Obama die Arabier

November 8, 2008 in Sonder kategorie

Dit skeel my min van watse nasie Obama afkomstig is.

Eskimo, arabier, boesman, bantoe of marsmannetjie, ek is min gepla.

‘n Goeie argument is wel soms afleiding op die blogs, en ek is al gewoond daaraan om uitgekak te word oor sekere kommentaar wat ek lewer en erken ten volle dat my omstrede kommentaar altyd moedswillig en tong in die kies is.

Anton het op Sê geskryf dat Obama se pa ‘n arabier is …. wat my laat wonder het … maar is hy ‘n arabier ?

Hier is wat Anton en Petrus vir mekaar gesê het.


Anton gee my goeie raad, en ek gaan google toe maar en kom op wikipedia af.

Op hierdie stadium  het Krokodil  kommentaar gelewer. Die “screen shot” hier moet van onder af boontoe gelees word.

Ok, nadat ek goed uitgekak is  , ten einde laaste die volgende :

Dankie Anton, dit was pret.

9 antwoorde op Obama die Arabier

  1. Viswyf het gesê op November 8, 2008

    Hallo Petrus 🙂

  2. Garp het gesê op November 8, 2008

    http://en.wikipedia.org/wiki/Kenya

    Net ‘n vinnige vragie, hou die antwoord maar eenvoudig (ek is ook by geleentheid ‘n rosé drinker soos die Groot Krokodil die kaf van die koring skei). Is dit regtig jou mening, nadat jy die artikel op Wikipedia gelees het, dat Kenia geen Arabiese invloede gehad het nie? Selfs nie eers Mombassa nie? Vreemd.

    NS. Gott ek hoop nie ek duik nou ook in die hek met die “rose” nie, praat die vrou ooit van wyn of praat sy van blomme? Ek wil ook maar net saampraat met die slimmes

  3. Vetjan het gesê op November 8, 2008

    Hi Garp, Arabiese invloed is orals langs die ooskus van Afrika, tot so ver suid as Inhambane, en miskien selfs Maputo.

    Maar dit is nie waaroor die debat gegaan het nie.

  4. Garp het gesê op November 8, 2008

    Hi

    Ek erken ruiterlik ek is dom (ek het selfs al Klipdift en Coke gedrink, maar net daai een keer), maar ek dink tog dis waaroor dit gaan.

    Sou jy se hy het ‘n Arabiese/Mohammedaanse naam? Hy kom uit ‘n land met Arabiese wortels?

    Daar is ‘n paar gesegdes waarmee ek nogal saamstem, een van hulle is: “If it looks like a duck, and quacks like a duck, we have at least to consider the possibility that we have a small aquatic bird of the family anatidae on our hands”

  5. Vetjan het gesê op November 8, 2008

    Ai Garp, so jy sê dus dat omdat Robert Mugabe ‘n engelse naam “Robert” het, en omdat Zims eens op ‘n tyd ‘n engelse kolonie was, volg dit dat Mugabe ‘n engelsman is ?

    die vraag doodeenvoudig is dit :

    Was Obama se pa ‘n ARABIER . ja of nee ?

    Volgens Wikipedia behoort hy tot die Lua stam net soos Milton Obote voormalige staatshoof van Uganda) en die huidige staatshoof van Kenia Raila Odinga.

    hoe nou ?

  6. wild1 het gesê op November 9, 2008

    Ek het hierdie moddergooiery nou vreeslik geniet! Maar ek het net 1 vraag: Wat die doner maak dit saak of Obama ‘n arabier is of nie? Hy’s nou klaar die president!

  7. ysprins het gesê op November 9, 2008

    ag fok. wie gee om? bliksem.

  8. Vetjan het gesê op November 9, 2008

    Ysprins em Willemien.

    Niemand gee om nie.

    Dit was ‘n “pissing contest”

  9. Ceara het gesê op November 9, 2008

    LOL!! Petrus jy het baie geduld – jy is ook baie vrygewig met jou tyd en intellek, jy is duidelik ‘n nice ou (effens aan die moedswillige kant, maar ‘n nice ou :-)).

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.