Eiland

Oktober 13, 2008 in Sonder kategorie

Die eiland is omtrent 8 km vanaf die sleephelling in Kleinbaai.

Kleinbaai

Eintlik 2 eilande, die een is meer ‘n groot rotsformasie as die ander.

Die groot eiland is Dyer eiland, en is ‘n voël reservaat. Hoofsaaklik duikers en pikkewyne.

“Voorkant” van Dyer eiland.

Die rotsformasie is bekend as Geyser rots, tussen Dyer en Geyser is die kanaal. Die haaie swem soms deur die kanaal, maar hulle is meer volop rondom die eiland. Op die dieper riwwe.

Behalwe in die somer, dan beweeg die haaie nader aan die strand. Veral die strook tussen Franskraal en Pearly beach.

“n “rubber duck” besoek die kanaal. Geyser rots op die agtergrond.

Die eiland, met Franskraalberge ‘n paar km weg.

Haaiboot

Franskraal, met Kleinbaai en Dangerpunt verder na links.

7 antwoorde op Eiland

  1. miaau het gesê op Oktober 14, 2008

    Dankie vir die fotos. Franskraal is ‘n fantastiese vakansieplek.

  2. dis great fotos, daai is wragtag mooi wêreld

  3. Ceara het gesê op Oktober 14, 2008

    Is dit robbe op Geyser rots? Dis baie mooi fotos PP. Ek hou baie van hierdie Haai blogs.

  4. Vetjan het gesê op Oktober 14, 2008

    Lorinda, daar is soms meer as 50 000 robbe op Geyser. Dink hoe baie vis hulle moet vang en eet.

  5. Vetjan het gesê op Oktober 14, 2008

    Ek stem saam Pruimtwak dit is ‘n mooi wêreld die, en Miau, beslis ja, Franskraal is ‘n baie lekker plek.

  6. sprokie het gesê op Oktober 14, 2008

    Neem jy self die foto’s? Dankie vir die inloer, ek dink jy ws actually lank gelede ook by my blog, ek onthou jou naam!

  7. Vetjan het gesê op Oktober 14, 2008

    Prinses meestal. Maar sekeres nie. Bv Cate Blanchett en die vliegtuigie het ek nou ongelukkig nie afgeneem nie. Die fotos van Hanss Hass ook nie, Die een van Philippe Taillez, Mayol ens wel. so gaan dit aan.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.