3 km weg oor die see op ‘n eiland. Sulke klein robbetjies kan nog nie so lekker swem nie, en hulle is nie baie sterk nie. Hoe hy dit van die eiland af gemaak het tot op die strand weet ek nie, maar hier is hy. Toe ek naby kom grom hy, en skuifel weg.
Daar is niks om te doen nie.

Skaars 100 meter verder lê nog een.’n Ouer een, nog steeds jonk, maar nie ‘n kleuter soos die eerste een nie. Hy is vodde. Leef nog , en kan sy kop optel maar kan nie verder beweeg nie. Hy lê met sy kop sommer op die sand , al spoel die water hom heen en weer. Sy onderlyf kan hy nie beweeg nie.

Ek kan nie sien wat die fout is nie, miskien het ‘n visserman hom geskiet, maar ek sien nou ook nie presies waar nie. Nie een van hierdie twee gaan dit maak nie. Ek voel jammer vir hulle. Daar is niks wat ek kan doen nie.

Die rob weet hy gaan dit nie maak nie. Dis hard. Mens kan sien hy het moed opgegee.

Druk maar deur Pearlie beach toe. Tyd stap aan , son sak al hoe vinniger. Moet terug huistoe. Miskien is dit vinniger padlangs.

Verkeerde roep, dis verdomp ver.

Die bliksemse saal sak ook heeltyd af, die klampie is so styf ek kan hom nie los kry nie, so ek kry nie die saal reg gestel nie. Dis nou ‘n lang getrap met knieë wat nie kan reguit nie. Probeer trap met ‘n saal wat te laag is. Dit kou jou kniëe.

Uiteindelik Uilenkraal brug. Daar is nog so rooierigheid op die horison maar dis al na 8.

Die laaste 7 km was in die donker, ek het by Franskraal ingedraai om van die grootpad af te kom. Daar is amper geen verkeer nie, maar ek het nie ‘n lig of iets wat kan weerkaats nie.

Jelliebene by die huis aangekom. Aan die slaap geraak, wakker geword, nou blog ek in die middel van die nag.

Al die fotos is selfoon fotos.

Van wie dit kom

Januarie 26, 2009 in Sonder kategorie

Die hooggeleerdes, raadgewers en konsultante het almal saam die pragtige materiaal bewonder.

Dit was die kind wat gesê het  “maar die keiser dra nie klere nie”

Weervoorspelling

Januarie 24, 2009 in Sonder kategorie

Die mooi weer hou aan vir die hele naweek.

Die SA weerburo se voorspellings is hier  en dit is ‘n nuttige werf.

Fighting for peace

Januarie 24, 2009 in Sonder kategorie

“Fighting for peace is like fucking for virginity”

Joan Hamidge gebruik dit vandag in die By waar sy kommentaar lewer oor die kaalfoto “storm” (Minki et al.) Maar dit is ‘n bekende en soms gewilde spreuk. Almal ken dit seker.

Wat ek nog nooit van die gesegde kon verstaan is dit :

Na die fighting het mens noodwendig peace.

Na fucking is virginity onmoontlik.

So hoe nou?

Môre is weer Saterdag

Januarie 23, 2009 in Sonder kategorie

Die weer is regtig met ons.

Ek het hierdie foto nou nou net geneem. Kyk hoe lê die see .. vandag is sy regtig die groot blou dam.

OMO  Our mother ocean. Swart souf hier voor , en die eiland geboue op die horison.

Môre se weer , 15 knope noord wes. Eintlik beteken dit .. amper niks wind nie, en die windrigting.. baie belangrik altyd, maar vir môre eksie perfeksie.

Die see is so kalm, dat ek half lus voel om al die pad Bettiesbaai toe te ry, en daar net regs van DeWetsbaai in te spring. Andersins maar Onrus of Vermont. almal puik met kalm see en ligte Noordwes.

Daar is min genoeg dae in die kreefseisoen, net naweke en vakansiedae, na Paasnaweek sluit die seisoen.

Nie almal eet ‘n kreef heeltemal op nie, ek verstaan goggas op steroide.. dit pla my nie te veel nie, want al die oorskiet koppe en pootjies gaan eers vrieskas toe vir ‘n paar dae. Dit is waarvan mens kreefsop maak.

Gaan google “lobster bisque recipe” en kyk hoeveel resepte kry jy … derduisende.

Die oorskiet besig om te ontdooi

Nog bestandele, die wyn is muskadel en die klippies is nodig om alles ‘n slag brand te steek.

Ek het so 10 gegoogelde kreefsop resepte ge “copy & paste”, en is besig met kreefsop eksperimente.
Elke resep verskil gewoonlik redelik baie van elke ander resep.

My beginpunt was ene Danie se resep.. was op  die webwerf van ‘n soort visskietklub  in die Saltrock omgewing …. ek gee dit hier met spelfoute en al soos die Natalse engelsmanne dit op die werf het.
Natuurlik is Danie ‘n boerseun – hier is sy resep. Myne sal ek later kom skryf .. work in progress.

Nommer 4  :  Danie se kreefsop

What you will need:

Crayfish….daaah
leaks, Dhania (Corriander), other fresh herbs and spices, spring onions, olive oil, garrlic, tomato paste…..and probably some other stuff…..??? Ohh and dont forget the cream!!

The Stock!
Take all the off cuts from the leeks and spring onions, like the roots and leaves. Clean them from all dirt and start to simmerin some water. throw in a handful of Dhania and any other fresh hurbs like parsely ect. You can add some salt and black pepper with any dried spices that tickle your fancy….but remember not to much salt, that will come later.

Now for the crayfish, remove the tails and dump the heads in the already simmering stock, put the lid on and let the whole lot bubble softly away. If there will probably not be enough water to cover the heads, so every once and a while push the head on the top to the bottom.

Buy the time the heads are cooked well, the water level should have risen abit. This is where you take a strainer and remove the roots and heads ect from the water.

While the stock was brewing you can probably be preping the crayfish tails, removing the flesh and choping it into chunks. Once that is done take the choped up leeks, spring onions, dhania and put it in some olive oil in a large frying pan. Get the oil hot and add some garlic and your favourite herbs with the crayfish chunks. Again dont go over board with the salt. Fry the crayfish up until cooked…it should be tempting you to steal a ‘taster’ by now!

Now go back to the pot with the stock, and add the contents of the frying pan to the stock. Using a hand held blender pure’ the mixture until you get the right consistancy you want. (some folk like bigger chunks than others) Now put the pot back on the stove and Now put the pot back on the stove and simmer.

Now you can add the cream, how much…. I dono….thats why it is called ‘Moer By’ in english:- ‘Slapped together’ or in hippy terms ‘ Zen Chow’
No seriously Dannie used about half a liter buy the looks of things…..at the time.

Dannie likes his soup a pinkish colour so he added some tumeric and tomato paste…tomato sauce will probably work aswell. He then blew my socks off and threw in two teaspoons of sugar?????
Round about now you can start to add any additional spices and salt if needed.
   
At this point Dannie takes a large glass of red wine….not sure of the vintage and……gulps half of it down and says “nou los ons die sop” basical if you dont read afrikaans or my spelling is that bad ….” now we leave the soup” Let the soup do its thing for at least 30min, if it is too runny take the lid off and reduce it until the thinkness is right. If you are still unhappy try flour and as a last resort try corn flour/Mazina……but this will change the taste of the soup and probably make it suck.    

Perlemoenstories

Januarie 23, 2009 in Sonder kategorie

Die wind het eergisteraand gaan lê. Gister en vandag is die weer daardie idilliese somersweer. Blou water, sonskyn.. ligte windjie.

Ideale duikwater.

By die kafee kom 2 gomgatte uitgestap. So 18 of 19.jaar oud. Alhoewel ons dorp nie ‘n treinspoor het nie, is hulle beslis van daai kant van die spore af. Serious attitude en lus vir baklei.

 Hulle en ‘n ou in die kafee het ‘n argument, die ou in die kafee het hulle “werk” seker gekritiseer.. perlemoene steel.

“Ons vat wat ons toekom, as ons dit nie vat nie gaan die hotnots alles vat !”

Die duikgroeperings is interresant. Eerstens die uit die “wit” dorp, jy het jou” hardcore” manne, soos die berugte Kronke wat nou die dag by Robbeneiland vasgetrek is, maar ‘n paar ander ook. Werk wyd, vanaf die Baai tot op die Weskus.

Dan het jy jou Blomparkers, ‘n paar is goeie duikers, hulle kan mens in 2 verdeel. Die bootmanne, gewoonlik so 8 tot 10 wat snags van bote af duik, en dan jou wal duikers. Hulle is die groot bendes.. tot 50 manne wat op ‘n slag duik. “safety in numbers”  Nog die polisie en nog minder MKB se inspekteurs kan ‘n groep van 50 arresteer.

Laastens is daar die Mashakane duikers. Dit het hulle nie lank geneem om te besef daar is geld in perlemoen nie, en hier eis die see ook die grootste tol. Een of twee weet miskien ietsie van duik af, maar die geld is so goed , hulle leer maar swem en duik en alles bymekaar. Uitrusting ook nou nie van die beste nie.. ou verflenterde duikpakke.

Maar vasbyt het hulle, swem sommer van Pearlie beach af Dyer eiland toe. In yskoue water. Twee is al dood van hipotermie … koue.

Ten minste 2 is al deur haaie doodgebyt.

Maandag het John Mzawucelwa by Dangerpunt verdrink. Sy lyk is nog nie gevind nie.

Weg Wegbreek Mooiloop

Januarie 22, 2009 in Sonder kategorie

Ek hoor gister dat die tydskrif Mooiloop geseuwel het. Ja, ek weet dit is ou nuus, maar agteros moet ook een of ander tyd in die kraal kom.

Ek het nogal gedink die naam is oorspronklik, en die artikels baie goed geskryf.

Aan die anderkant het ek nooit van die uitgewers se snobisme gehou nie.

Destyds het marknavorsing gewys dat 60% plus van die lesers van “Getaway” Afrikaans was.

Die moontlikheid van ‘n Afrikaanse weergawe was bespreek, en Stirling Kotze ( groot meneer by die uitgewers) se berugte grappie was , ja maak ‘n Afrikaanse tydskrif en noem dit Fokof !

Media 24 besluit toe later ja wat, as Getaway dit nie doen nie, doen ons dit maar.

Die manier waarop Media 24 dit gedoen het was nou nie eintlik wat mens sou noem oorspronklik nie.

Plagiariseer eers Getaway in elke denkbare aspek. Naam, rubrieke alles.

Verander die bestemmings ens op bietjie meer realisties vir die leser te wees. O ja, en kry vir Dana Snyman om stories te skryf. Dana is die meester van sy vak.

Wegbreek word gebore.

Getaway strip moer. Maak ‘n hofsaak.

Natuurlik verduidelik Media 24 se prokureur vir die ietwat dowwe Bun en kie, dat aangesien alles insluitende die naam wel geplagiariseer is, hulle nie eintlik suksesvol kan verdedig nie.

“Ok ok ok” stem Bun hulle in, ons verander maar die naam na Weg.

Getaway slaag wel daarin om die Afrikaanse lesersmark se moer te strip. Wat het Getaway al die jare gekeer om ‘n Afrikaanse tydskrif uit te gee?  Net hulle eie simpel snobisme … Fokof !? hallooo mnr Kotze ?

Ok, so rukkie later en in antwoord op Weg, produseer Getaway die Wegbreek.

Verander later die naam na Mooiloop, en dit was ‘n mooi naam. ‘n Goeie tydskrif ook. Hulle het regtig moeite gedoen.

Ek het altyd maar gemengde gevoelens gehad. Uit ‘n joernalistieke oogpunt was Mooiloop uiteindelik ‘n tydskrif van beter gehalte… maar ek kon nie help om effens vies te voel oor die snobistiese manier waarop Ramsay Son en Parker al die jare Afrikaans behandel het nie.

Dit is met gemengde gevoelens dat ek na die afsterwe van Mooiloop kyk.

Jammer dat ‘n goeie Afrikaanse tydskrif van die rakke af verwyn het, jammer ook oor die verlore “jobs”. Dat die arrogante uitgewers wel ‘n deeglike opstopper verdien het is ook nie altemit nie.

Weg is nog steeds bietjie onoorspronklik in die dat hy Getaway maar ge”copy” het, en Dana is steeds ‘n meester.

Grondwetlik gesproke

Januarie 22, 2009 in Sonder kategorie

“In what might have to become a regular
slot on this Blog, I have decided to assist the ANC bigwigs in
understanding the finer points of our Constitution. God knows, they
really need some lessons. Lesson number one is about freedom of
expression (article 16) and freedom of assembly (article 17), both
rights enshrined in our Bill of Rights.

So listen up, Comrades. Please, I ask
nicely. Concentrate. Try to empty your minds (if any) of all the
revolutionary rhetoric,  of the thoughts of Mercedes Benzes and fat
government contracts, of the burning effigies of Thabo Mbeki, of the
words and wisdom of comrade Kortbroek Malema, and try to learn
something new for a change. (Julius, I know you never really
concentrated during your schooling years and never learnt much, but it
is never too late to learn something useful, so listen up as well.)”

In die wilde wilde wildernis wat die internet is, kom jy soms en heel toevallig af op ‘n juweel.

Pierre de Vos se blog  Constitutionally Speaking

Gaan kyk self. Dis politiek, ek hoop Carl lees dit,  en veral ‘n paar ander mense hier rond kan gaan tips vang.

Ek het daarop afgekom toe ek eintlik iets oor Xolela Mangcu se boek “To the brink” gaan google het.

Ek sal later daaroor skryf, ek wil met hierdie inskrywing net noem dat Pierre se blog ‘n lees werd is.

Dit is politiek ja, grondwetlike punte. Hy slag die nuwe heilige koeie. Niks skuimbek retoriek nie.

Gewaarborgde raat 100% money back

Januarie 21, 2009 in Sonder kategorie

Eerstens hier is wat jy NIE moet doen nie.

Eina eina eina !!!!

Verder het hy met sy knipmes , of ‘n naald of iets staan en karring onder aan sy voet.

NEE !!!

Hier is wat jy doen.

Kry ‘n eetlepel en ‘n suurlemoen. ( en ‘n mes vir die suurlemoen)

Sny die suurlemoen in skyfies.

Druk die sap van 2 skyfies oor die seerplekke.

Slaan met die rugkant van die lepel op al die dorinkies. Verbrysel en verpletter hulle heeltemal.
Stop elke nou en dan en druk nog skyfies suurlemoen uit oor alles.
Hou aan todat jy al die dorinkies goed getimmer het, en baie suurlemoen oor hulle uitgedruk het.

Oor ‘n paar ure sal die dorinkies nie meer waarneembaar wees nie. Jy het hulle letterlik pap geslaan , en die suurlemoensap het gehelp met die sagmaak proses. Jy sal hulle nie meer kan sien of voel nie, jy sal piekfyn wees.

Gewaarborg. Ek praat uit ondervinding.