Mercury eiland

November 9, 2008 in Sonder kategorie

“This was the place, I remembered suddenly, where one man after another had gone mad – in the old days and in our times.

One glance at Mercury is enough to explain all the tragedies.

This is the weirdest rock of the lot, a place to visit but not a place where I would care to linger.”

Mercury eiland

Die eiland wat skud.

 

Dolphin head met South Head in die agtergrond.

Lawrence Greene bo-op die spits van Mercury eiland, omstreeks 1948.

Een myl vanaf Dolphin Head. In die middel van Spencer baai. 50 km van Luderitz.

Daar is ‘n massiewe grot in die eiland, uitgekalwe deur die see, en as die branders groot word skud die hele eiland van die slag.

“ The Glory Hole”

“The cave on the seaward face of mercury is 150 feet high.

Crashing seas have eaten their way right through Mercury; they come out through a small tunnelon the landward side. How long will it be before the hollow, quivering island collapses into the cavern? It is inevitable. Mercury island will become a heap of rubble instead of a pyramid.”

Spencer baai is vernoem na kaptein John Spence, smokkelaar en avonturier, wat met die “Sea Bird” wapens gesmokkel het in die dae toe die Hereros en Jonker Afrikaner se “Hottentotte” met mekaar oorlog gemaak het. Dit was voor die koms van die Duitsers, en Namibië was niemandsland.

Soos die bakleiery voortgeduur het, was sendingstasies afgebrand, en transportryers beroof. Uit die kolonie is ‘n wet uitgevaardig – niemand sal meer die strydende partye van wapens voorsien nie –  so het kaptein John Spence een van die groot smokkelaars geword. Hulle het hom nooit gevang nie, sy nek was op die spel.

“There on a little beach, framed between the cliffs and overshadowed by Dolphin Head,
was a coasting steamer. She was the Otavi, she was there for keeps.”

Die wrak van die Guano skip “Otavi”, lê die afgelope 63 jaar op die sand van “Spence’s bluff”, waar Spence daai tyd nog een keer ‘n engelse “gunboat” uit oorlê het.

Eiland bewoners sweer hoog en laag dat dat op sekere aande skyn die ligte deur die ‘Otavi” se patryspoorte…..

Die Otavi is ook aan die opbreek….

*  Die skilder Keith Alexander is in 1998 oorlede op 52 jarige ouderdom.

Die hoof tema van sy wek was die verganklikheid van die mens,  gewoonlik met die skedelkus as agtergrond.

www.desertart.co.za
 
** Lugfotos deur Brian McMorrow :    www.pbase.com/bmcmorrow/profile
 
*** Oudergewoonte het ek weer vir Lawrence Green aangehaal uit “At Daybreak for the Isles”

4 antwoorde op Mercury eiland

  1. Ceara het gesê op November 9, 2008

    Dis wonderlike fotos en ‘n baie opwindende inskrywing – ek het dit baie geniet. Hoe het Spence aan sy einde gekom?

  2. Vetjan het gesê op November 9, 2008

    Mooi foto Leon !

  3. Vetjan het gesê op November 9, 2008

    Lorinda, ek weet nie wat van kapt Spence geword het nie, hy het wel die britte uitoorlê.

  4. Baie interresante artikel.

Los ’n antwoord vir Vetjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.