Jy blaai in die argief vir 2008 November.

Meticais

November 25, 2008 in Sonder kategorie

Die meervoud van metical is meticais, die geld eenheid van Mosambiek.

Dis meer bestendig as die rand. Laas keet toe ek hier was, het een rand net meer as 3 mets gekoop.

Nou is jy gelukkig om 2.5 te kry… petrol hier is 45 mets ‘n liter !!!

Maputo restaurante is gevolglik ook duur.. en die polisie hier in Maputo is nog net so vol draadwerk soos altyd, of liewer probeer nog net so hard soos altyd om ‘n groterige fooi uit jou uit te bewimpel.

Krappe

November 18, 2008 in Sonder kategorie

Laatmiddag by die mark het sy my haar sak vol krappe gewys.

40 mets ‘n kilo, dit is R 16.00

langs die pad het ek ook ‘n spul garnale gekoop.

Aandete.

Mosambiek

November 17, 2008 in Sonder kategorie

Petrus Pap het gaan surf en so in Mosambiek.

As hy nie te veel te kere gaan nie sal hy meer inskrywings maak.

Prysdiskriminasie

November 12, 2008 in Sonder kategorie

Ek dink dit is reg as pensioenrisse en kinders allerhande soorte afslag kry, sê maar goedkoper trein ry, of goedkoop toegang wildtuin of fliek toe.

Maar hoe sal jy voel as jy in London woon, en ‘n advertensie in die koerant sien ” Breeg weg vir ‘n ski naweek in Oosterryk 500 pond, ski kaartjies ingesluit” of so iets.

Jy begin reëlings tref en alles , uiteindelik is dit tyd om te betaal, maar daar word vir jou gesê, nee man , jy is ‘n Suid Afrikaner, en hierdie aanbod is net geldig vir Britte, jy moet  1000 pond betaal.

Dit het nog nooit in die buiteland met my gebeur nie, behalwe by die hekkie as jy Vic Falls wil gaan kyk. Daar betaal jy ook op ‘n glyskaal.

Zimbabwiërs betaal een of ander onbenullige bedrag in Zim dollars, SADC lede betaal meer, en alle ander betaal nog meer. Net soos by die Kruger wildtuin.

Dan kry mens verder die aanbiedinge in die dagpers, veral die naweek pers en die SA reistydskrifte.

3 dae wegbreek na die Okavango *** aanbod slegs geldig vir SA burgers ens.

Diskriminasie op grond van afkoms – nasionaliteit.

Dit klink nie vir my reg nie.

Wen ALWEER die lotto

November 11, 2008 in Sonder kategorie

Dis nou al die derde keer vandag dat ek verneem ek het die lotery gewen, en dit sonder om eers ‘n kaartjie te koop.

Meer as ‘n miljoen pond “starling”

Dis seker my gelukkige dag !

Ek sien verder ek moet vir niemand daarvan sê nie.

                    
AWARD WINNING NOTIFICATION:

 

We
happily announce to you the draw (#1329)
Ball
Set Used:
4 of the UK
NATIONAL LOTTERY, Online Sweepstakes International program held on
08/11/2008 and was officially Announced your e-mail address attached
to ticket number:
56475600545299
with Serial number 5368/08 drew the
lucky
numbers
:
(3)-(11)-(24)-(29)-(43)(bonus ball no.25), which subsequently won you
the lottery in the 2nd category i.e. Match 5 plus bonus. You have
therefore been approved to claim a total sum of £1,440,772(One
million, four hundred and forty thousand, seven hundred and seventy
two pounds starlings) in cash credited to file KTU/
9023118308/03.

 

This
is from a total cash prize of £2,881,544 shared amongst the
first Two (2) jackpot lucky winners in this category i.e. match 6.All
Participants for the online version were selected randomly from World
Wide Web sites through computer draw system and extracted from over
100,000 unions, associations, and corporate bodies that are listed
online which are America, Africa, Asia, Australia, Europe, Middle
East, and Oceania.

 

This
promotion takes place weekly. Please note that your lucky
winning
number
falls within our
Europe booklet representative office as indicated in your play
coupon. In view of this, You have therefore been approved to claim a
total sum of You have therefore been approved to claim a total sum of
£1440, 772(One million, four hundred and forty thousand, seven
hundred and seventy two pounds sterling) would be released to you By
any of our payment offices in Africa or Europe They will commence the
process to facilitate the release of your funds As soon as you
contact them.

 

For
security reasons, you are advised to keep your winning information
confidential till your claims is processed and your money remitted to
you in whatever manner you deem fit to claim your prize. This is part
of our precautionary measure to avoid double claiming and unwarranted
abuse of this program. Please be warned. To file for your Claim,
please contact our FIDUCIARY agent:

Mr.
Mark Newman

Email: [email protected]

Tel:
+44 702-4035909

Tel:
+44 702-4082485

Fax:
+44 700-6063034

For
further clarification/verification of your claims, Please call any

Of
the phone number of our Fiduciary agent stated in this notification
e-mail. You can go to our online result site to confirm the value of
your winnings and also get a prize breakdown.

Good
luck and congratulation from all members of staff of the UK

NATIONAL
LOTTERY.

Yours
faithfully,

Mr.A.P.Chester.

PHONE:
+447031905578

Online
coordinators for UK NATIONAL LOTTERY

Sweepstakes
International Program

Swart Suidoos

November 11, 2008 in Sonder kategorie

Teen vyfuur vanoggend begin die wind fluit om die hoeke van die huis.

Vensters en deure klap. Reën kom by een venster in. Suidoos reën, ‘n klassieke swart suidooster.

Ek wed jou in die Kaap skyn die son, maar nie hier waar die wind die wolke vasdruk teen die berge nie.

Die SA weerburo se ou webwerf was prakties en funksioneel, met presies alles reg net soos mens dit graag wou sien.

Ongelukkig is hulle besig om na nuwe ontwerp te migreer. Hierdie skakel wys die wind…. hopeloos verkeerd… ten minste het hulle ‘n stormwind waarskuwing uit. Ek skat die huidige windspoed op minimum 60 km/u. Mens sou dink dat hulle die wind gedeelte van die voorspelling opdateer.

Hoekom hulle van die 100% goeie ou werf, na die onpraktiese nuwe werf wil verander verstaan ek glad nie.

Gemsbokke

November 9, 2008 in Sonder kategorie

Gemsbokke is myns insiens die mees treffende bok.  “Striking”

Gemsbok met ‘n “tower sirkel” in die agtergrond.

Die kombinasie van Gemsbok en woestyn, bouvalle , wrakke en geraamtes… sterk simboliek.
‘n Mens kan sien hoekom Keith Alexander dit gebruik het.

Die skedel in die gang van die bouval maak die prent.

Wrak van die Eduard Bohlen

Disclaimer : Ek het geen besigheidsbelang van enige aard by  www.desertart.co.za  nie,  maar  ek is ‘n bewonderaar van Keith Alexander se werk.

Mercury eiland

November 9, 2008 in Sonder kategorie

“This was the place, I remembered suddenly, where one man after another had gone mad – in the old days and in our times.

One glance at Mercury is enough to explain all the tragedies.

This is the weirdest rock of the lot, a place to visit but not a place where I would care to linger.”

Mercury eiland

Die eiland wat skud.

 

Dolphin head met South Head in die agtergrond.

Lawrence Greene bo-op die spits van Mercury eiland, omstreeks 1948.

Een myl vanaf Dolphin Head. In die middel van Spencer baai. 50 km van Luderitz.

Daar is ‘n massiewe grot in die eiland, uitgekalwe deur die see, en as die branders groot word skud die hele eiland van die slag.

“ The Glory Hole”

“The cave on the seaward face of mercury is 150 feet high.

Crashing seas have eaten their way right through Mercury; they come out through a small tunnelon the landward side. How long will it be before the hollow, quivering island collapses into the cavern? It is inevitable. Mercury island will become a heap of rubble instead of a pyramid.”

Spencer baai is vernoem na kaptein John Spence, smokkelaar en avonturier, wat met die “Sea Bird” wapens gesmokkel het in die dae toe die Hereros en Jonker Afrikaner se “Hottentotte” met mekaar oorlog gemaak het. Dit was voor die koms van die Duitsers, en Namibië was niemandsland.

Soos die bakleiery voortgeduur het, was sendingstasies afgebrand, en transportryers beroof. Uit die kolonie is ‘n wet uitgevaardig – niemand sal meer die strydende partye van wapens voorsien nie –  so het kaptein John Spence een van die groot smokkelaars geword. Hulle het hom nooit gevang nie, sy nek was op die spel.

“There on a little beach, framed between the cliffs and overshadowed by Dolphin Head,
was a coasting steamer. She was the Otavi, she was there for keeps.”

Die wrak van die Guano skip “Otavi”, lê die afgelope 63 jaar op die sand van “Spence’s bluff”, waar Spence daai tyd nog een keer ‘n engelse “gunboat” uit oorlê het.

Eiland bewoners sweer hoog en laag dat dat op sekere aande skyn die ligte deur die ‘Otavi” se patryspoorte…..

Die Otavi is ook aan die opbreek….

*  Die skilder Keith Alexander is in 1998 oorlede op 52 jarige ouderdom.

Die hoof tema van sy wek was die verganklikheid van die mens,  gewoonlik met die skedelkus as agtergrond.

www.desertart.co.za
 
** Lugfotos deur Brian McMorrow :    www.pbase.com/bmcmorrow/profile
 
*** Oudergewoonte het ek weer vir Lawrence Green aangehaal uit “At Daybreak for the Isles”

Obama die Arabier

November 8, 2008 in Sonder kategorie

Dit skeel my min van watse nasie Obama afkomstig is.

Eskimo, arabier, boesman, bantoe of marsmannetjie, ek is min gepla.

‘n Goeie argument is wel soms afleiding op die blogs, en ek is al gewoond daaraan om uitgekak te word oor sekere kommentaar wat ek lewer en erken ten volle dat my omstrede kommentaar altyd moedswillig en tong in die kies is.

Anton het op Sê geskryf dat Obama se pa ‘n arabier is …. wat my laat wonder het … maar is hy ‘n arabier ?

Hier is wat Anton en Petrus vir mekaar gesê het.


Anton gee my goeie raad, en ek gaan google toe maar en kom op wikipedia af.

Op hierdie stadium  het Krokodil  kommentaar gelewer. Die “screen shot” hier moet van onder af boontoe gelees word.

Ok, nadat ek goed uitgekak is  , ten einde laaste die volgende :

Dankie Anton, dit was pret.

Volkebond

November 6, 2008 in Sonder kategorie

Daar sit ons toe vanaand.

Rus, Duitser, Tsjeg en Afrikaner om ‘n tafeltjie.

Bespreek alles, Dresden, Stalingrad, Lidice, Aushwitz, Hiroshima , en weet nie wat nog alles nie.

Die drank vloei in die Kleindorpie kroeg .. en ek kon nie anders as om die ironie in dit alles te sien nie.. die Rus het langs my gesit, en die Duitser in die oë gekyk toe hy gepraat het oor die telefoon, die Duitse veldtelefoon in Stalingrad.. wat tot op die laaste nog gewerk het, selfs toe Paulus aan die oorgee was het die telefoon nog steeds gewerk.