As die sedoos nie waai nie.

Oktober 30, 2008 in Sonder kategorie

Tot eergister het die suidoos ons skoon deurmekaar gewaai.

Maar gister was daar net so ligte suidwesserige briesie en laatmiddag vandag glad niks wind nie.

Eers effe bewolk, maar net na 6 breek die son deur.

So het dit gelyk.

Eers was dit net bewolk, maar die outjies het sommer met ‘n roeibootjie gaan probeer vir geelbek.

en hierdie ou in ‘n kajak.

Toe breek die son deur. Die groot rots regs is Swart Sophie, en Dyer eiland is op die agtergrond.

Franskraalberg is helder verlig in die laatmiddag son.

Hier voor is die ghwano rots, met ‘n paar duikers wat die laaste bietjie son indrink.

Hier agter deur die duineveld is Dangerpunt waar die son nou wegsink in die see.

14 antwoorde op As die sedoos nie waai nie.

  1. Ceara het gesê op Oktober 30, 2008

    Dis lieflik PP, dit lyk soos die illustrasies van sprokies. Daardie een van Franskraalberg is besonders.

  2. Vetjan het gesê op Oktober 30, 2008

    Lorinda, ek dink op ‘n manier is dit illustrasies van sprokies.

  3. katrina het gesê op Oktober 30, 2008

    Stunning foto’s, soos altyd!

  4. wild1 het gesê op Oktober 30, 2008

    Pragtig!

  5. Ou-Top het gesê op Oktober 30, 2008

    Weereens dankie vir interessante inligting en fotos,die Kaap lyk dan nou vir my so n lekker plek.

  6. Vetjan het gesê op Oktober 30, 2008

    Dankie Katrina 🙂

  7. Vetjan het gesê op Oktober 30, 2008

    Ou Top, hou net in gedagte dat die suidoos ons die vorige 5 of 6 dae omtrent weggewaai het… maar dit maak net dat mens dae soos vandag meer waardeer.

    Willemien.. thanx 🙂

  8. Berwick het gesê op Oktober 30, 2008

    Ek hou van jou foto’s.

  9. Stunning fotos. Dankie.

  10. Wat maak jy aan ons Gautengers … ?

    Om nou sulke mooi fotos op te sit. Ek sal graag daar wil uithang…

    Is daar ‘n karavaan kamp wat permanente mense inneem …?

  11. Vetjan het gesê op Oktober 31, 2008

    Natasja, as jy bokkoms eet is jy mos ‘n weskussser.

  12. Vetjan het gesê op Oktober 31, 2008

    Berwick en Reptieltong, dankie en plesier 🙂

  13. Vetjan het gesê op Oktober 31, 2008

    Ludwig, ja hier is, onthou net dat teen die see kan die wind mens amper wegwaai as hy die dag waai.

  14. die fotos know my hart

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.