Moskou vir Ou Top

Oktober 22, 2008 in Sonder kategorie

Die Portugese ontdekkingsreisigers het mos klipkruise opgerig waar hulle aan wal gegaan het, soos by Kaap Kruis en Kwaaihoek.

Lubyanka plein is ‘n baie berugte plek in Moskou. Yster Felix se standbeeld was altyd hier … reg voor die KGB se hoofkwartier … hier in die agtergrond.

Die Lubyanka moltrein stasie is met die trappies af.

Die spesifieke doel met hierdie was om die Amerikaanse weegawe van die padrao voor die KGB se gebou af te neem.

McDonalds se burgers smaak nog steeds sleg, al het hulle ‘n McDonalds tak op die Lubyanka plein opgerig.

Yster Felix Dzerzhinsky se standbeeld is  in 1991 verwyder.

Hierdie foto is in 2001 geneem.

10 antwoorde op Moskou vir Ou Top

  1. Wonder of hulle melkskommels lekker is. Ek is mal oor McDonalds sin. Die burgers kan meer bly…

  2. Ceara het gesê op Oktober 22, 2008

    LOL! Dis ‘n interessante foto PP. Plaas asb nog. Ek neem min fotos, maar op jou kan ons staatmaak :-).

  3. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2008

    Hi Ludwig, ek dink amper die ding van Mcdonalds is dat hulle kos alles en orals dieselde smaak. Maar ek het nie in Rusland iets daar gekoop nie.. dis tog sinneloos om Rusland toe te gaan en Mcdonalds kos te koop.. daarvoor kon mens maar afgery het mall toe of iets.

  4. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2008

    Ai Lorinda, al die aanwysings in hulle moltrein is in cirilliese skrif, en ek kon dit nie so mooi lees nie, so die grootste deel van my besoek aan Moskou het bestaan uit verdwaal wees op die moltrein. Die baie bier wat hulle gelukkig daar in die gangetjies verkoop het, het die verdwaal ervaring baie aangenaam gemaak… maar was nie bevorderlik vir die neem van fotos nie.

  5. Ceara het gesê op Oktober 22, 2008

    PP, jammer oor die die verdwaal, maar mens kan groot avonture so in die verdwaal hê.. Het iemand hom/haar nie oor jou ontferm nie?

  6. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2008

    Ja, die bier verkoopsmanne 🙂

    Verder het niemand gedink ek het hulp nodig gehad nie.

  7. Ceara het gesê op Oktober 22, 2008

    Jy moes meer verlore gelyk het!! 🙂

  8. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    Dankie Petrus, mooi ou geboue daardie. Het n ruk gelede n fliek gesien oor n Kossack wat so raak kon skiet. Enemy and the Gates, dink ek, gaan oor n skerpskutter wat die Duitsers so man alleem uitgeroei het. Of was die naam Shooter? So die afbreek van standbeelde is nie n nuwe ding hier op aarde nie.

  9. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2008

    Enemy at the Gates…. Stalingrad.

    “Noble sniper” Zaitsev van die Siberiese 284 ste geweer divisie.

    Lees : Stalingrad deur Antony Beevor

  10. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2008

    Ou Top , wat ek wou sê is dit, as jy van die lughawe af inry Moskou toe is daar langs die plek langs die pad so klein stukkie doringdraad heining, en daar sal elke Rus vir jou verduidelik op daardie plek , presies daar, het hulle die Duisers in die “groot patriotiese oorlog” gestop.

    Amper elke enkele gesin het tydens WO2 ‘n man en/of seun(s) verloor.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.