You’re gonna need a bigger boat

Oktober 11, 2008 in Sonder kategorie

“Jaws ….  The
spine chilling story  of one man
against a giant killer shark and a town that won’t face the truth “

 

Jaws, aanvanklik uitgegee deur The Chaucer
Press in 1974 , was  Peter Benchley se
derde boek. Die vorige twee was onderskeidelik ‘n kinderboek en ‘n
reisbeskrywing.

 

Die boek Jaws was ‘n blitsverkoper, en die
rolprent was die eerste rolprent in geskiedenis wat destyds meer as $ 100 miljoen by
die loket verdien het, heelwat meer, uiteindelik  $ 470 miljoen wêreldwyd. 
In 2008 is dit vergelykbaar met  
$ 1 880 miljoen , teen Vrydag se wisselkoers is dit amper  16 duisend miljoen rand! Benchley het die
filmregte destyds vir $ 250 000 verkoop. Ook nie sleg nie,  vergelykbaar met  $ 1 miljoen vandag , oftewel 8.5 miljoen rand.



 

Jaws was ook die eerste rolprent ooit wat
op dieselfde datum in teaters dwarsoor Amerika vrygestel is. destyds ‘n heel
nuwe bemarkingskonsep, maar  dit alleen
verklaar nie die ongelooflike sukses by die kaartjiekantoor nie.  Nie die rolprent , die storie, die
toneelspel, of enige ander aspek van die rolprent was so dramaties goed dat dit
hierdie ongehoorde sukses kon verklaar nie.

 

Die rede lê elders, in die psige van die
mens. Daardie oervrees, wat diep in jou onderbewussyn begrawe is. Die monster
uit die dieptes .

Geen dier op land hou die verskrikking van
die mensvreterhaai in nie, en geen monster fliek kon nog ooit kers vashou by
Jaws nie.

 

Hierdie oervrees vir haaie het veroorsaak
dat Jaws mense se verbeelding aangegryp het soos geen ander rolprent in die
geskiedenis nie. Oervrees is nie al nie, daar is ook ‘n werklike vrees
betrokke.

 

Grootskaalse swem in die see, strand toe
gaan, swem, en sulke aktiwiteite het eers in die vorige eeu regtig gewild
geraak, en in die somer  van 1916  het die “killer shark” legende sy verskyning
gemaak aan die New Jersey kus. Daar was 4 aanvalle, die media en publiek het op
loop gegaan, massa histerie, somer 
strand  toerisme wat oornag in
duie stort.  Koerant opskrifte : “Two
killed and one crippled by sharks ! 
Stillwell’s body found nearly bitten in two,  Boy and young man victims of Sea Monster” ensovoorts.

 

 “Close to Shore”  deur
Michael Capuzzo,  gee ‘n interessante
blik op hierdie gebeure,  veral die persepsies,
die menslike element …. “ a true story of 
terror  in an age of innocence”

 

 Sake organisasies en stadsrade wat alles in hulle bes doen om die
massa uittog van toeriste te stuit. Hierdie bykans identiese stel omstandighede
het homself herhaal  tydens Swart
Desember… 1957, aan die Suidkus van Natal.

 

“During the twenty-four hour period
following these broadcasts, the mass hysteria which mounted and spread through
the resorts has not been equalled since. Thousands of cars streamed away from
the resorts, blocking roads for kilometres at the single carriage bridges
characterizing the South Coast at the time. Hoteliers could not believe what
was happening as the little resorts became virtual ghost towns within hours.
South Coast residents were directly affected and during the ensuing months many
hotels went bankrupt.

 

Few people realize how serious a shark
attack can be for the economy of a resort area. Without doubt the ‘Black
December’ of 1957 is the best example of how a spate of attacks can cripple a
tourist industry”

Uit “Shark Attack”  Tim Wallet 
1978.

 

Benchley 
het Jaws baseer op die 1916 gebeure in New Jersey. Die stadsraad wat die
haaiaanval wou stilhou, die pogings om die monster haai te vang.  Die karakter Quint, die harde haai visser.
Net soos kaptein Ahab in die  Moby- Dick
rolprent , sou Quint  sterf met ‘n
harpoen tou om sy been gedraai terwyl die seemonster in die dieptes
afduik,  maar  Spielberg kon uiteindelik nie die lisensieregte vanaf die
vervaardigers van Moby-Dick bekom nie.

 

Die groei in die haaikyk-bedryf in Gansbaai
het iets te make met die Jaws-sindroom. Die oervrees, die kans om die
mensvreter in lewende lywe te sien . Die see bedek omtrent 70% van die aardbol,
en kan beskryf word as die blou wildernis, besigtiging van walvisse, dolfyne,
robbe en  so aan  kan vergelyk word met ‘n wildbesigtiging in
die wildtuin,  maar daar is tog iets
anders aan die kyk van die mensvreterhaai.



9 antwoorde op You’re gonna need a bigger boat

  1. Ek sal die enetjie maar verby hou……hierteen het mens net geen verweer nie, sal maar liewer soort soek

  2. Ou-Top het gesê op Oktober 11, 2008

    Pitkos, gekonsentreerde pitkos op jou blog. Leer meer hier as uit jare se TV kyk en koerante lees. Onthou toe ek Jaws vir die eerste keer gesien het, bly die skrywer kon n paar rand maak. Hou so aan. Fotos puik, gee meer daarvan.

  3. Ag, Petrus, ek is nie bang vir haaie nie.
    Hulle weet al ek proe nie lekker nie.
    Ha!

  4. Ceara het gesê op Oktober 11, 2008

    PP, hierdie inskrywing is baie goed – ek het nooit juis vantevore oor haaie gedink nie. Baie dankie.

  5. Vetjan het gesê op Oktober 11, 2008

    Monica, statisties is dit nog steeds gevaarliker om met jou kar van punt A na B te ry. Ironies.

  6. Vetjan het gesê op Oktober 11, 2008

    Haai Lorinda en Ou Top 🙂

    Dankie!

  7. Vetjan het gesê op Oktober 11, 2008

    Lou, ‘n haai het iemand hier op Gansbaai gebyt, die volgende dag kry hulle die haai dood op die strand. Gevrek aan alkohol vergiftiging 🙂

  8. Ek kom seker van bang oermense af want ek het geen begeerte om daardie tande van naderby te sien nie. Ek bly liewer op ‘n goeie afstand …

  9. Vetjan het gesê op Oktober 13, 2008

    Ludwig, ‘n mooi dag op die see kan dalk jou sienswyse verander.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.