Aluta Continua Cell C

Oktober 31, 2008 in Sonder kategorie

Miskien onthou julle van my stryd met Cell C oor die selfoon rekening uit die hel.

Die een van amper R 11 000 met  ‘n item van oa. R 7790.36 onder die hoof  ” GPRS while Roaming”.

Genadiglik het ek die bank sover gekry om die R 10 962 om te swaai , en het die debietorder ten gunste van Cell C gekanselleer, maar ek het hulle wel R 3500 betaal vir die wis en die onwis, net om seker te maak my kant is skoon terwyl ek ‘n bestendige een rigting e pos en faks veldtog met hulle voer.

Een rigting want hulle antwoord nie, hulle het wel my uitgaande diens op die 20 ste gesny oor die nie-betaling van die volle R 11 000 rekening. Ek kan nog inkomende oproepe ontvang.. veronderstel mens moet dankbaar wees.

Gister, na 4 weke, stuur Pam Viola Madlakamela toe jou wrintiewaar ‘n e possie , hier is hy

Good Day.
Thank you for contacting Cell C.
Kindly be advised that your faxes & emails were received. We are currently working on your query  with our IT Department.
Should you have further queries, please contact customer services.
Regards
Pam Viola Madlakamela
Client Liaison Consultant
Cell C (Pty) Ltd

Nou kyk, sedert 1 Oktober het ek BAIE e posse vir hulle gestuur,  BAIE BAIE.

In een van hulle  het ek doodonskuldig die volgende vraag gevra

Dear Cell C

My questions again :

Your Cell C GPRS – Internet service has reference.
 
Questions :

1. Does cell C have a data roaming ( GPRS internet) service agreement in Mozambique.

2. If yes, what is the cost per megabyte of data.

3. If no, please confirm that you do not have a GPRS internet roaming agreement with a service provider in Mozambique, and also advise if such an agreement will be contemplated at some future date.

regards
Petrus Pap

Vandag kry ek toe hierdie absolute juweel van ‘n antwoord :

Dear Mr Petrus Pap

Kindly be advised that we currently don’t have GPRS internet roaming abroad also including  Mozambique. Please note that it is not yet confirmed when it will be launched or available.

Thank you

For any further assistance feel free to email us at [email protected]

Regards

Richard Makwara
Client Liaison Consultant

Hahaha , wat kan ek sê anders as dat ou Richard my held is !!!

Aangesien Cell C nie ‘n “GPRS internet roaming” diens of ooreenkoms in Mosambiek het nie, volg dit seker dat hulle my nie daarvoor kan laat betaal nie ??

Hau, eish!  g’n wonder dit gaan maar sokkel sokkel daarso by die Cell C IT afdeling nie.

What next ?

13 antwoorde op Aluta Continua Cell C

  1. He he BEE = black economic extortion … roer hulle pap en laat dit in die voorheen agtergeblewende pot (is dit die korrekte naam vir die ou bekende k*pot. Sterkte.

  2. johrne het gesê op Oktober 31, 2008

    haha, dis great, dis hoe mens sake in die hof wen!!

  3. Vetjan het gesê op Oktober 31, 2008

    Hallo Krok , sy naam is John.
    Great band.

  4. ek slaan maar prepaid. Dit is dalk armgatterig maar wie worry nou. Ten minste kan ek hulle met my ou selletjie teen die kop gaan klap sonder te veel ekonomiese pyne nie …

  5. Ceara het gesê op November 1, 2008

    Liewe hemel Petrus wat ‘n saga…. ek hoop dat Richard se e-pos beteken dat die einde hiervan ‘n uitgemaakte saak is, en dat die linker- en regterhand met mekaar bekend is by Cell C…

  6. Alle selfoonplekke is kak.

  7. Ou-Top het gesê op November 2, 2008

    Nee hel Petrus man, waar is al die fotos en interessante skrywes man. Was jy al op van die eilande daar aan die Kaap? Miskien werk jou ook so hard soos ek deesdae en praat ek uit my beurt uit. Groete daar.

  8. Vetjan het gesê op November 2, 2008

    Ou Top, jy’s reg, eks jammer. Ek was net so die bliksem in Vrydag.. ek belowe ek sal voortaan beter inskrywings doen.

  9. Ou-Top het gesê op November 2, 2008

    Nee Petrus ek kritiseer glad nie, ek mis net en verlang na jou artikels.

  10. Tipiese “Big Business” arrogansie om mens te ignoreer en hoop jy sal weggaan.
    Good for you dat jy aangehou karring het aan hul gatte. Ken jy die verbruikers-webruimte hellopeter.com? Ek het dit al by geleentheid gebruik en uitstekende resultate gekry.

  11. Vetjan het gesê op November 6, 2008

    Thomas , daar is nog ‘n verbruikers webwerf : getclosure… Cell C het nogal gereageer daarop… uiteindelik, na al my fakse, e mails, en ek op get closure ‘n stukkie ingevul het maak sie sakie beitjiet vordering. En wonder bo wonder, vandag bel ‘n Afrikaanse outjie my vanaf Cell C, ja hy hanteer nou die sakie, en ek het sy selfoon nommer.. die beste..hy verstaan die probleem. Aanhouer wen.

  12. Kyk Ek is n dealer van vodacom amper 2 jaar nou en ou maat daai ouenes is besig om jou knock…. Kom is se vir n redenasie as hul gprs daar hety behoort jy vir n mb R4.00 na 6 rand te betaal dit is as jy data sent na Suid afrika…. Se vir daai ouens hul moet wakker skrik…..

  13. Vetjan het gesê op November 8, 2008

    Hallo Boeremeisie, uiteindelik het Cell C begin praat. Hulle het my oa skriftelik meegedeel dat ek op GPRS roaming die Mosambiekse interne Vodacom en M cell tariewe sal betaal, omtrent R 2.50 per MB.

    Ook toegegee dat daar ‘n fout is.

    Ek het nou ‘n direkte kontak by Cell C, sy selfoon nommer alles. ‘n Hulpvaardige afrikaanse outjie op die koop toe.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.