Morawiërs

Oktober 29, 2008 in Sonder kategorie

So week of twee gelede ry ek van  Die Dam af in Wolvengat se rigting.

Na al die reën in September is die Strandveld groen.

Wolvengat is naby Elim, en die Elimmers is die beste rietdakdekkers wat daar is.

Hierdie huis in Wolvengat is in dieselfde boustyl as die huisies in Elim.

Elim is ‘n Morawiese gemeenskap, die Morawiese kerk het daar en op nog so paar ander plekke, sendingstasies opgerig.

By my in die kar was ook ‘n Morawiër. ‘n Regte egte een. Vanaf Zlin, daar waar die oorspronklike Bata skoenfabriek was.

Probleem is nou net die Morawiese kerk is al vir eeue lank nie meer in Morawië nie, die Morawiër by my behoort aan geen kerk nie, en veral nie die Morawiese kerk nie.

Ek wou weet hoekom die Morawiese kerk in Duitsland was en nie in Morawië nie, wat die regte egte Morawiër glad nie kon verklaar nie.

Die antwoord is natuurlik dat die lede van die kerk van Bohemië en Morawië uitgewyk het Duitsland toe vanweë vervolging, en toe Duits geraak het. Moes maar bietjie gaan oplees, maar daar weet ons nou.

5 antwoorde op Morawiërs

  1. Ceara het gesê op Oktober 29, 2008

    Ek hou baie van jou fotos, soos altyd. Veral die boonste een, behalwe vir die bruin gras in die voorgrond herhinner dit my aan ander plekke wat ek ken..

    Waarom is Elimmers die beste rietdakdekkers wat daar is?

    Baie interessant oor die Morawiese kerk.

  2. Pragtige foto’s.
    Lekker dag verder.

  3. Baie mooi fotos. Lekker stukkie inligting ook. Heerlike inskrywing…

  4. Vetjan het gesê op Oktober 29, 2008

    Lorinda, een van die goed wat die sendelinge gedoen het was om die mense vaardighede te leer. By Elim was dit dakke dek, die vaardigheid is van pa na seun oorgedra.

    Die stukkie bruinerige gras voor het sulke pers blommetjies op, dis nie so duidelik op die foto nie, maar die veld hier is dikwels maar net bruin. Daar is nie wolwe by wolvengat nie, altans nie waarvan ek weet nie.

  5. Vetjan het gesê op Oktober 29, 2008

    Lou en Ludwig, baie dankie julle twee.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.