Jy blaai in die argief vir 2008 Oktober.

Dodelike boek bekendstelling

Oktober 14, 2008 in Sonder kategorie

Prague – The son of fairgrounds operator Václav Koska was murdered Thursday
night at Prague’s downtown restaurant Monarch an hour after opposition leader
Jirí Paroubek launched his new book there. Entrepreneur Bohumír Durisko,
Paroubek’s alleged acquaintance, stands accused of the murder.

Shortly after the launch party ended at around 10pm, there were reports that
Durisko shot at 40-year-old Kocska Jr after a brief argument. The victim’s body
was taken away around 3am. At this point the wife of the deceased fainted.
Police completed on-site investigation at 3:50am, according to Czech TV.

“Two customers were involved in an argument. A 40-year-old man remained at
the site, succumbing to his injuries. The shooter, whom police have detained at
the crime scene, is a 55-year-old man,” said Prague police spokesman Ladislav
Bernášek.

All Paroubek’s friends

Paroubek told Czech TV the murder was a personal tragedy for him because the
deceased was one of his friends. He repeated this statement at a press
conference and refuted that he had any ties with Durisko, saying the book launch
was an open event.

“I am the mother of a son who just got killed by some fucking bastard. My son
was a decent man, and he never harmed anyone in his entire life. He was murdered
in front of all the people who were there, including my husband. He fainted and
so did I,” Kosková told Rádio Impuls.

“Whether there is some political motive behind this, if someone from the ODS
instigated this, or if it was someone else – I don’t know. I wasn’t there. My
son never did any business with that man. He bumped him off because he was being
rude to my husband and my son told him to stop.”

The name of Václav Koska, the father of the deceased, as well as the name of
the suspected killer, Bohumír Durisko, appeared in the media two years ago in
connection with the so-called Kubice Report. In the report, Jan Kubice, the
then-head of the Czech police’s organised crime unit, wrote about alleged ties
between politicians and organised crime.

According to the report, Václav Koska was a suspect in the murder of
controversial entrepreneur František Mrázek. Koska, according to some sources,
served at the time as adviser to then Prime Minister Jirí Paroubek. Paroubek has
denied this.

Bohumír Durisko, who once collaborated with the communist-era secret police,
StB, was identified in the Kubice Report as Paroubek’s acquaintance.

Berig uit die Prague Daily Monitor.

Hierdie insident word tans oor etes, by drinkplekke, en enige ander plek in
Tseggië bespreek..

Vet, sappige skinderstorie. Selfs meer so as Luke Watson se uitlatings hier
by ons.

Die voormalige eerste minister hou in boek bekendstellings partytjie in ‘n
restaurant in Praag.

“Die Monarg” , ‘n deftige plek. Die drank vloei, and die partytjie raak
gesellig. My Tjeggiese vriende vertel my , dat Durisko eintlik Paroubek se beste
vriend was.

Tipies politikus ontken Paroubek nou dat hulle vriende was, en beweer dit was
‘n oop funksie.

Die dronk stryery het gegaan oor wie die rykste is, en op ‘n stadium het
Kocska senior blykbaar sy beursie uitgeruk om vir Durisko uit te daag en te wys
dat hy meer geld het.

Kocska junior het nader gestaan om die onsinnige stryery te stop, waarop
Durisko ‘n pistool uitgeruk het en hom tromp op geskiet het.

Kyk as iemand in Johannesburg of Pretoria ‘n pistool saam dra na ‘n partytjie
toe kan ek dit nogal insien, maar in Praag ????

Let ook op dat die vorige hoof van die Tsjeggiese georganiseerde misdaad
eenheid (hulle skerpioene), Koscka snr sowel as Durisko verbind met
georganiseerde misdaad, en Koscka snr bv. met ‘n huurmoord.

Die eerste minister het interresante vriende gehad.

Let ook op dat Durisko in die ou kommie Tjseggië nou saam met hulle destydse
veiligheids polisie, die StB, gewerk het.

Eiland

Oktober 13, 2008 in Sonder kategorie

Die eiland is omtrent 8 km vanaf die sleephelling in Kleinbaai.

Kleinbaai

Eintlik 2 eilande, die een is meer ‘n groot rotsformasie as die ander.

Die groot eiland is Dyer eiland, en is ‘n voël reservaat. Hoofsaaklik duikers en pikkewyne.

“Voorkant” van Dyer eiland.

Die rotsformasie is bekend as Geyser rots, tussen Dyer en Geyser is die kanaal. Die haaie swem soms deur die kanaal, maar hulle is meer volop rondom die eiland. Op die dieper riwwe.

Behalwe in die somer, dan beweeg die haaie nader aan die strand. Veral die strook tussen Franskraal en Pearly beach.

“n “rubber duck” besoek die kanaal. Geyser rots op die agtergrond.

Die eiland, met Franskraalberge ‘n paar km weg.

Haaiboot

Franskraal, met Kleinbaai en Dangerpunt verder na links.

Men and Sharks

Oktober 13, 2008 in Sonder kategorie

1941

There were  not many signs of the war in Vienna as yet. We strolled the Kaertnerstrasse, met old friends, went to cafés, or drove out to drink new wine; the war had not yet brought many changes. People groused about this and that but this, too, was perfectly normal, because there is always grousing in Vienna; it was the proper and expected thing to do..

People in Vienna take an interest in cultural affairs  and in everything that goes on within their own four walls; as for the cannibals or the  coral fish or sunspots do, only a very small group cares at all.

“You don’t say! The West Indies? Hunting sharks? Really , under water?” People said. “Now that must have been really interesting.”  But nobody seemed to be interested.

To induce this second  thought, then, I went to Berlin, where I settled in a small pension in the Kaiserstrasse. By then there were air-raid warnings almost every night, and as  the pension was under the roof, on the fifth floor, the guests unanimously went down to the cellar the moment the sirens started. This taught me about the German sense of order.  As the attacks were light I stayed in bed and went through the same performance every night. The night clad congregation, well meaning, amiable, annoyed, and finally very annoyed , strove to bring me to my senses. In Vienna they would have said by the second evening, “Oh, all right, if he won’t, let a bomb get him!”

But times change, and we change with them. Not three weeks had passed when I was going down there with the others.

Because their sense of order had affected me?

Not at all.

Because I had contrived to sell our entire collection  of pictures to the Berlin Illustrierte. Because the largest paper in the German language planned to publish our experiences in five installments, and even give us a cover picture. Because nothing would have induced me not to be there when these reports hit the show windows of Vienna.

The  man  whose  hand I shook looked like a knotty oak, and there was something in his eyes that pleased me from the first.  A man  who loved nature and the great wide adventure of life, and went precisely the way that pleased him.

Just as he amazed me  with is remarks, I astounded him  when I talked about sharks and our habit of swimming among the creatures. He could not repress a smile. His manner made it quite evident that I need not try such fairy tales on an old fisherman like him.

‘SHARKS are always suspicious, and every shark will attack man if he is hungry or wounded or both….. Of the three species of shark that most frequently attack man, the striped tiger shark, the whale shark and the blue shark , the latter is the most dangerous” ( John D Craig, Danger is My Business.)

* Oorspronklik was Menschen und Haie in Switserland gepubliseer. Hass het Craig  se aanhaling na Duits vertaal, en  Men and Sharks is deur ‘n vertaler uit Duits na Engels vertaal.
 Vandaar die ooglopende fout met die spesies. Die whale shark of walvishaai is ‘n plankton vreter, Hass verwys eintlik hier na ‘n  “Whaler”, maw ‘n bronzie, die Koperhaai Carcaharinus brachyurus. Die  blue shark  waarna verwys word is ongetwyfled die “blue pointer” oftewel die Wit Haai , Carchorodon carcharias.

‘They are almost the only marine beasts of prey that really attack man and devour him’ ( Brehm, Life of Animals.)

‘I cannot , however, remember a single case where a mutilated shark was not immediately devoured by his brothers in great bites, tail first.’ ( William E Young, Shark! Shark!)

‘When we speak of their insatiability, this is to be taken literally. They are actually driven by a ravenousness that can never be satisfied.’ (Brehm, Life of Animals)

‘The jaws, provided with dagger -like teeth, are terrible cutting instruments’ ( H. Stelzner, Diving Technique)

In Griekeland  1941

Hans Hass  is 89 , woon vandag nog in Wene . Om in 1938 in die Karribiese see met haai te duik was ongehoord. Hierdie merkwaardige man  het sy 1941 ekspedisie in ‘n Duits besette Griekeland finansier deur lesings wat hy in Duitsland aangebied het, en aktief rondom die Griekse eilande gesoek na ‘n plek waar hy tussen haaie kon duik en verfilm.

In  die VSA in 1999 het  Jean-Michel Cousteau  ( Jaques se seun), tydens die oorhandiging van ‘n  toekenning  aan Hass  (op sy 80 ste verjaardig) een van d ie toesprake gemaak en erkenning verleen aan hierdie besondere  man.

Na die oorlog het die Russe, Hass se boot konfiskeer, maar hy het hom nie laat onderkry nie, en weer begin. Hy was die Franse  driemanskap , Dumas, Taillez en Cousteau vooruit, alhoewel Jaques Cousteau later baie suksesvol was met die Calypso ekspedisies.

Op skool het ek Hass sowel as Cousteau se boeke verslind, maar nie heeltemal geweet wat om te maak van die haai stories nie. Die  verskriklike aanval op Theo Klein by Buffelsbaai in April 1971  het ‘n geweldige impak op my gehad, die koerante en radio het dit wyd en syd rapporteer, maar die gogga het my reeds gebyt.  “Its a wild call and a clear call that may not be denied”

Dit is juis in hierdie tyd dat Danie Schoeman in die Strand begin haai vang, “Blue water white death” ‘n klassieke en defnitiewe dokumentêr begin draai in teaters, en word ‘n jaar of 2 later deur Jaws gevolg.

Danie Schoeman, Strand 1974, ‘n baie groot Wit Haai

Nou, met 1938 en 1941  in die verre verlede, dan kry mens net weer opnuut respek  vir die  ondernemingsgees , oorlogtyd in Nazi Duitsland, maar  Hass en sy maats gaan  duik en verfilm haaie in Griekeland…. En publiseer in 1948 , nadat die stof stadig aan begin lê, skaars 3 jaar na die oorlog, ‘n boek daaroor.  

Hans Hass in 2008 in sy studeerkamer

Frankryk 2001. Die laaste van die Franse driemanskap, kaptein Philippe Taillez , toe  96 sit voor in die middel. Regs van kom is Albert Franco, destydse bevelvoerder van die Calypso, en langs Franco sit Jaques Mayol, die vryduiker. Links sit Christian Petron, wat die onderwater tonele van Luc Besson se rolprent  ” Big Blue” geskiet het, losweg gebaseer op Mayol as hoofkarakter….. maar dit is vir ‘n ander dag. 

 
 

Tegniese punt

Oktober 11, 2008 in Sonder kategorie

Google is seker die nuttigste webwerf denkbaar.

Ek gebruik dit al vir ‘n geruime tyd as Engelse verklarende woordeboek, deur bv te tik “define azimuth” of so iets obskuurs. Of om vinning ‘n som te maak.

Hier is ‘n lekker triek wat ek vandag agter gekom het – wisselkoers berekening

In die voorbeeld hieronder wou ek weet hoeveel rand is in 10 dollar.

Probeer dit bietjie met verskillende geld eenhede.

Dit werk met enige omskakeling. Temperatuur, gewig, afstande, alles. Kyk self.

You’re gonna need a bigger boat

Oktober 11, 2008 in Sonder kategorie

“Jaws ….  The
spine chilling story  of one man
against a giant killer shark and a town that won’t face the truth “

 

Jaws, aanvanklik uitgegee deur The Chaucer
Press in 1974 , was  Peter Benchley se
derde boek. Die vorige twee was onderskeidelik ‘n kinderboek en ‘n
reisbeskrywing.

 

Die boek Jaws was ‘n blitsverkoper, en die
rolprent was die eerste rolprent in geskiedenis wat destyds meer as $ 100 miljoen by
die loket verdien het, heelwat meer, uiteindelik  $ 470 miljoen wêreldwyd. 
In 2008 is dit vergelykbaar met  
$ 1 880 miljoen , teen Vrydag se wisselkoers is dit amper  16 duisend miljoen rand! Benchley het die
filmregte destyds vir $ 250 000 verkoop. Ook nie sleg nie,  vergelykbaar met  $ 1 miljoen vandag , oftewel 8.5 miljoen rand.



 

Jaws was ook die eerste rolprent ooit wat
op dieselfde datum in teaters dwarsoor Amerika vrygestel is. destyds ‘n heel
nuwe bemarkingskonsep, maar  dit alleen
verklaar nie die ongelooflike sukses by die kaartjiekantoor nie.  Nie die rolprent , die storie, die
toneelspel, of enige ander aspek van die rolprent was so dramaties goed dat dit
hierdie ongehoorde sukses kon verklaar nie.

 

Die rede lê elders, in die psige van die
mens. Daardie oervrees, wat diep in jou onderbewussyn begrawe is. Die monster
uit die dieptes .

Geen dier op land hou die verskrikking van
die mensvreterhaai in nie, en geen monster fliek kon nog ooit kers vashou by
Jaws nie.

 

Hierdie oervrees vir haaie het veroorsaak
dat Jaws mense se verbeelding aangegryp het soos geen ander rolprent in die
geskiedenis nie. Oervrees is nie al nie, daar is ook ‘n werklike vrees
betrokke.

 

Grootskaalse swem in die see, strand toe
gaan, swem, en sulke aktiwiteite het eers in die vorige eeu regtig gewild
geraak, en in die somer  van 1916  het die “killer shark” legende sy verskyning
gemaak aan die New Jersey kus. Daar was 4 aanvalle, die media en publiek het op
loop gegaan, massa histerie, somer 
strand  toerisme wat oornag in
duie stort.  Koerant opskrifte : “Two
killed and one crippled by sharks ! 
Stillwell’s body found nearly bitten in two,  Boy and young man victims of Sea Monster” ensovoorts.

 

 “Close to Shore”  deur
Michael Capuzzo,  gee ‘n interessante
blik op hierdie gebeure,  veral die persepsies,
die menslike element …. “ a true story of 
terror  in an age of innocence”

 

 Sake organisasies en stadsrade wat alles in hulle bes doen om die
massa uittog van toeriste te stuit. Hierdie bykans identiese stel omstandighede
het homself herhaal  tydens Swart
Desember… 1957, aan die Suidkus van Natal.

 

“During the twenty-four hour period
following these broadcasts, the mass hysteria which mounted and spread through
the resorts has not been equalled since. Thousands of cars streamed away from
the resorts, blocking roads for kilometres at the single carriage bridges
characterizing the South Coast at the time. Hoteliers could not believe what
was happening as the little resorts became virtual ghost towns within hours.
South Coast residents were directly affected and during the ensuing months many
hotels went bankrupt.

 

Few people realize how serious a shark
attack can be for the economy of a resort area. Without doubt the ‘Black
December’ of 1957 is the best example of how a spate of attacks can cripple a
tourist industry”

Uit “Shark Attack”  Tim Wallet 
1978.

 

Benchley 
het Jaws baseer op die 1916 gebeure in New Jersey. Die stadsraad wat die
haaiaanval wou stilhou, die pogings om die monster haai te vang.  Die karakter Quint, die harde haai visser.
Net soos kaptein Ahab in die  Moby- Dick
rolprent , sou Quint  sterf met ‘n
harpoen tou om sy been gedraai terwyl die seemonster in die dieptes
afduik,  maar  Spielberg kon uiteindelik nie die lisensieregte vanaf die
vervaardigers van Moby-Dick bekom nie.

 

Die groei in die haaikyk-bedryf in Gansbaai
het iets te make met die Jaws-sindroom. Die oervrees, die kans om die
mensvreter in lewende lywe te sien . Die see bedek omtrent 70% van die aardbol,
en kan beskryf word as die blou wildernis, besigtiging van walvisse, dolfyne,
robbe en  so aan  kan vergelyk word met ‘n wildbesigtiging in
die wildtuin,  maar daar is tog iets
anders aan die kyk van die mensvreterhaai.



Rusland Georgië oorlog – nie vir sensitiewe lesers nie

Oktober 10, 2008 in Sonder kategorie

Die Russe met wie ek gepraat het is dit eens dat Georgië die skurke in die verhaal is, maar dit is een kant van die saak.

Hierdie fotograaf was na aan die aksie, en ek het hierdie 2 fotos van ‘n Russiese werf afgerip.

Sy naam is Arkady Babchenko

Die betrokke werf asook die wikipedia artikel is hier :

Wees asseblief gewaarsku dat  van die fotos nogal erg is , en die realiteit van oorlog tuisbring.

http://lsd-25.ru/2008/08/14/voyna-v-yuzhnoy-osetii-89-fotografiy-arkadiya-babchenko/

http://en.wikipedia.org/wiki/Georgia-Russia_war

Hoe ry die trein.

Oktober 8, 2008 in Sonder kategorie

Na aanleiding van ‘n artikel in hierdie maand se Noseweek, oor die wit olifant projekte, ontvang ek vandag hierdie artikel.

Dit het aanvanklik  hier verskyn :

http://www.singhandassociates.net/publications/articles/SASSarticle00000051204.pdf

To most daily commuters on some form or another of South Africa’s public transport system
there really is not much difference between one billion, one hundred billion or one trillion
Rand.

 These numbers are only used to describe the distances between planets and the
value of BEE deals concluded by previously successful politicians. They are abstract. Not
at all like the difference between a seven Rand two-stop trip home and an eight Rand direct
trip home.

It could explain why there is less uproar (and certainly fewer headlines) about the increase
in Gautrain’s cost rising from seven to over twenty billion rand than there was when Shaik
was convicted for misdirecting a relatively paltry million or so.

Here are a few things that can be done with (the extra) thirteen billion Rand.

• Instead of a train you could buy some top of the range S-class Mercedes Benz and
park them nose to tail to form a “train” that would be long enough to go around the
world

• Since most South Africans use minibus taxis instead of S-Class mercs you could
run a fleet of taxis, free of charge to commuters, from Johannesburg to Pretoria
with a taxi leaving each town every 2 minutes, maintain them at the AA rate of
R2,50 per km, replace all the taxis every month and you would only run out of
money after 50 years

• You could add 44 more lanes to the M1

• If you prefer to walk, a good bricklayer, if he made little brick tiles using stacks of 30
R100 notes, could lay a blue paved walkway, 1 metre wide from Johannesburg to
Pretoria. We would have R400,000 left over to pay the bricklayer for his work,
which should only take half as long to finish as the Gautrain

• Or if you want smart people to figure this out you could pay for a university degree
for every single 19 year old Gauteng resident and ask them what to do with the
money

Of course these estimates only work if we deem a billion to be a thousand million and not a
million million like some of our cousins across the pond used to do back in the day when we
just used ordinary trains.

Banana Republic Bullshit

Oktober 7, 2008 in Sonder kategorie

Aldus Max du Preez in die nuuste uitgawe van Noseweek.

In sy brief aan Pallo Jordan op bladsy 10.

Verwysende na die chaos by die nasionale biblioteek  ” …  the leading national library and information centre of excellence in Africa and the world …”  dis nou die verklaarde visie van die biblioteek… en ek het so verdomde gly aan “mission and vision statements”

Vintage Max du Preez, tans waarnemende redakteur van sy gunsteling tydskrif… myne ook .. die Noseweek.  www.noseweek.co.za

Hy skryf oa. aan Pallo: “When we met 21 years ago, you were still in exile and I thought that one day you would make a brilliant minister in charge of our arts and culture.”
 
Slotparagraaf :

“Fire the fool, Pallo, this is banana republic bullshit.
Better, why don’t you do the honourable thing and fire yourself”

Hierdie maand is die hele tydskrif vermaaklike leesstof, wat eintlik ‘n tragiese situasie is.

Op bladsy 22 is die storie van ‘n boereverneukery.

Bok Pretorius van ABSA Trust wat ‘n ou wewenaar, Koos Bleker, pleinweg bedonner van A tot Z.
Bok se medeskelms is ene Johan Marais ook van ABSA, wat baie bekwaam bygestaan word deur die prokureurs Jan S de Villiers…. om ‘n eenvoudige wewenaar uit sy geld te verneuk.  Pateties !  Om die minste te sê
.
Die les is eenvoudig … as jy enige besigheid het met ABSA Trust, dis nou hulle boedel afdeling.. wat dit daar weg, hulle bedonner jou van A tot Z. Aldus die Noseweek.

Eerste Nasionale Bank maak ook hulle gebruiklike verskyning….  op bladsy 25 is die storie van hoe hulle  ‘n pensioenaris met R 1000 bedonner het…. die pensioenaris is 84 en bank al 50 jaar lank met hulle ( eers Barclays en later ENB). 

“Kind way of telling your client of five decades to bugger off”

Ouens soos FW wat so graag lofliedere sing  kan gerus die artikel op bladsy 12 lees.
‘White elephant country” , die PBMR kernreaktor , sou R 847 000 000 gekos het, maar nou 
‘n skamele R 31 900 000 000. 

Of die FIFA wêreld beker wat volgens  Ngconde Balfour in 2003 net R 2 300 000 000 sou gekos het, en nou  R 23 000 000 000 , ja , dis 10 keer meer gaan kos.

“Unfortunately, no one in authority, except Helen Zille, had the courage to call for a less grandiose plan before we’d spent most of the money.”

Ensovoorts.

Looi hulle Max !

Straat fights en so aan

Oktober 6, 2008 in Sonder kategorie

Een keer het iemand my vreeslik hard gemoer. Lights out !

Ek kan nie veel van die fight onthou nie. Die eerste hou teen my bek, of sal ek sê kakebeen, het my neergevel. Die outjie wat my gepos het, het toe maar aangegaan en sokker gespeel met my kop. Die randsteen was die doelpale, en hy het my kop hard genoeg daarteen vas geskop dat ek mos gaan vir steke … . nadat ek wakker geword het …

Ek weet nie eers wie my gemoer het nie, ten minste was my kakebeen nie gebreek nie, al my tande nog vas, ….. ok, vir omtrent 3 weke of so was als te seer om reg te eet, en het ek kliphard probeer onthou wie my so toegetakel het …. een ding is seker, in daai omgewing en by daai  kroeg vat ek geen kanse nie, trouens ek gaan nie eers meer soontoe nie. En dit was nie in Gansbaai nie.

Ek weet wel dat ek moeilikheid gesoek het, en ook dat ek teen daai tyd van die baie vroëe oggend ook al redelik diep in die bottel gekyk het.

Petrus het nog al sy tande en hou ook nie van ‘n seer bek nie. Ook nie van verpleegsters wat hom martel met naalde en garing nie.. terwyl hulle hom uitvreet oor hy op sy ouderdom in straat fights betrokke raak nie.

Wat my nou by die eintlike redenasie uitbring …

Hoekom word mense gedonner…

Moontlike redes :

1. Jy lê aan by ‘n jaloerse, dog groot en sterk ou se meisie.

2. Jy vertel die ou dat …………….. is ‘n vreeslike swak rugbyspan en dat ………………. is nie ‘n Springbok se gat nie.

3. Jy stamp sy brandewyn en coke om.

4. Jy is self warm en vertel vir hom iets oor sy ma se e-pos

5. Jou pêlle maak onverantwoordelike stellings teenoor groot, sterk en wrede ouens en in die daaropvolgende gebeure is jy “collateral  damage”

6. Ensovoorts.

Vul maar self die spasies in.

Punt is, daar is baie moontlike redes, sou die slaner natuurlik in die hof beland ( onwaarskynlik maar moontlik), sal hy skuldig wees tensy hy in noodweer opgetree het.

Erge provokasie kan soms as versagtende omstandighede genoem word.

Dikwels is daar ook gevalle waar daar geen provokasie was nie, en soms moet ‘n mens in ‘n situasie waar jy duidelik sien jy gaan seerkry, nie aan die vloek en skel gaan nie.

Somes egter, is jy nie die oorsaak daarvan dat jy gemoer word nie. Maar selfs al het jy nou gevloek, die ou se girl aan die boud geknyp het, jou ligte op bright gegooi het ens ens, is dit verseker nie reg dat jy met ‘n bofbal kolf papgeslaan word nie… of dat jou kop deur ‘n aspirant Naas “geplace” word nie.

As Afrikaan nou iewers op Sê melding maak daarvan dat  sommige boere wel  hulle werkers gevloek, beledig of te na gekom het, probeer hy seker nie daarmee goedkeuring aan plaasmoorde verleen nie.

In verreweg die meeste gevalle van plaasmoorde is dit nie die boer se eie werkers wat hom vermoor nie. Trouens , Die Rapport het Sondag berig oor die plaaswerker wat oor ‘n draad gespring het om sonder enige wapen ‘n leeu van sy baas dogtertjie te verwilder. Dapper man.  En 3 weke gelede het ‘n ander plaaswerker in Namibië ‘n leeu van sy baas af geskiet.

Gee huishoudelike dispute soms aanleiding tot moord ?

Macho dronk en/of gerookte outjies wat rondry en moeilikheid soek ?

Gee loon dispute soms aanleiding tot moord ?

Of beledigings en vloekery ? aanranding ?

Regverdig enige van bogenoemde moord ?   Natuurlik nie.

Daar is baie aanleidende oorsake, en rassistiese en opruinde uitlatings van politici is ook redes.  Regte haatspraak dus, nie beuselagtihede oor die bipolêre toestand nie.

Gewone misdadigheid is ook ‘n oorsaak.

Daarom is ek verbaas oor die onlogiese/moedswillige/swaksinnige redenasies wat mens op hierdie blogs raakloop.

Veral van mense wat eintlik van beter weet…  dan besef mens die redenasie is “kennelik” oneerlik.

Sellulêre kontrakte

Oktober 2, 2008 in Sonder kategorie

Na al die opwinding met Cell C vandag…  het ek bietjie gaan kyk hoe vergelyk die spul.

Swak kliëntediens en rekening “foute” word nie ontleed nie.

Die tabel probeer slegs pryse vergelyk.

www.whythawk.com/analysis/guess-which-south-african-cellular-company-offers-the-best-contract-tariffs.html