Ons kuslyn is 2600 km lank. Hiervan word 23.4 km “beskerm” deur haainette.
Die ekologiese tol van die nette is geweldig, en daar is ‘n paar goed wat ek glad nie verstaan nie. Hulle ontplooi ook sogenaamde “drumlines”. Hulle is nou die “Sharks Board” met hoofkantoor by Umhlanga.
Die land ekwivalent is ‘n strik en slagyster.
Dan het ons beskermde en skaars seelewe. Dolfyne geniet amptelike beskerming, en mens mag hulle nie met harpoen, visstok of waarmee ookal jag nie… maar die Haairaad het wel toestemming … “incidental bycatch”. Hulle vang gemiddeld 60 dolfyne per jaar, en die mortaliteit is 100%. Dolfyne moet aan die oppervlak asem haal, en verstrik in ‘n haainet kan hulle nie. Hulle verdrink.
Omtrent 30 seeskilpaaie per jaar vrek in die nette. Seeskilpaaie is ‘n uiters bedreigde spesie.
Tussen 3 en 5 walvisse raak per jaar verstrengel en die nette, die helfte vrek gewoonlik voordat iemand hulle kom los sny.
Die nette vang ook honderde haaie per jaar, waarvan 99% skadeloos is.
Die wit haai is die spesie verantwoordelik vir die meeste aanvalle op mense, en kom meer algemeen voor aan die Kaapse kus. Die wit haai geniet ook amptelike beskerming. Die haai nette vang amper 30 wit haaie per jaar, waarvan 99% vrek.
Suid van Port Edward, maw die hele Wildekus, Oos , Suid en Wes kaap het nie een haainet nie, en swemmers hier is inderwaarheid meer blootgestel as in Natal.
Op die paaie sterf honderde mense in motor ongelukke, maar almal ry lustig voort in hulle karre, en hoe meer alkohol, hulle lustiger jaag ons rond. Niemand is bang nie.
Per jaar sterf daar miskien een persoon van ‘n haai aanval, maar tientalle verdrink.
Bottom line : die haainette maak hoegenaamd geen sin nie, gegewe die ekologiese impak daarvan en die onbeduidende bedreiging wat haaie inhou, verstaan ek nie hoekom alle haainette nie verban word nie.
Onlangse kommentare