Gemsbokke

November 9, 2008 in Sonder kategorie

Gemsbokke is myns insiens die mees treffende bok.  “Striking”

Gemsbok met ‘n “tower sirkel” in die agtergrond.

Die kombinasie van Gemsbok en woestyn, bouvalle , wrakke en geraamtes… sterk simboliek.
‘n Mens kan sien hoekom Keith Alexander dit gebruik het.

Die skedel in die gang van die bouval maak die prent.

Wrak van die Eduard Bohlen

Disclaimer : Ek het geen besigheidsbelang van enige aard by  www.desertart.co.za  nie,  maar  ek is ‘n bewonderaar van Keith Alexander se werk.

7 antwoorde op Gemsbokke

  1. Vetjan het gesê op November 9, 2008

    Goeie plan Leon.

    Tans is ek op soek na die boek met al die afdrukke in 2 de handse boekwinkels… dis uit druk uit.

    Ek weet nie hoeveel ‘n oorspronklike skildery gaan kos nie, maar ten mimste kan mens ‘n goeie afdruk op doek koop.

  2. Izakdv het gesê op November 9, 2008

    Dis baie interessant hoe hy die bokke simbolies laat staan. Dis duidelik realisme, en hy breek in twee en vier die tweederdesreël, maar dis duidelik dat hy, realisme ten spyt, nie realisties wil wees nie. Ek hou van die wrak.
    izak

  3. Vetjan het gesê op November 9, 2008

    Hi izak, op hulle webwerf is daar ‘n prent waar die gemsbok in die straat langs ‘n gebou in Luderitz staan… hulle het dit vandag opgelaai.. ook baie treffend.

    Dis jammer dat KA so relatief jonk oorlede is.

  4. Ceara het gesê op November 9, 2008

    PP ek het nog nooit van hom gehoor nie, maar ek hou baie hiervan. Jy is reg, gemsbokke is pragtig.

  5. Ceara het gesê op November 9, 2008

    Ek bly terugkom om hierna te kyk. Ek hou daarvan, maar daar was iets wat my gepla het en ek dink ek weet nou wat dit is, dit is effens oor-dekoratief. Ek weet nie hoe anders om dit uit te druk nie. Maar dit is bepaald mooi.

  6. Vetjan het gesê op November 10, 2008

    Hi Lorinda, jy is reg. Kyk wat sê Izak ondertoe.

  7. Die een waar die bok so in die gang afkyk is uitstekend. Hierdie is die tipe goed wat my bly maak ek lees jou blog…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.