Rand – vasbyt.

Oktober 22, 2008 in Sonder kategorie

Mike Schüssler is hoof-ekonoom van T-Sec, en sy ekonomiese voorspellings was nog altyd redelik akkuraat.

 Hy skryf vandag in  Die Burger   in sy weeklikse ekonomiese rubriek :

“Vir eers wil die Reserwebank met
onveranderde rentekoerse volstaan, maar ’n mens wonder of dit so sal
aanhou indien die rand met byvoorbeeld ’n verdere 10% sal daal –
miskien sal die rentekoers moet styg.

Op die oomblik wil
niemand eers aan so ’n moontlikheid dink nie, omdat eiendomspryse en
die vraag na algemene goedere, soos motors, selfs verder kan daal.

Laer eiendomspryse sal ’n ramp vir banke wees wat reeds meer as 5 000 voertuie per maand, teen ’n verlies, terugneem.”

Terwyl ek nou hier sit en skryf verhandel die rand teen 11.09 per dollar.

Mike het sy rubriek seker al ‘n dag of twee gelede geskryf, en die rand se meer as 10% daling het klaar  gebeur.

Die rand hak nie eers vas by die gewone weerstandsvlakke nie, en persoonlik sal ek nie verbaas wees as die rand binnekort verby 12 gaan beweeg nie. Dis nou 12 rand reenoor die dollar.

Wat beteken dit :

Huispryse gaan verder verswak.

Hier is groot vasbyt voor.

Laastens, vir al die groot “eksperts” na regs bv. Anton, en na links soos bv. Francois, hierdie ineenstorting van die rand het alles daarmee te doen dat die groot beleggers, wat 95% van die valuta transaksies doen, besig is om geld te ontrek.

Dis nie net ons nie,  ook bv. Turkye.

En in die paar minute wat ek hier skryf het die rand nog so paar pips verloor … nou by 11.17 !

bietjie later, net na 6 .. die rand verhandel teen 11.25 .. nog 8 sent

5 antwoorde op Rand – vasbyt.

  1. Ceara het gesê op Oktober 22, 2008

    Petrus, FW se ekonomiese standpunt is allesbehalwe links. Hy glo aan private enterprise en blog oor sy besigheidsplanne – dis nie ‘n linkse siening nie 🙂

  2. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2008

    Lorinda, jy is reg, baie “sloppy” van my.

  3. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2008

    Krok, solank jy nie nou ‘n huis probeer verkoop nie, en solank jy nie tans uitgemax is op jou verband skuld nie, kan mens maar vasbyt, ek hoot gister van ‘n ou met ‘n goeie werk , ‘n duur BMW en ‘n huisverband wat ge “retrench” is … Engeland, IT werk.. en nou is die die wet van Transvaal, selfs in Engeland.

  4. antonb het gesê op Oktober 27, 2008

    Probleem is die rand is die swakste presteerder onder al die ontluikende markte s’n – swakker as Aus, China ens.

    http://www.fin24.com/articles/default/display_article.aspx?ArticleId=2414703

  5. Vetjan het gesê op Oktober 27, 2008

    Anton, heelwat rolspelers in die valutamark was deurentyd van mening dat die rand te “sterk” was, en dat hy nou nader beweeg aan waar hy moet wees.

    Sal gaan kyk na die artikel waarna jy verwys. Sondag se Rapport het nogal ‘n redelike artikel oor Mike Schussler.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.